Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het bevestig dat Gumtree se hoof van kommunikasie reageer het op die organisasie se versoek wat betref die verkope van donkies, muile en die betrokke byprodukte.
Christine Kuch, woordvoerder van die NDBV, het gesê Gumtree het besluit om ʼn verbod te plaas op die verkope van enige donkies en muile op die webwerf, nie net die velle en byprodukte nie. “Ons hoop dat dit ʼn klein deel kan speel om dieremishandeling te verminder,” het sy gesê.
“Dit is ʼn beduidende stap in die rigting van ons uiteindelike doel om seker te maak dat daar glad nie aanlyn handelgedryf word met lewende diere nie. Gumtree se besluit word waardeer,” het Kuch bygevoeg.
Die NDBV het ʼn motivering gebied waarom advertensies vir diere of “gratis aan ʼn goeie huis” oneties is. “Dit bied ʼn platform vir twyfelagtige praktyke insluitend agterplaas-telers, handeldryf in wilde of eksotiese diere en daar is geen welsynskomponent wanneer die advertensies geplaas word nie.”
Kuch het gesê die DBV doen ʼn beroep op ander webwerwe om ook in Gumtree se spoor te volg en sy hoop dat dit ook na ander diere uitgebrei sal word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Dankie
Ja nee regtig n brokkie goeie nuus ! Dankie ! As mens dink watse marteling die diere moet en moes deurmaak …sielloos !
Dis deur die klein besluite wat enorme verskille te weeg gebring word.
Bravo Gumtree. Welgedaan!! Hoop ander volg julle voorbeeld.
Mooi so Gumtree! Dankie vir jul positiewe bydrae om onmenslike dierepraktyke te verbied met jul advertensies.