Hersieningsaansoek oor SAMRK-besluit oor Malema-haatspraak

Ernst van Zyl en Ernst Roets van AfriForum (Foto: Verskaf)

Die burgerregteorganisasie AfriForum was Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg vir ’n hersieningsaansoek oor die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) se besluit in 2019 dat die EFF-leier Julius Malema nie in 2016 haatspraak gepleeg het tydens ’n byeenkoms in Newcastle nie.

Malema het by hierdie geleentheid onder andere gesê: “We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now.”

AfriForum het in 2019 hofstukke ingedien om die SAMRK se besluit op hersiening te neem. Die saak word deur regter Roland Sutherland aangehoor.

Volgens Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, hou die lys van gevalle waar blatante dubbele standaarde toegepas word met betrekking tot duidelike haatspraak wat teenoor rasminderhede in Suid-Afrika gepleeg word, aan groei.

“Hierdie tendens moet dringend gestuit word en deur sake soos hierdie speel AfriForum ’n belangrike rol in hierdie stryd,” sê Van Zyl.

Die saak gaan Dinsdag voort.

AfriForum het ook in Oktober verlede jaar klagtes by die MRK ingedien na aanleiding van Malema se uitlatings by die EFF se provinsiale vergadering in die Wes-Kaap. Malema het onder meer by die geleentheid gesê: “Julle moet nooit bang wees om dood te maak nie, ’n rewolusie vereis dat daar op een of ander punt doodgemaak moet word, want doodmaak is deel van die rewolusionêre daad.”

Maroela Media het vroeër berig Malema het onder meer gesê mense moenie “bang wees om dood te maak” as dit kom by interaksie met “rassistiese wit mense” nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Tewis ·

BAIE DANKIE!!! Agriform dat julle vir ons opstaan. Ons bid dat die hof malema vie eens en altyd op sy plek sal sit baie sterkte.

Nico ·

Die cANCer is al 29 jaar aan bewind nou wil AfriForum wakker word. Geen mens kan die dinge stop in SA behalwe EEN.

Delia ·

Nico. Lewe jy in SA of praat jy uit die buiteland. Doen jouself n guns en gaan kyk wat doen Solidariteit en Afriforum vir SA. Hoop jy ondersteun hulle deur jou lidmaatskap

Elméne ·

Ek verwonder my ook daaraan dat vir 29 jaar, NIE Afriforum, NIE die kamptige “opposisie” party naamlik DA so stil was. Weereens wys net HOE die aanloop van ‘n verkiesing die stemme kan laat RAAS!!! Is om van SIEK te word!

mattk ·

Die howe, en veral die SAMRK, glo dat slegs wittes haatspraak kan lewer en dat slegs wittes rassisties is. Die kadertjie het almal om een of ander rede aan die kort hare beet en daarom is hulle bang om uitspraak teen hom te lewer.

Elméne ·

Het julle gesien hoe malemmertjies en rama-idiot mekaar OMHELS na die mislukte “staking” van die eff op 20 Maart??? Vooraf veplan (die sogenaamde staking) sodat die aandag afgelei kon word van “ander” onderduimshede waarmee die anc adder kaders besig was/is! Nee wat, malemmertjie WEET hy SAL beskerm word anders het rama-idiot en die anc dalk groot probleme.

Althes ·

Dubbele standaarde moet uitgeroei word. 30 jaarlater en die sogenaamde ‘struggle tyd’ bestaan lankal nie meer nie.
Daar is wel ñ struggle -die ekonomiese struggle wat ñ menseregte skending word.
Buitendien meer mense word daagliks vermoor as die sogenaamde vryheidsvegters syfers is. Nog ñ menseregte skending in ons demokratiese land.
Kortom Malema het nie ñ voet om op te staan nie, en was nog ñ bogkind toe apartheid afgeskaf is.

JohanR ·

As Malema ooit ‘n geweer sien wat na hom toe wys, dink ek hy sal al skreeuend pad af hardloop, en die 100m in 7.7 sekondes afle. Grootbek maar geen binnegoed!

My siening ·

O die ding gaan weer los kom want hy het die reg tot vryspraak nie vir wittes beskoor nie!

TruthDealer ·

Witmense behoort ook nie vrygespreek te word van haatspraak nie, NIEMAND in hierdie alreeds verdeelde land behoort deur woord of daad dinge Nog erger te maak nie. Maar soos jy sê, Malema en sy gevolg kom vir een of ander rede altyd weg daarmee. Wat meer haat kweek, of haat laat ontstaan waar daar net ontevredenheid was. Miskien ken hy geen geheime oor die ANC leierskap nie. Maybe they are using him to create a cycle of hatred and division. Because a united nation is a threat to a corrupt governm

TruthDealer ·

To a corrupt government. Mens kan nie deesdae meer as so 5 sinne tik nie dan word die kommentaar afgesny. Vind ander Maroela kommentators dit ook, of is dit net ek?

Jaco ·

Waarom deporteer die ANC en die EFF nie net alle wit Suid-Afrikaners nie? Dis mos nou jare al duidelik, met al die regstellende aksie en BEE en lelike uitsprake teen ons dat hulle nie van ons hou nie. Deporteer ons na Amerika, Kanada, Australië en Europa. Eerlikwaar, al is ek al amper 56 jaar oud, is ek ten volle bereid om met niks in enige van daardie lande van vooraf te begin.

TruthDealer ·

Daardie lande en Europa klink dalk aanloklik omdat jy hulle onthou soos hulle was. Glo my, oor nog so 10 jaar gaan hulle so erg soos SA wees, in verskeie aspekte, sommige eners, sommige anders, maar net so erg. Dan liewer Namibië of Botswana. Veiligste opsies, en daar is talle redes waarom ek dit glo.

Shakespeare ·

Uit sy eie mond het hy verklaar dat hy n Antichris is. Jou dag gaan kom boet en jou gladde bek en arrogansie gaan niks help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.