Huis Davidtsz: Bejaardes lê hulpeloos weens onrus

Huis Davidtsz

“Jy kan nie bejaardes slagoffers maak van arbeidsonderhandelinge wat misluk nie, dit is fataal.”

Só sê Hannes Noëth, hoof van Solidariteit Helpende Hand, nadat die organisasie saam met die polisie tot omstreeks 23:00 Woensdag sonder welslae met stakers probeer onderhandel het om toegang te verkry tot die sowat 150 inwoners van die tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad.

Sekere werkers het die tehuis beset en van die ander personeel belet om die perseel te betree. Dit volg glo nadat daar ʼn skorsingskennisgewing aan drie personeellede uitgereik is.

Huis Davidtsz was ook in Maart vanjaar in die nuus nadat betogers van die EFF amok by die tehuis, met geriewe vir verswakte sorg, gemaak het.

Betogers het toe ook van die personeel uitgejaag en geweier dat enigiemand terug in die gebou gaan om na die bejaardes om te sien totdat daar aan hulle eise vir beter salarisse voldoen word.

Personeel van Helpende Hand by Huis Davidtsz. Foto: Verskaf

Noëth het aan Maroela Media bevestig die stakers is tans nie gewelddadig nie. Die bestuur van die tehuis, op die hoek van Schubart- en Johannes Ramokhoasestraat, het Donderdagoggend met die personeel begin onderhandel om die situasie te ontlont.

Die stakende personeel voer steeds aan hulle ontvang nie genoeg betaling nie. Hulle eis verhogings en beter werksomstandighede.

“Ek het begrip vir die bestuur en klagtes van die personeel, maar die probleem is die bejaardes is nou die slagoffers van die geskil. Ons moet nugter dink, daar is talle ou mense met Alzheimer- en Parkinson se siekte, bejaardes wat bedlêend is of van medikasie afhanklik is.

Personeel van Helpende Hand by Huis Davidtsz. Foto: Verskaf

“My vraag is waar die departement van gesondheid en welsyn in hierdie geval is,” het Noëth gesê.

Maroela Media het intussen ontstellende boodskappe van bejaardes binne die tehuis ontvang wat aanvoer hulle lê sedert 20:00 Woensdag met vuil doeke en kateters wat gebars het en nog nie geruil is nie.

Noëth het gesê ʼn span van Helpende Hand se personeel, asook Kerksondermure staan gereed om die bejaardes in Huis Davidtsz te versorg.

Volgens Noëth het hulle kort ná 10:00 Donderdag ʼn skrywe gekry met toestemming om die terrein te betree en te gaan help. Hy het gesê daar sal onmiddellik middagete en versorging vir die inwoners gereël word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Nettie ·

My liewe …………………………..

Hierdie stakers en anargiste (lees: EFF) het die hele land aan die kortetjies beet! Genade, waar is die Polisie, of lê en slaap hulle agter hul lessenaars, soos (meesal) die geval is? Wat het geword van privaat eiendomsreg? Hulle betree mos privaat-eiendom, nie waar nie? Dan moet hulle gearresteer word vir betreding en saakbeskadiging.

En indien een of enige van daardie arme, ou, hulpelose bejaardes sterf in dié tyd, moet ALMAL, deur die bank ALLE STAKENDES, aangekla word van moord en hulle HPCSA-lidmaatskap summier verbeur word.

Se net ·

Nettie, die polisie is eerder besig om te kyk waar hulle ‘n bejaarde 80-jarige kan skiet. Hierdie is werk.

Under Siege ·

Dit is ‘n baie ernstige misdryf, om ‘n groep mense under siege te plaas.

Hanlie Möller ·

Dit is skandelike en onmenslike gedrag teenoor arme en hulpbehoewende mense wat hulself nie kan help nie.

Lientjie ·

As hulle nie tevrede is met hulle salaris tans nie dan soek jy maar ander werk met ‘n beter salaris.

Ek sal help ·

Ek sal help om die mense te bevry, dit is teen internasionale wette om die wat toegang na hulle soek te keer. Ek sal inbeweeg en die wat my keer sal teenstand ontvang.

Trots Afrikaans ·

In my opinie is dit ‘n gyselaars situasie waarin hulpelose mense gemartel word. As dit nie wapen geweld regverdig nie, wat doen?

Versprei na buitelanders ·

Ek hoop iemand versprei die nuus en beeldmateriaal aan die buiteland.

Sophia ·

Dit het tyd geword dat ons eie mense wat sonder werk sit, hierdie belangrike dienste van ‘caregivers’ en sekuriteitswagte begin oorneem by sulke plekke, dit raak nou ‘n baie gevaarlike situasie vir die oumense! Hulle is uitgelewer aan die genade van anderkleurige versorgers wat nie ‘n veer vir hulle voel nie…

Celtis Africana ·

Die heel beste oplossing. Geen ons eie mense werk.

geskok ·

daardie arme oumense word eintlik gyselaar gehou !!! en as een van hulle sterf agv hierdie gemors? dis mos moord !

Santie ·

Daar is baie witmense wat dankbaar sal wees om ou mense goéd te versorg vir daardie salaris. As hul maar net die kans gegun word. Laat dié wat kla, en oorgaan tot sulke laakbaarheid, op ander plekke gaan werk soek.

