Gruvonds in Jhb-gebou gemaak

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Nathan Wright / Unsplash)

Die polisie in Johannesburg het Sondag op ses liggame by ’n gebou in Parktown afgekom. Vyf van dié liggame is reeds erg ontbind en sal met behulp van forensiese ontleding uitgeken word.

ʼn 21-jarige man is intussen in hegtenis geneem en word deur ses aanklagte van moord in die gesig gestaar.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die polisie is na die betrokke gebou ontbied ná klagtes van ’n slegte reuk uit een van die kamers.

“Dis toe dat die polisie op ’n vrou se liggaam afgekom het. ʼn Voorlopige ondersoek het die polisie na die verdagte gelei, wat glo die laaste persoon was wat saam met die oorledene gesien is.

“Die verdagte is glo op 2 Oktober omstreeks 20:00 saam met haar gewaar, maar sy is nooit weer gesien totdat haar liggaam Sondagoggend ontdek is nie. Die klere wat sy aangehad het, stem ooreen met een van die klagtes van vermiste persone wat onlangs by die polisie aangemeld is,” het Muridili gesê.

Nadat die polisie die verdagte ondervra het, het hulle na die gebou teruggekeer waar nog vyf liggame buite die gebou – waar stortbakke en ’n informele werkswinkel staan – gevind is.

“Die liggame is ongelukkig al in ’n laat stadium van ontbinding. Hulle sal aan forensiese analise onderwerp word om die slagoffers uit te ken.”

Muridili sê die saak word deur die provinsiale moord- en roof-eenheid ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

Wonder of hy hulle beroof en verkrag het voor die moorde? Maar cele sal seker kan vertel….

Oujongvrou ·

Hoe stink dit daar dat die stank by stortbakke niemand se aandag trek nie.

Kokerboom ·

Dis tyd dat alle ou geboue in middestede skoongemaak word van alle peste en of opgegradeer word of net gesloop word. Herman Mashaba moet sy werk voltooi!

Delia ·

Nee Marius ons het Solidariteit, DA, Afriforum en ons het vir God.

Danie ·

Besig om leidrade op te volg.Ek ook iets nuut geleer (We have people of interest) Kom ons wag die saak sal nie veel aandag trek nie.Misdaad kommerwekend in SA. Volgende statestiek sal ons hoor daar word 70 plus moorde gepleeg.Dit nou n alledaagse verskynsel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.