Hof beslis Jiba, Mrwebi mag op rol bly

Adv. Nomgcobo Jiba. Foto: GovernmentZA/Flickr

Die konstitusionele hof het Donderdag ʼn aansoek deur die balieraad van Suid-Afrika om die voormalige vervolgingshoof, Nomgcobo Jiba, en haar kollega, Lawrence Mrwebi, van die rol te skrap, van die hand gewys.

Die balieraad het aangevoer Jiba en Mrwebi moet van die rol geskrap word omdat hulle “onwettig” strafregtelike aanklagte teen Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie, teruggetrek het.

“Hierdie hof bevind dat die bewering deur die balieraad dat hierdie aangeleentheid ʼn argumenteerbare regspunt van algemene openbare belang het, nie water hou nie,” het regter Chris Jafta in die uitspraak gesê.

Die balieraad was aanvanklik suksesvol in sy aansoek daarvoor in die hooggeregshof in Pretoria, maar het die saak verloor toe die afgedankte advokate die kwessie na die appèlhof geneem het.

Adv. Lawrence Mrwebi, (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

In Julie verlede jaar het drie appèlhofregters bevind die hof het uitermate streng opgetree teen Mrwebi en Jiba in sy besluit om hulle van die rol van advokate te laat skrap.

Die balieraad het aangevoer Mrwebi het die aanklagte teen Mdluli teruggetrek sonder om met die aanklaers en ondersoekspan betrokke by die saak, te konsulteer. Die raad het ook aangevoer dat Jiba, toe die waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging, versuim het om sy besluit te hersien.

Ander aanklagte teen Jiba hou verband met haar besluit om die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, genl. Johan Booysen, in Augustus 2012 van rampokkery aan te kla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Sêmaarnet ·

So wat nou niks stop die regering om hulle te “fire” nie

Johan ·

Die regter het gefouteer en nou lyk dit asof mense wat nie hulle werk doen nie, untouchable is

Andre ·

Jafta staan self agter die deur met die Hlope aangeleentheid, daarom beveel hy dat hierdie twee op die rol mag bly, ongeag hul oortredings. Skapie verskyn in die Hof en kla dat ‘n wolf hom wou opvreet. Die Landdros en aanklaer is ook wolwe, raai wat gebeur met die uitspraak?

Dirk ·

Met die wraaksugtige wat nou weer herontplooi sal word, sal die balieraad asook Johan Booysen nie rustig slaap nie! Hierdie uitspraak laat ook die rooi ligte behoorlik flikker aangaande die onafhanklikheid van die konstitusionele hof!

wonder ·

Het ons almal nou regtig gedink hulle sal “gefire” word….
Neeee, hulle dink ons is net so dom om dit te glo en mors net ons geld!
Korrupsie en tronkstraf is nie vir almal bedoel nie…

Willem Grobler ·

“Uitermate streng” ?? Ek dog dis óf reg óf verkeerd – nou lyk dit na amper verkeerd en amper reg!!

Zumie ·

Laat hulle op die rol bly maar dank hulle af uit hulle lekker knus betalende staatsdiens posisie en laat hulle in die ope mark meeding vir werk…..

Deloris ·

Oh my genadekie tog… ???????????????????????? Dis skokwekkend… Hierdie is laaaankal nie meer n land van sonskyn en hoop nie… Dis nou n land van kurrupsie op die hoogte graad….

Swanna ·

Help my asseblief reg. Watter hof of howe het die meeste sê of bevel oor regs kwessies. Want dit lyk vir my as jy droog gemaak het en die ‘n hof vind jou skuldig oor jou oorterding kan jy jou wend van die een hof na ‘n ander totdat jy die regte uitslaag kry wat jy verlang om jou onskuldig te bevind em dan is jy OK, of het elke hof sy eie wetregtilke stelsel wat hulle volg. Want dit isdie idee wat ek uit hirdie geval lees. WAT ‘N GEMORS.

Natan ·

Jy is reg Swanna. Howe is uiters subjektief. Het dit self ondervind met ‘n korrupte persoon en die landros. Die reg is so gebuig om die korrupte persoon te bevoordeel. Seker het geld ook ‘n rol gespeel want die slotargumente moes per koevert aan die landros gelewer word in haar kantoor, nie in ‘n oop hof nie.

Etz ·

Swanna, Google dit – Volgens SA se “Unieke” regstelsel is die konstitutionele hof die hoogste hof, met finale sê……dié op sy beurt – is “veronderstel”, om onafhanklik te wees soos elke ander hof. Uitsprake van die verlede tel egter punte en bewys die teendeel…..

Natan ·

Jy is reg Swanna. Howe is uiters subjektief. Het dit self ondervind met ‘n korrupte persoon en die landros. Die reg is so gebuig om die korrupte persoon te bevoordeel. Seker het geld ook ‘n rol gespeel want die slotargumente moes per koevert aan die landros gelewer word in haar kantoor, nie in ‘n oop hof nie.

John ·

Ek is nog meer teleurgesteld in konstitusionele hof as in Cyril. Ons regstelsel moet bo die politiek staan en die voorbeeld stel. Maar dit doen nie. Die kommissie wat die saak bekyk het, het moeite gedoen en die twee beskuldigdes was nie oortuigend nie… en woeps, hier wen hulle die saak. Die Bybel het nogal baie te sè oor regters…

Jerry ·

Die regsroete wat Jiba gevolg het, is die roete wat reeds opgemaak is vir hoe profiel staatskapers. Na afloop van die Zondo kommissie sal die hooggeregshof n staatskaper skuldig bevind met verlof tot appel. Die staatskaper teken appel aan en die Appelhof bevind dat die Hooggeregshof te streng was. Die Konstitusionele hof versag of stel die vonnis ter syde! Die regbank het dus reeds onafhanklikheid ingeboet “for the struggle that is to continue”!

Francois Joubert ·

Ek verstaan eerlikwaar nie die meerderheid van die kommentaar nie . Die Konstitusionele hof het GEEN beslissing gemaak rakende die aansoek. Hulle het slegs gese dit is nie ‘n saak wat voor die konstitusionele hof gebring moes word nie. DUS geld die Appelhof beslissing wat bepaal dat hul nie van die rol geskrap word . Wat die NVG betref HET die president hul afgedank en hul bly afgedank ongeag die nuutste hofuitspraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.