Kriminele dade ·

Dit is krimineel ja en ek sal veg vir bejaardes se veiligheid!

PP ·

Poging tot moord! Om iemand te weerhou van mediese dienste af.

Mimi ·

Kry n interdik teen die mense. Die weiering van medikasie en sorg is n oortreding van basiese menseregte!!!! Eintlik word die mense geteister weens politieke onderstromings. Neem di saak CCMA toe dat dit konstruktief opgelos kan word !!!@

Anoniem ·

Dit is ‘n skande! Die staking van gesondheidspersoneel moet VERBIED word en VERVOLGBAAR wees want mense se lewens word in gevaar gestel! Sies, dat mense so selfsugtig kan wees! Mens kom nie onskuldige ou mensies te na oor salaris griewe nie!

Madeleine ·

Dis absoluut onmenslik.Daai “mense”hoort nie by enige versorgensoord ooit te werk nie.As jy met oumense en kinders werk moet dit n passie wees.Kry van ons eie mense daar is baie wat dit met liefde sal doen.En dan kan hulle brood op hulle tafel sit.Hierdie berig grein in teen alles wat in my is.Gaan sit op jou stoep en hoop jy kan eet.Want jy hoort nie by daai hulplose mense nie?

JANE ·

KRY DIE POLISIE IN OM DIE STAKERS TE VERWYDER, HULLE HET GEEN REG OM ANDER MENSE SE REGTE WEG TE NEEM OM TE VERSORG NIE, HOEKOM WERK JULLE SO SAG MET HIERDIE GEWETENLOSE STAKERS???

Buitelandse hulp aanvra ·

Kan Solidariteit buitelandse hulp inwin om die burgerregte van die bejaardes te herstel?

Adri ·

Die polisie??? Ag, kom nou. Hulle sal die situasie eindeloos monitor.

Jacques ·

Dit is poging tot moord !!!!!!! CR is te besig om grond onwetig weg te vat van mense wat hulle hele lewe daarvoor gewerk het , hy is useless . Gebruik geweld om die oumense te beveilig . Hulle kan baie bly wees dit is nie my ma of pa nie want dan sou groter probleme gehad het as net werksomstandighede .

Theresa ·

‘n Saak moet teen die stakendes wat mense weerhou het om hul werk te doen of die plek binne te kom om te help, gemaak word.
Daar is meer as een klag teen hul.
Afriforum – kan jul so iets met die ledegeld doen, asseblief? Daardie selfsugtige individue moet ‘n les geleer word – ‘n baie duur les. Kla hul aan. Is daar enige waarborg dat daardie ongelukkige personeellede, wat geensins omgegee het oor die inwoners nie, nie nou lelik met die bejaardes werk nie??? Is daar kameras op om swak diens en swak gedrag (selfs gevaarlike gedrag) op te neem??

Lisa ·

Voel maar jammer vir bejaardes in hierdie land. As dit nou al so gaan, hoe gaan dit in die toekoms lyk?

Blink as eie land ·

Ons het ‘n blink toekoms as ons met selfbeskikkinggesprekke kan begin.

Johann cb ·

Sjoe, wat ‘n aaklige tragedie! My moeder, 94, is self in ‘n huis vir bejaardes/verswaktes. Die personeel is “great” hier in Port Elizabeth! Help asseblief die mensies in Pretoria…

Johan ·

Mimi, jammer maar die CCMA is pateties en subjektief. Afhangende van wie die saak hanteer, sal hulle “effektief” die kant van die stakers “kies”. Ek is so “subtiel gestoomroller” deur die een werknemer van die CCMA, terwyl ‘n ander een weet objektief en goed was.

Punt is los die CCMA uit – dit is uit en uit ‘n saak vir die (ongelukkig) SAPD, wat moet ingryp en diegene, wat mense van hul basiese menseregte ontneem, arresteer. Woorde ontbreek.

LouE ·

Hulle kan bly wees my pa of ma is nie een van hulle GYSELAARS nie!

Veggereed ·

Waar is Gerrie Nel. Maak ‘n internasionale marteling saak oop teen hulle en sommer die regering ook.

Johanna ·

SKOKKEND!!!!! om die minste te se. Hierdie mense behoort almal hulle summier afgedank te word! Die tehuis moet dalk verskuif word?

Ramapaddapot ·

Nooi gerus virRamapaddapot om te gaan kyk .
Of is dit nie ‘sy mense’ nie?

Elsa ·

Weet julle wat bekommer my? As dit nou soo gaan, waar gaan dit oor 10 of 15 jaar eindig. Kommerwekkend.

Hanlie ·

Wat ‘n skande!!!! Dis afgryslik en gemeen. Die wat hul monde so vol het oor menseregte!!!!! Dis poging tot moord

Nikita ·

n Skreiende skande!! Die werkers moet onthou hulle gaan ook oud word. Is daar dan geen liefdevolle verhouding tussen die werkers en oumensies nie…hulle werk dan close met hierdie oumensies. Wys n mens net hulle hoort nie in hierdie poste nie. Dankie aan almal se hulp en sterkte daar. Bid dat God se engele by hierdie oumensies sal waghou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.