Aljar Swartz, die man wat ʼn Wes-Kaapse tiener in 2013 verskeie kere met ʼn mes gesteek, gewurg en hom uiteindelik onthoof het, is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.
Swartz (20) is tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir die gru-moord op Lee Adams (15) van Ravensmead. Adams is in Oktober 2013 by ʼn verlate laerskool vermoor. Swartz het beplan om sy kop vir R5 000 aan ʼn tradisionele geneesheer te verkoop.
Gaynore Adams, Lee se ma, moes deur familielede regop gehou word terwyl Swartz uit die hof na die aanhoudingselle geneem is. Deon Louw, Lee Adams se pa, het buite die hof gesê Swartz se vonnis is “te lig”. Hy het sy seun as ʼn liefdevolle kind beskryf en gesê die familie sukkel om die verlies te verwerk.
Swartz is in Maart vanjaar skuld bevind op ʼn aanklag van moord en drie aanklagte van uitlokking tot die pleeg van ʼn moord.
Regter Elize Steyn het Swartz Woensdag as ʼn “hartelose individu” beskryf wat geen berou of meegevoel toon nie, maar “geweet het wat hy doen en dit geniet het”. Steyn kon Swartz egter nie tot lewenslange tronkstraf vonnis nie, aangesien hy 17 jaar oud was ten tyde van die moord. Swartz moes in ooreenstemming met die Kinderwet gevonnis word.
Steyn het tydens haar vonnis na die verslag van maj. Hayden Knibbs, die polisie se hoof- forensiese sielkundige, verwys, waarin hy gesê het Swartz het geen werklike berou vir sy dade nie. Knibbs het gesê daar is ʼn goeie kans Swartz sal weer oortree en hy is ʼn psigopaat. Steyn het aanbeveel Knibbs se verslag moet weer oorweeg word wanneer Swartz vir parool oorweeg word.
Swartz het geen emosie getoon toe Steyn aan hom gesê het hy is alleen in staat om sy lewe om te keer nie.
Ons het darem ma siek mense in hierdie samelewing
Dit is net n walglike gevoellose mens wat so iets kan doen hy moet toe gesluit word en die sleutel moet weg gegooi word. Sies hoe slaap sulke wreedaards ? Al my simpatie vir Lee se ouers en familie dit is hartseer !!! Sterkte mag julle vertroosting vind by jul Hemelse Vader!!!
Die tipe gemors sal nooit verander nie. Diesulkes moet nooit weer in die samelewing losgelaat word nie. Dit het ook tyd geword dat dwelmgebruik nie ter versagting gebruik mag word nie maar eerder as verswarende omstandighede by vonnisoplegging.
Daar bestaan nie die korrekte beskrywing vir hierdie tiepe persoonlikheid nie. Hy het iemand anders die reg van lewe met onbeskryflike grusaamheid ontneem. Hy het ook nie die reg op lewe nie. Die ganse nasie moet opstaan en druk uitoefen sodat daar n referendum rakende doodstraf gehou kan word.
‘tiepe’ is ook nie die korrekte beskrywing nie.
Ek sukkel ’n bietjie om te verstaan dat die man ’n psigopaat is en dan sê die regter, hy alleen kan sy lewe omkeer. Ek verstaan ook dat die man sielsiek is. Moet die man nie eerder na ’n psigiatriese inrigting gestuur word vir die res van sy lewe nie? Daar word ook in die verslag gesê dat hy moontlik weer so iets sal doen as hy uitkom.
Nie te harteloos vir die hof as hy net 19 jaar kry nie.
Vir my lyk dit na 22 jaar (wat buitendien ook te lig is).
Mnr Louw, jy is ‘n goeie mens, beter as ek want ek sou dit nie so lig aanvaar nie.
Sterkte vorentoe.
En as Elize Steyn hom die swaarste moontlike straf gegee het? Dit is hoe dit lyk.
‘Hartelose individu’…. is die regte beskrywing. Dit hoef nie in aanhalingstekens te wees nie want dit is selfs te ligte beskrywing.
Dis n belaglike vonnis! Die man gaan in sy vroee 40’s wees wanneer hy weer op straat gaan wees, dan sal hy sy duiwelsdinge voort sit. Regter Steyn jy kan my woorde onthou, hierdie ou sal weer moor en dan het jy n aandeel in dit.
SO N PERSOON MOET IN INRIGTING OPGENEEM WORD,PERMANENT,DINK NIE SAL OOIT HERSTEL,
22 jaar …. en dit vir ‘n mens se lewe. En hy mag nie swaarder gestraf word nie, want hy is onder die Kinderwet aangekla, vervolg en gestraf. Wel, die Suid-Afrikaanse regstelsel slaan my elke dag meer en meer dronk. Wragtag: hy mag nie swaarder gestraf word nie, want hy was nog ‘n “kind” toe hy die misdaad gepleeg het? Hy het beslis nie soos ‘n kind opgetree nie!!!