Hurricanes klop moedige Bulls

TJ Perenara op die aanval teen die Bulls. (Foto: Facebook)

ʼn Mens sê dit nie sommer waar ’n Nieu-Seelandse span betrokke is nie, maar goeiste, die Bulls kon dalk dié een in die sakkie gehad het as die wedstryd net 10 minute langer was.

Ja, die Pretorianers het 35 – 28 teen die Hurricanes in Dunedin verloor en ja, dit was Handré Pollard en ’n rits ander se laaste wedstryd in die Bulls-trui, maar soms kan die meriete van ’n wedstryd deur die antwoord van ’n eenvoudige vraag bepaal word: Was dit lekker om te kyk, of nie?

En dié kwarteindstryd was lékker om te kyk!

Die Bulls het nog nooit ’n Superrugby-uitspeelwedstryd buite Suid-Afrika gewen nie en teen rustyd het dit gelyk asof die geskiedenis homself sonder enige twyfel weer sal herhaal.

Die Suid-Afrikaners het ’n agterstand van 14 – 24 gehad en die Hurricanes se Salesi Rayasi het gereeld hakskene vir die Bulls-verdedigers gewys. Om ’n laerskool-uitdrukking te gebruik: Dit het by tye gelyk asof die Bulls-agterlyn met hul handrem opgetrek hardloop wanneer hulle vir Rayasi en kie jaag.

Nou onder normale omstandighede sou die Nieu-Seelanders in die tweede helfte na ’n hoër rat oorskakel, maar dit was die Bulls wat hul koppelaar-rathefboom-vaardighede ten toon gestel het.

’n Strafdrie en ’n goeie stukkie werk deur Cornal Hendricks – wat sy tweede drie van die aand gedruk het – het die spreekwoordelike kat in die Hurricanes-hoenderhok losgelaat.

Maar aan die einde van die dag het die Bulls net te veel strafskoppe afgestaan en Beauden Barrett het hulle drie keer gestraf. Nege punte in ’n kwarteindstryd wat jy met sewe punte verloor het, is ’n stewige spyker in jou doodskis.

Die Bulls was tot die einde op die aanval, maar Hendricks het die bal misgevang en die eindfluitjie is geblaas.

Hulle het moedig probeer, maar die Hurricanes-hekkie was uiteindelik net té hoog.

  • Puntemakers:

Hurricanes: Drieë: TJ Perenara, Ben Lam, Salesi Rayasi (2). Doelskoppe: Beauden Barrett (3). Strafskoppe: Jordie Barrett (2), Beauden Barrett.

Bulls: Drieë: Warrick Gelant, Cornal Hendricks (2). Strafdrie. Doelskoppe: Handré Pollard (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Kerneels ·

Ek dink ou kolla het in koue sweet uitgeslaan… te dankbaar vi eindfluitjie gewees!

Babertondaisy ·

Ja nee dink paar stompie ondersteuners het net na halftyd die papsak gevat om te kalmeer.

kolla ·

Eintlik het ons beter dinge gehad om te doen as om te kyk na iets waarvan die uitslag so duidelik soos daglig voor die tyd was

Frans C ·

Beste vertoning van ‘n SA span die seisoen.Hendricks was uitstekend en sal geen Sprinbokspan in die steek laat nie.

Swartwolf ·

Uitstekende vertoning deur die Bulle. Aanhou probeer tot die einde en die tuisspan voor aangevat soos dit hoort. En 4 driee gedruk op die opposisie se tuisveld. Waar is die kamstige “kenners” wat gese het bulle verloor met 50?

kolla ·

Ek hoop die dag kom nooit dat ek so laag sal daal om te sê my span het uitstekend gespeel en steeds verloor nie. Flou koeie het 3 driee gedruk nie 4 nie. Die Hurricanes het dit as ‘n piekniek uitstappie beskou, ‘n oefenlopie vir groter dinge.

Swartwolf ·

Kolla die stompies is ellendig moes 2 wedstryde wen met hulp van skeidsregters anders was hul nie net laaste op die SA log nie maar 2 de laaste op die algehele log net bo die Sonwolvies. So geen bekommernis niemand se ooit hulle het goed gespeel nie wen of verloor. Jy hoef ook nie.

