Hofbevel gekry om historiese begraafplaas te onderhou

Die Winburg-konsentrasiekamp-begraafplaas. Foto: AfriForum

Die Winburg-konsentrasiekamp-begraafplaas. Foto: AfriForum

Na ’n jare lange regstryd het AfriForum daarin geslaag om die bewaring van die Winburg-konsentrasiekampbegraafplaas te verseker nadat die hof die Masilonyana-munisipaliteit beveel het om die terrein te onderhou.

AfriForum het in ʼn verklaring gesê die organisasie het ’n skikking met die Masilonyana-munisipaliteit bereik wat tot bevel van die hoër hof verklaar is. Die bevel behels dat ’n opknappingsplan binne 60 dae saamgestel moet word om die terrein te beskerm. Die munisipaliteit moet verder die gestorte rommel in die omgewing opruim, die terrein en pad daarheen onderhou, asook toesien dat onwettige gruisgrawery in die omgewing gestaak word.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is die hofbevel ’n oorwinning vir erfenisbewaring in die land. “Hierdie terrein is van groot nasionale en internasionale kultuurhistoriese betekenis. Dit is ’n skande dat die munisipaliteit sy verantwoordelikheid om dit te onderhou kon verontagsaam – tot só ’n mate dat regsaksie al uitweg was om dit van vernietiging te red,” het sy gesê.

Die begraafplaas dateer uit die Anglo-Boereoorlog (1899 tot 1902) en bestaan uit gedenktekens, grafte en unieke grafstene van sowel slagoffers wat in Winburg se konsentrasiekamp aangehou is as Britse soldate.

Bailey het beklemtoon dat plaaslike, provinsiale en nasionale owerhede landwyd al minder doen om bestaande erfenisterreine te bewaar. Sy het gesê dat AfriForum die hofbevel as van groot belang beskou omdat dit dien om alle owerhede te herinner aan hulle wetlike verpligting om Suid-Afrika se kultuurhistoriese erfenis te bewaar.

“AfriForum vertrou dat die hofbevel sonder versuim uitgevoer sal word en sal steeds die situasie monitor,” het sy gesê. “Die grootsheid van ’n nasie word ook gemeet aan die wyse waarop dit die helde uit die verlede se nagedagtenis eer. Tot dusver was die toestand van Winburg se konsentrasiekampbegraafplaas ’n voorbeeld van hoe dit nié gedoen behoort te word nie. Hopelik is die hofbevel ’n keerpunt in dié verband en kan die munisipaliteit en gemeenskap in die toekoms saamwerk om die terrein te herstel en onderhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Siela ·

Asb kyk ook na Standerton se historiese begraafplaas. Selfs d monumente v d konsentrasiekamp word bekrap!!!

Speedguard ·

Ook die een in Vereeniging is baie erg verwaarloos ! Dankie Afriforum !

Gertjie ·

Donkerhoek by Kleinfontein word gereeld en baie goed versorg. Ons was verledemaand daar.

cobusp ·

Dus seker die blanke gemeenskap van kleinfontein wat dit doen dus hoekom dit onderhou word………blankes weet om na die oorledenes te kyk……

Hendrik ·

Daar is ‘n jaarlikse gedenkdiens wat bygewoon word deur die Australiese en Britse ambisades. Daar word behoorlik gekyk na die britse en australiese begrafplaas. Die Slag van Donkerhoek word op die 11 de Junie herdenk. Kom kyk gerus.

cobusp ·

Hulle onderhou nie eers die begrafplaas van madiba nie lyk soos n varkhok……….seker bang vir die voorvader geeste……..so kan verstaan hoekom die erfenis begrafplase nie na gekyk word nie…..

Daniélle ·

Netso ook Bfn se historiese begrafplaas/e. Dit is hartseer dat monumente, gedenktekens en begraafplase so onder die sg. vandaliste deurloop. Wat wys ons ons kinders?! Foto’s..??

Maria van Dieweeck ·

Ook dieselfde in Howick KZN. Verslons, selfs die mooiste museum het toegemaak.

Loeis ·

Baie goeie werkk Afriforum.

