Hokaai met afdanking oor inenting

(Argieffoto: Unsplash)

Onlangse beslissings van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, waar een werker afgedank en nog een geskors is omdat hulle geweier het om teen Covid-19 ingeënt te word, moenie as ʼn algemene toestemming gesien word om werkers af te dank nie, waarsku Neasa.

Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van Neasa, sê die besluit om ʼn werker in so ʼn geval af te dank, is na die werkgewersvereniging se mening ʼn regsdwaling en sal na alle waarskynlikheid in die arbeidshof hersien word.

In die jongste geval het die KVBA beslis dit was billik van ʼn werkgewer om ʼn werker te skors wat nie die entstof wou ontvang nie. Gideon Kok, ʼn veiligheidsbeampte by Ndaka Security Services, wat veiligheidsdienste aan Sasol op Sasolburg lewer, is geskors is nadat hy – op geloofsgronde – geweier het om ingeënt te word.

Kok is die opsie gegee om weekliks ʼn Covid-19-toets te ondergaan, maar het dit net ʼn paar keer gedoen en het daarna geweier omdat hy self vir die toetse moes betaal. Hy is in November verlede jaar geskors en het hom tot die KVBA gewend.

Kok het aangevoer die besluit was ʼn onbillike arbeidspraktyk en dat die vereiste dat hy ingeënt word, indruis teen sy reg op vryheid en veiligheid.

Schalk van der Merwe, menseregteaktivis en regsgeleerde, sê Kok is aanvanklik sonder betaling geskors. Sy werkgewer het hom egter weer sy salaris betaal, selfs voor die saak by die KVBA afgehandel is. Nietemin het die kommissie in die guns van die werkgewer beslis en bevind dit was billik om Kok te skors.

Kok is intussen na nog ʼn dissiplinêre verhoor afgedank. “Dié saak sal nou na die KVBA as onbillike afdanking verwys word,” sê Van der Merwe.

Neasa sê egter die uitsprake by die KVBA ontvang “ongeregverdigde aandag”.

Howe kan KVBA-uitsprake omkeer

“Die feit bly staan dat die KVBA-uitsprake nie ʼn presedent skep nie, nie bindend is nie en onderworpe is aan hersiening deur hoër howe wat na alle waarskynlikheid die beslissing ter syde gaan stel,” sê Papenfus.

Hy sê die KVBA het nie en kan ook nie die billikheid van inbreuk op grondwetlike regte bepaal nie, omdat dit uitsluitlik binne die bestek van die howe en uiteindelik die Konstitusionele Hof val.

“Die KVBA het nog nie en kan ook nie bepaal of die wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid of die Rampbestuurswet gebruik kan word as wetgewing vir algemene gebruik, of vir die doel om grondwetlike regte te beperk nie.”

Die riglyne oor maatreëls wat met Covid-19 in die werkplek verband hou (Consolidated Coronavirus COVID-19 Direction on Occupational Health and Safety Measures in Certain Workplaces) en toelaat dat verpligte inenting onder spesifieke omstandighede toegelaat mag word, is boonop nie wetgewing nie, maar ten beste ʼn aanduiding van waarop staatgemaak kan word.

“Covid-19 bestaan nie in isolasie by werkplekke nie. Dit word oral aangetref en mense word ten alle tye daaraan blootgestel. Die vraag oor of ʼn werkplekreël wat inenting vereis die doelwit bereik waarvoor dit gemaak is, is ook nog onbeantwoord.

“Dit is ʼn belangrike oorweging wanneer grondwetlike regte beperk word,” sê Papenfus.

Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, stem saam dat die moontlikheid bestaan dat die KVBA se uitsprake in die hof omgekeer kan word.

Hy sê daar word in sommige gevalle ongegronde stellings gemaak. “Daar word die aanname gemaak dat verpligte inenting die beste is onder alle omstandighede, maar geen mediese bewyse word byvoorbeeld voorgelê nie.”

Dit los werkgewers en werkers in ʼn moeilike situasie omdat daar nog geen regsduidelikheid is nie en die KVBA-uitsprake die kwessie verder vertroebel.

Die regering het steeds geen inentingsmandaat in werking gestel nie – volgens Neasa ʼn aanduiding van hoe ingewikkeld die kwessie is. “Die regering het besluit om sy inentingsprogram die probleem van werkgewers te maak, terwyl die regering kwytgeskeld is van enige aanspreeklikheid of teenstand daaroor.”

