Haai-aanval: Slagoffer was ‘liefdevolle man, pa en vriend’

Bruce Wolov (Foto: Facebook)

Die man wat Dinsdag in ’n haai-aanval by Plettenbergbaai dood is, is intussen as Bruce Wolov geïdentifiseer.

Wolov het volgens berigte by PSG gewerk. ’n Familielid het op Facebook gesê Wolov sal onthou word as ’n liefdevolle man, pa en vriend wat te gou weggeneem is terwyl hy iets gedoen het waaroor hy passievol was.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Dinsdag kort na 14:00 ontbied nadat ooggetuies ʼn haai-aanval op ʼn swemmer by Sanctuary-strand aan Robberg se kant van die Robberg 5-strand aangemeld het.

Reddingswemmers en twee reddingsvaartuie is na die toneel gestuur waar die man agter die branders uitgehaal is. Sy liggaam is na die NSRI se reddingstasie in Plettenbergbaai geneem waar hy later dood verklaar is.

Die Bitou-munisipaliteit het sy medelye met Wolov se familie en vriende betuig. Die see in die omgewing is tot verdere kennisgewing gesluit. Bootaktiwiteite en aktiwiteite op die strande kan egter steeds voortgaan.

Patty Butterworth, uitvoerende hoof van Plett Tourism, het die NSRI bedank vir sy spoedige reaksie en vir die onmiddellike en professionele bystand in die hantering van die familie om te help met traumaberading en ander sake.

“Ons doen ’n beroep op mense wat wateraktiwiteite in die see beoefen om versigtig te wees, bewus te wees van hul omgewing en om ag te slaan op enige waarskuwings van enigiemand in ’n gesagsposisie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Manie ·

Hoe sluit ‘n mens die see in die omgewing terwyl boot en strand aktiwiteite kan voortgaan?

SjN ·

Alles is moontlik in die nuwe Sa Manie, slot en sleutel is n oplossing.

Moedeloos ·

Jy mag net nie in die see swem nie – dis is verbode agv die haaie.

Nella ·

Baie maklik. Jy mag met ‘n boot gaan en op die strand wees. Die haai gaan nie in die boot spring nie en ook nie op die sand gaan “tan” nie. Mense mag net nie in die see swem/loop/speel nie

Boon ·

RIV. Hy het waarskynlik beter as enigiemand anders geweet wat die gevare is om jou liefde vir die see uit te lewe. Dis steeds baie veiliger as om dit op n pad te waag.

Martin ·

Daar is ‘n florerende kolonie robbe wat in die Robberg-skiereiland woon, hulle kan gesien word waar hulle jag en speel in die branders langs Robberg 5-strand. Daar is gereeld witdood haaie wat daar jag maak op die robbe. Die haaie kom soms baie vlak in tot teen die strand. Dit is nie ‘n veilige strand om te swem nie agv die haai risiko.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.