Híér is die rykste buurte in SA

Oceana Villa, Nettletonweg 3, Clifton (Foto: ComeToCapeTown.com)

AfrAsia en New World Wealth het pas 2019 se welvaartsverslag vir Suid-Afrika bekend gemaak waarin die land se rykste woonbuurte gelys word.

AfriAsia en New World Wealth doen reeds vir tien jaar navorsing oor die welvaart in Suid-Afrika en stel jaarliks ʼn verslag bekend om hul bevindings te deel. Die bevindings van die jongste verslag is gegrond op navorsing wat van Desember 2017 tot Desember 2018 gedoen is.

Luidens dié verslag het Suid-Afrika die grootste mark van rykdom in Afrika en die 31ste grootste in die wêreld. Die gesamentlike privaat rykdom van individue in die land het teen Desember 2018 op $649 miljard gestaan. Volgens die verslag dui dié syfer ʼn afname van minstens 10% aan, vergeleke met die privaat rykdom van die vorige jaar.

Die welvaart van woonbuurte en strate word bepaal deur na die gemiddelde prys per vierkante meter (m²) van eiendom in die buurt of straat te kyk.

clifton-strand-kaapstad

Clifton se strande in Kaapstad. (Foto: SkyPixels/Commons.wikimedia.org)

Al tien duurste strate in Suid-Afrika is in Kaapstad geleë, terwyl Ballito en Umhlanga in Durban se rykdom-mark die vinnigste groei in Suid-Afrika. Die verslag dui aan dat dié gebiede se rykdom binne net een jaar met 25% gegroei het tot $54 miljard te danke aan baie konstruksie, wat beleggers lok.

“Ons navorsing toon dat Suid-Afrika se twee hoofmarkte vir rykdom, naamlik Johannesburg en Kaapstad, oor die afgelope tien jaar relatief swak gevaar het,” sê Andrew Amoils, hoofnavorser by New World Health.

Johannesburg het die afgelope tyd baie van die land se rykes verloor omdat hulle na ander dele van die land verhuis het, terwyl die droogte in die Moederstad die stad se eiendomsmark negatief beïnvloed het en as afskrikmiddel dien vir migrasie na die stad.

Die Raphael Penthouse Suites in Sandton, Johannesburg. (Foto: http://www.legacyhotels.co.za/)

Johannesburg en Kaapstad bevat wel steeds die grootste getal ryk mense, hoewel dié getal in plekke soos Paarl, Stellenbosch en Franschhoek veel vinniger groei getoon het oor die afgelope tien jaar.

Johannesburg is steeds die rykste stad in die land met ʼn rykdom van $248 miljard. Kaapstad is Suid-Afrika se tweede rykste stad met ʼn rykdom van $133 miljard.

Volgens dié verslag is die duurste strate in Suid-Afrika:

  1. Victoriastraat, Clifton en Bantrybaai, Kaapstad
  2. The Ridge & Cliftonstraat, Clifton, Kaapstad
  3. V&A Marina, Dockstraat, Kaapstad
  4. Netteltonstraat, Clifton, Kaapstad
  5. Cliftonstraat, Clifton, Kaapstad
  6. Kloofstraat, Clifton en Bantrybaai, Kaapstad
  7. Ave St Leon, Bantrybaai, Kaapstad
  8. De Wetstraat, Bantrybaai, Kaapstad
  9. Ave Marina, Bantrybaai, Kaapstad
  10. Ocean View Drive, Bantrybaai, Kaapstad

Die duurste strate buite Kaapstad is:

  1. Beachyhead-rylaan, Plettenbergbaai
  2. Lagoon-rylaan, Umhlanga

Die topvyf duurste buurte in Suid-Afrika

  1. Clifton
  2. Bantrybaai
  3. Fresnaye
  4. Kampsbaai en Bakoven
  5. Llandudno

Die mees eksklusiewe buurte in Johannesburg (waar die grootste aantal huise duurder as R20 miljoen voorkom) is:

  1. Sandhurst
  2. Hyde Park
  3. Houghton
  4. Bryanston
  5. Westcliff

Die mees eksklusiewe buurte in Kaapstad (waar die grootste aantal huise duurder as R20 miljoen voorkom) is:

  1. Kampsbaai en Bakoven
  2. Clifton
  3. Constantia en Tokai
  4. Bishopscourt
  5. Bantrybaai
  6. Fresnaye
  7. Llandudno
  8. Somerset-Wes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gert ·

En hier sukkel ek elke maand om my huur van R5800.00 te betaal.