Papenfus sê dit gaan waarskynlik moeilik wees vir die regering om verpligte inenting in te stel, veral nadat isolasie-protokolle verslap is en tussen 60% en 80% van Suid-Afrikaners reeds die virus opgedoen en immuniteit daarteen opgebou het.

Hy waarsku dat indien werkgewers hul werkers deur middel van dwang of ʼn dreigement van afdanking dwing om teen hul sin ingeënt te word, of diegene afdank wat weier om dit te doen, groepgedinge of skadevergoedingseise hul later in die gesig kan staar as sou die howe bepaal dat hul optrede onregmatig en ongrondwetlik was.

Van der Bijl sê Solidariteit staan ook by die beginsel dat ʼn oorhoofse benadering – dat almal by die werkplek ingeënt moet word – onregmatig en onbillik is. Solidariteit is in hierdie stadium betrokke by verskeie hofsake waar uitsluitsel oor die kwessie nog verkry moet word.

Hy sê werkers wie se werkgewers hulle wil dwing om ingeënt te word, kan vra waar die mediese bewyse is dat hulle spesifiek die entstof moet kry, asook watter risiko-ontleding gedoen is om tot hierdie gevolgtrekking te kom.

“Die wet is baie duidelik dat enige medisinale ingryping proporsioneel moet wees tot die risiko-analise.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Martie ·

Ek herhaal wat die artikel stel:
“Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, stem saam dat die moontlikheid bestaan dat die KVBA se uitsprake in die hof omgekeer kan word.

Hy sê daar word in sommige gevalle ongegronde stellings gemaak. “Daar word die aanname gemaak dat verpligte inenting die beste is onder alle omstandighede, maar geen mediese bewyse word byvoorbeeld voorgelê nie.”

en ook
“Dit los werkgewers en werkers in ʼn moeilike situasie omdat daar nog geen regsduidelikheid is nie en die KVBA-uitsprake die kwessie verder vertroebel.”

Dit sê genoeg.

Robert ·

Baie lande het begin om alle corona reels af te skaf, insluitent verpligte inent. Hier gaan nog groot hofsake kom oor die mag misbruik van regeings, maarskappye en universiteite.

VaalDonkie ·

Kyk, ek gee nie om oor die regering se vergrype nie (of eerder: ek is nie verbaas nie). Dis die werkgewers wat so gretig is om jou te dwing om iets teen jou sin te doen wat my kwaad het. Hulle moenie begin huil oor belastings en Eskom en dies meer nie. Ek het my laaste bietjie simpatie vir privaat besighede verloor.

VaalDonkie ·

Ek wens daar was iewers iemand wat ons werknemers wil verteenwoordig. Dankie Solidariteit, maar waar is die res? Waar is COSATU?

VaalDonkie ·

Gaan kyk na afdelig 12.2(c) van die handves van menseregte

Sê maar net ·

Ons bid jy wen jou saak en kry jou werk spoedig terug, mnr. Kok.

Piet parys ·

Toe ek in die weermag was en die ouens katte skiet van te veel drink het hulle gesë hy roep george maar ek sê jy is besig om te braak George

JohnnyS ·

Maklik om so onsinnige stelling te maak, maar die jab kan nie onklaar gemaak word as jy hom reeds gevat het nie. Het reeds een familie lid verloor agv die jab en tans lê my ma kritiek siek met hart, long en nier probleme na die jab. Dink voor jy sulke oningeligte sltellings maak.

Kwikkie12 ·

Kan ‘n fonds gestig word om hierdie mense hierdeur te help en as hulle eendag vergoeding terug kry kan hulle dit terug betaal? Sien in Amerika word mense deur ander gehelp wat opstaan teen die soort van Liberalisme.

Di ·

Wat hierdie regering nie besef nie is dat meerderheid wat teen die inenting is, HULLE EIE MENSE is

VaalDonkie ·

Shhhh… moenie dat hulle hoor nie. Dis ‘n verrassing vir later!

George ·

Glad nie waar nie, jy kan maklik die statistiek op google vind, meerderheid wat se nee, is blank afrikaners.

Hansie slim ·

Wat van dokters? As hulle nie ingeënt is nie, word pasiënte nie blootgestel nie? Sal jy jou laat behandel deur ‘n dokter wat nie ingeënt is nie? Nie ek nie!!!