Die regering het verlede jaar sy finansiering van die Voortrekker Monument gestaak. Dit is duidelik wat hulle doel is.

Petro ·

Petro dankie aan Afriforum en geluk met die deurbraak Ons vader was die een wat die historiese erfenis in stand gehou het in Winburg die grafkelder het hy self gerestoureer, die verval het begin intree na sy afsterwe in 2005.Vertrou dit gaan herstel word.

Vixie ·

Ek was jare laas aan daardie kant van die stad en per slot van sake binne-in die stad (Pretoria). Bestaan die Helde Akker in Kerkstraat nog?

Asjas ·

Dit lyk vreeslik daar en die dronkaards slaap daar, dis nie veilig nie en dis vuil en verwaarloos. Jammer …

Anoniem ·

Skep van werk vir werkloses. Plaas hul mense wat werkloos is die werk gee om na die begrafplase te kyk en dan ook daarvoor vergoed. Maar nee kom ons breek eerder af…put mos genot daaruit…..Maar hul moet begin onthou…als wat hul afbreek kos hul en my en jou geld om weer op te bou…hulle is nie vrygespreek daarvan…..Hoop daar spring en spook uit een van die grafte en maak hul skrik..hahahaha…Dit sal hul genees van alle afbreek!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Asjas ·

Daar is privaat (wit) mense op ons dorp wat bereid was om dit te doen vir ‘n minimale bedrag elke maand (R50) maar hul kon nie genoeg steun kry nie.
Ons besoek ook nie begrafplase nie, dit is onveilig en tuiste vir snaakse mense.

Johann ·

Baie dankie en stem saam met die motivering agter die aksie. Net jammer dat ons te laat besef dat die gegewe “kultuur” van kultuur ontkenning van die blanke verwante geskiedenis deel vorm van ‘n aanslag om die waarheid van die totstandkoming van ons land se erfenis te verdoesel. Die enigste werknare opsie is om self na ons erfenis om te sien

hand ·

Baie van die gewone begraafplase op die kleiner dorpies is in n haglike toestand. Die onkruid staan heuphoogte en opslagstruike verdwerg die graf/gedenkstene,dit is n hartseer gesig.

Wat-ek-lees ·

Dit is darem twee begraafplase langs mekaar. In die agtergrond op die foto met die wit grafstene is die engelse kerhof. In die voorgrond dan natuurlik die konsentrasiekamp se kerkhof.

Barry ·

Eerlik dink. Ek Afriforum moet dan ook hulle aandag op alle ou begrafplase spits. Krugersdorp se burgershoop begrafplaas is in n toestand. Maar wat my erg pla, is ons gaan gereeld na my skoonouers in Bloem. Daai begrafplaas oorkant Avbob, waar ook baie van ons vorige presidente begrawe is absoluut skokkend verby. Daar bly boemies en weti wtf als daar nie. Grafstene omgeskop ens ens ens. Sjoe hoop julle gaan daraan ook iets doen.

Ben Prinsloo ·

Jare gelede was ons ou volkie vertrap deur die engelse en nou weer deur die swartes en van ons eie wittes. Die wittes wat daardie tyd die britte gesteun het was genoem die joiners. Vandag het ons ook joiners. Die geskiedenis herhaal homself. Ons het uitgekom onder die juk van die engelse. Ons gaan onder hierdie juk ook uitkom. Hoe weet en wanneer weet ek egter nie. Ek as Afrikaner het nie toegelaat dat die erwe van my vader vir my kinders erwe bly nie.

John ·

Moet ons nie liefs vra dat die staat aandag gee aan die probleme van die lewendiges nie. Gaan kyk bietjie hoe lyk die staatshospitale en klinieke, die tuine en omgewings, Skandalig! Die sale kort verf, gordyne, beddegoed en skoonmaak. Dokters werk in erge omstandighede en mens vrees vir die pasiente. Stadspaaie word breer gemaak en teer gespuit dat dit klap, maar waar dit nodig is, word geld weerhou. Afriforum gaan kyk, asb!

Nico Moolman ·

Trots dat my boek The Boer Whore alles begin het in Winburg .
Die storie van Susan Nell en Alice Draper.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.