Moeksie ·

Gert, praat jy wat ‘n stem het. Ek sukkel elke maand om al die ou goedjies te betaal. Ook al oor 60 en als word net duurder en moeiliker.

Marts ·

Ek se dankie vir ‘n nederige dak oor my kop. Ek het min, maar ek het nog steeds meer as baie ander mense. MET JESUS IN MY LEWE, HET EK BAIE !!!!!!!!!!!!!

gatiep ·

Nie gedink die land is nog iets werd nie.
Daai mense voel duidelik nog nie wat aangaan in die land nie of hulle het tronke vir hulle self gebou.
Hier waar ek bly is jy te bang om jou kop saans by die deur uit te steek.

fred ·

Kaapstad???? hoor nou dat 15 gewapende rowers die Mount Nelson in Kaapstad beroof het….met touriste en al…..volgens die spokes woman is als weer normaal……?? glo nie die touriste voel dieselfde…

sweis ·

Dit is oor die wag by die hek net gewapen was met n slaanstok.

Cherokee ·

As hy nie ‘n bevoegdheidsertifikaat het vir iets meer effektief nie sweis, dan moet hy maar ‘n ‘slaanstok’ gebruik (nie dat ek weet wat vir ‘n ding dìt is nie; seker ‘n knuppel).

KrokodilBotha ·

Persoonlik hou ek nie van glits en blink nie. Solank die dak nie lek nie, en daars n kaggel. Dink ook die pryse is hopeloos opgeblaas, kan n plaas kry vir daai geld.

Griet Skryf n Sprokie... ·

My ou kleine duettjie,in die jakarandsstad teen die magaliesberge, met sy groot vensters waardeur die maan snags loer en omring deur die gaafste bure,,met Sy Vrede en Teenwoordigheid is vir mý OORGENOEG ! SHALOM

Sê maar net ·

Griet, ek en jy is dalk bure! My (kompleks-)huis is my veilige hawe…….dalk meer as wat sommige van hulle glaskastele kan sê.

Mariette ·

Ek kan nie eers R3000 bekostig. Maar glo daar aan… As iemand gewerk het vir sy ferarie en 20mil huis… Baie geluk jy verdien dit… My baas het huise plase helicopter en en… Hy werk vir dit… As ons 7 uur op kantoor kom sit hy al van 4:30af daar.. As ons huis toe gaan werk hy nog tot laat nag… Hy het nie ryk g erf nie.. Wel gewerk vir wat hy het. Ek haal my hoet af vir sulke gemotiveerde mense

Sons ·

en hier het ek slapelose nagte oor n huisie wat more net more middag op skou is vir R699 000.00 wat ek so bitter graag wil koop.

Gert ·

Ag shame ek wonder of my ou pothole straatjie in Jefferysbaai ook kwalifiseer.

Db ·

Bly maar in ‘n arm gedeelte van Pretoria maar kan die Here nie genoeg bedank vir die dak wat oor my kop is en dat ek nie buite in die koue moet slap nie. Gelukkig sal my huis in ‘n paleis verander as ek my oë toemaak en by Jesus wakker word

Gert Midstream ·

Nou wonder ek net. Vir jare 2–3 maal per jaar Bosveld vakansie gehad. GTwee selfgeboude houthuise met binne toilette, krag en alle ander toebehore. Donkies vir warm water en braai. Beter as die rykstes onder die rykes. Die beste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.