Johnny ·

Jy verstaan STEEDS nie dat daai inspuiting hoegenaamd geen effek op jou aansteeklikheid of aansteekvermoë het nie . . .

JohnnyS ·

Hansie slim – slim dokters het my bejaarde ma “verplig” om te jab voordat sy ‘n roetine prosedure kon ondergaan. Nou lê sy kritiek in hospitaal met hart, nier en long probleme na die jab.

Delia ·

Ek vra geen dr of hy,/sy inge ent is nie. Ek gee nie om of hy ingeeent is nie. Ek het Covid gehad en glo ek het teenliggame. Ek gaan ook nie deelneem aan die navorsingsprojek nie.

Delia ·

So as jy hospitaal toe gaan met n hartaanval, gaan jy eers die dr vra of hy/sy geeent is. En wat van al die Ander personeel van skoonmaker om jou bed tot personeel wat aan jou moet raak. Jy het Baie vrae om te vra.

VaalDonkie ·

Ek is seker alle dokters en nursies het by die tyd al COVID gehad en herstel, met of sonder die waks. Hulle behoort almal al immuun te wees en kan dus nie dit aan jou oordra nie. Ek stres rerig nie daaroor nie. Die ontvangs by die hospitaal of spreekkamer is gevaarliker as die dokter se asem.

Hendrik ·

Inderdaad! Soos die polisieman in die VSA wat afgedank is omdat hy nie wou ent nie. Fox news het twee onderhoude met hom gehad om hulle anti-entstof naratief te bevorder. Toe hy egter verlede week aan Covid sterf, was Fox news doodstil … Vir hom was die spuit te laat.

Helizna ·

Om ingespuit te wees is nie iets wat slegs tydens werksure gebeur nie. Die werkgewer het ook nie die reg om dit wat ek na-ure doen te dikteer nie. Dus, aangesien ek na-ure ook die werk se verpligte spuit in my lyf moet hê, moet die werkgewer daarvoor betaal: 24/7/365 se oortyd!

Nico ·

Dit gaan die werkloos syfer net verder opjaag, stop met die verpligte inenting.

George ·

Onder blankes ja, ons is 87% ingeent, raai wies die oorblywendes…

Hendrik ·

Daar is baie geënte mense wat tou staan om die werksgeleenthede van die afgedankte ongeëte mense te vat.

Chris ·

Bly daar is iemand wat vir burgerregte opstaan – ek staan agter iemand soos Gerhard Papenfus en NEASA. Bly daar is nog iemand met insig, ruggraat en integriteit.

Chris ·

NEASA blyk ingelig te wees. Tydens Delta die volgende uittreksel van die CDC toe hul nog beweer het dat die ente werk “Today, some of those data were published in CDC’s Morbidity and Mortality Weekly Report (MMWR), demonstrating that Delta infection resulted in similarly high SARS-CoV-2 viral loads in vaccinated and unvaccinated people.” Indien die virale ladings dieselfde is sal jy sukkel in ‘n regsgeding om kousaliteit te bewys, en sal jy nie blaam na een kant toe kan gooi nie – ons moet almal polarisasie probeer vermy – doen jou eie navorsing – respekteer elkeen se keuse, solank ons nie in ‘n situasie beland waar jy nie jou arbeid kan verkoop, en dan dalk nie meer kan koop ook nie. Beskerm jou regte – dit wat jy verloor sal hul nooit weer herwin nie.

Chris ·

Die “Star” koerant van 3 Februarie 22 op bl.8 verskyn die brief van Dr. Duncan du Bois waar hy die Regte Wereld Data uitlig en aanhaal en daarin berig dat die CDC gemerk het dat daar ‘n 133x verhoogde risiko is vir Myocarditis na die mRNA ente, NSW (Aus) weeklikse verslag – 96% van gevalle is Vaxxed, 90% van hospitalisasies is vaxxed en 75% van sterftes is vaxxed. Hy maak ook die volgende stelling en ek haal aan “Not only do they not provide immunity, but they have a deleterious effect on the health and immune system”. Met die uitrek van die “staat van nood” eien die regering hulself onbeperte regte toe om ons van ons regte te stroop – as meer mense soos Dr. Bois uitwys dat die “Keiser naak” is kan ons moontlik van die nagmerie ontsnap. Ek haal my hoed af vir mense wat die data bestudeer en nie bloot agter die regering se magsbehebde propaganda aanloop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.