Huishulpe sal moontlik binnekort van die vergoedingsfonds kan eis indien hulle ʼn besering aan diens opdoen.
Ian Ollis, DA-LP, het Maandag dié aankondiging deur Mildred Oliphant, minister van arbeid, verwelkom. Oliphant het gesê die bal is aan die rol dat huishulpe deur die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes gedek word.
Sy het Saterdag tydens haar aankondiging gesê publieke verhore sal gehou word rakende die hersiening van die wet. Die Wet op Werkloosheidsversekering, wat die verlenging van swangerskapvoordele en die eisperiode insluit, word ook hersien.
Oliphant het gesê die voordele sal van toepassing wees op alle Suid-Afrikaanse huishulpe en wettige buitelandse burgers wat plaaslik werk.
Alla mensig. Ek gaan ook maar ‘n huishulp word!. Ek kan steel van my werkgewer. Lekke Dstv sit en kyk soggens ens en dan so af en toe “seer kry”. (Sal we’ll ‘n korupte dr kry en R100 betaal vir vals siek nota’s) en my werkgewer gaan maar opdok. Geen wonder die “huishulpe” sukkel om huiswerk te kry nie. Lui witdames, buig jul ruggies en steek jul hande uit en doen dinge self. Ek werk voltyds, en doen ALS self + versorg my 5 perde elke dag. Geen “hulp werkers” nie.
Aitsa Ansie, maar jy’s oulik (en fluks) ….. :-)
Wonder net wie gaan al die “papierwerk” met betrekking tot die besering aan diens hanteer. Die huis eienaar? Hoe gaan hulle die besering aanmeld?