Hannah Cornelius se pa ‘terminaal siek’

Hannah Cornelius. (Foto: Facebook)

Die Hannah Cornelius-stigting is genoop om te deregistreer en sy deure te sluit aangesien Hannah se pa terminaal siek is.

Landdros Willem Cornelius het tot op hede as direkteur van die stigting opgetree wat ná sy dogter se dood tot stand gebring is om haar nagedagtenis te laat voortleef.

“Hy en die ander direkteure het besluit dat die tyd aangebreek het om hierdie hoofstuk af te sluit terwyl ons vir altyd vir Hannah, [haar ma] Anna en julle almal in ons harte dra,” het die stigting Maandag aangekondig.

Hannah is in Mei 2017 in haar tweede jaar aan die Universiteit Stellenbosch (US) verkrag en vermoor nadat sy en haar vriend, Cheslin Marsh, op 27 Mei 2017 in die vroeë oggendure in Birdstraat, Stellenbosch, ontvoer is.

Hannah se ma, Anna Cornelius, het minder as ’n jaar ná haar dogter se moord in die see by Scarborough in Kaapstad verdrink.

Vernon Witbooi, Geraldo Parsons en Eben van Niekerk is enkele maande daarna op aanklagte van roof, ontvoering, verkragting en moord skuldig bevind en elkeen lewenslange tronkstraf opgelê.

Die stigting het Maandag gesê Valley Development Projects and Community Cohesion sal voortgaan om “Hannah se nagedagtenis en Anna se visie te eer deur dienste aan die Ocean View-gemeenskap te verskaf vanuit die Hannah Cornelius-sentrum, wat deur hulle besit en bestuur word”.

Lees al Maroela Media se berigte oor Hannah Cornelius hier.

To all donors and friends of HCF. It is with great sadness that we will be deregistering the HCF due to the fact Willem…

Posted by Hannah Cornelius Foundation on Monday, November 28, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lillian ·

En so is ‘n gesin vernietig … wie gaan na haar boetie omsien, as ek reg onthou is hy gestremd?

marius ·

Hul lewens is totaal verwoes deur ‘n spul drek wat geen reg het om asem te haal nie . Dis die waarheid .

Boer ·

Dit is waarom die dood straf moet terug moet kom, om die skuim gemors weg te kry.

Hannelie ·

Ek stem saam met jou. Hulle sal aanhou en aanhou moor, want hulle weet hul kan daarmee wegkom.

Althes ·

Die lewe is weggeruk van ñ pragtige meisie en haar ma kon haar wrede moord nie verwerk nie.
Net nog ñ verskriklike onreg wat aan SA burgers gedoen word.
Sterkte aan haar pa wat ook sy finale reis aanpak.

George ·

Ek sukkel om haar grusame moord te verwerk, kan nie eens indink hoe moeilik dit moet wees vir haar ouers nie

Niklaas ·

Ek lees net 3 name van die skuldiges , maar daar was altyd verwys na vier van hulle. Is een toe onskuldig bevind en vrygelaat ? Arme Landros wat reeds soveel swaar gekry het.

George ·

As ek haar gesig so stralend sien, maar dit my van vooraf hartseer en naar oor wat met die pragtige dame gebeur het.

Faraway ·

Soveel smart!!!
En dan kla ons ander oor nietighede
Tel jou seëninge een vir een

Maria ·

Hannah sal nooit vergeet word nie. Haar gesin en familie se leed en moed ook nie. Sterkte

Danie ·

Dit is verskriklik n familie ,gesin weggevat deur kommuniste.En die staat poer net eenvoudig voort asof niks aangaan nie.Die streep moet getrek word.

Piet Snot ·

“Shorthand” vir Ondersteuners vd kommunistiese ZA regering.

Nettie ·

‘n Hele gesin vernietig. Dis ontsettend. Mag God die pappa in Sy arms dra deur sy laaste dae tot die vereniging met sy vrou en dogter. En mag Hy haar broer, alle ander familie en vriende dra deur nog ‘n verlies. ‘n Mens kan dit net nie verstaan nie. Sterkte, mnr Cornelius.

Jerry ·

Mnr Cornelius het n bitter harde pad gestap en dan kla ons elke dag oor klein dingetjies. Dit laat n mens diep dink. Ek wens hom alle sterkte toe en hoop vir n Wonderwerk vanaf die Almagtige

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.