Haai in Keurboomsrivier gewaar

Argieffoto van die Keurboomsrivier. (Foto: Clifford Roberts)

’n Grootwithaai van nagenoeg 3,5 meter is Woensdagaand in die Keurboomsrivier gewaar. Lede van die publiek word nou gemaan om versigtig op dié rivier én langs die kus van Plettenbergbaai te wees aangesien verhoogde haai-aktiwiteit reeds langs die kuslyn opgemerk is.

Jaco Kruger, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Plettenbergbaai, sê die plaaslike span het die haai sowat 300 m stroomop van die Keurboomsriviermond – omtrent halfpad tussen die riviermond en die N2-brug – opgemerk.

Volgens Kruger is dit ongewoon om ʼn haai in die rivier aan te tref.

Mariene wetenskaplikes van die Suid-Afrikaanse komitee wat haaivoorvalle monitor, vermoed dat die haai moontlik siek of gedisoriënteerd is.

Die NSRI het benadruk dat haaie hierdie tyd van die jaar langs die kuslyn vreet. Die publiek word derhalwe gemaan om versigtig te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Die gedisorienteerde haai is nog steeds gevaarlik en is op soek na kos, swemmers moet maar wyd kyk.

Harley Davidson ·

Seker dat dit ‘n withaai is en nie ‘n zambezi/ bull shark is nie.

Schalk ·

Vir meeste mense is enige haai ‘n grootwitdoodshaai. Jou opinie dink ek is eerder moontlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.