???? leser ·

as / was , as is verbrande hout , was is goed wat hulle gebruik om kerse mee te maak , niks van die 2 word gebruik in spanne wat meeding , een verloor en een wen , “finish” en klaar

Cuda ·

As die Bulle groep nog ‘n seisoen of twee saam kon speel…! Iemand wat ek beslis voor bly is, is Cornel H. As jou loopbaan weg is en jy kan so terugkom. Well done ou maat. Kom ons kyk wie steek hulle hande op vir volgende jaar. Iets sê vir my dat NZ se greepbop wêreld rugby minder raak. Selfs hulle o/20 sukkel, verloor teen Jaguars & Sunwolfs in NZ, SA spanne meer kompiterend in NZ, ……

Kerneels ·

Stem saam, cuda. Hendricks ‘n come-back gemaak soos min! Maar o wee, ek reken die all blacks nog steeds by vere die gunstellinge vi wb. Bokke slegs ‘n buite perd…

willem Botha ·

Sa rugby is soos alles in hierdie piesang republiek vernietig deur diskriminasie en kwota sisteme gebaseer op velkleur dankie de klerk en kie.

Vonnie ·

Mens kan nie se “geluk” met n verloor nie, maar die Bulle kan trots wees op die rugby wat hulle gespeel het, dit was kookwater.

Piet Pille ·

Stem nie saam Vonnie, jy klink soos ‘n stompie ondersteuner, waar is Kolla of is dit nou Bolla met die 50+ verloor voorspelling?

Swartwolf ·

Dink nie Kolla of Bolla weet self nie. Kraantjie is woes op die geheue.

Nico K ·

Goeie vertoning deur die Bulle. Niemand het verwag dat hulle in NZ sou wen nie en dit was darem amper.

Kerneels ·

Piet, ou kolla herstel nog van ‘n koue sweet en hartkloppings. Een ou wat baie bly en verlig is oor hurricanes se naalskraap wen

SjN ·

Wel gedaan bulle, al het hulle verloor, was die beste span die seisoen, sterkte vir volgende jaar.

Jacques ·

So bly om te sien ons het nog soveel getroue Bul ondersteuners. Die Engelse se: “A miss is as good as a mile”. Al eet ‘n Bul van die vloer af. Sy bloed is pink.
Definitief volgende jaar manne. Solank jul die dstv en rugby kaartjies betaal. Julle geld word waardeer. Die bydraes raak al hoe minder soos die manne se oe oopgaan.
Nag ou grootte.

Manie ·

Nie een SA span in die semi’s van super rugby. En dit in die jaar van die wêreld beker. Laat mens wonder wat gaan gebeur met die bokke by wêreld beker. Ek voorspel hulle gaan die selfde pad as die krieket proteas loop

Kerneels ·

Presies dieselfde hond se gedagtes by my ook op gekom. Kom ons hoop dat die ekstra tyd wat Rassie nou het om bokspan te slyp, dinge meer rooskleurig kan raak…

Riaan ·

Tipies flou bulls ondersteuners, mos klaar die beker gewen na die eerste 3 game.
From heros to zeros in 80 minutes.
Verloor is verloor al is dit met een punt.
Whahahaha, go Crusaders.

Kerneels ·

Riaan, ek is trots om ‘n ‘flou bul’ ondersteuner te wees. As enige ander SA span ondersteun het, sou ek my kop in skaamte laat sak het.

Swartwolf ·

Tipies Stompie ondersteuner. Sal SA se beste span afbreek uit jaloesie. Waar het jou spannetjie geeindig ? Heel laaste ou rian, en nog steeds bekerloos na 24 Jr. Dis omdat hulle sulke ondersteuners het. Niemand het gese die bulle het die beker gewen nie hulle het wel ‘n great game gehad gister. Maar die kersie op die koek was daai 40-3 op Loftus vroeer in die seisoen of het jy hom vergeet agv die emosionele trauma ?

Michael P ·

Ai mense ek het laas week gese ons rugby is in n gemors. super rugby nou verby kom ons begin nou almal kla oor die BOKKE Miskien surprise hulle ons almal.of droom ek.

H ·

Met al die politiek in ons land doen ons spanne eindelik goed wonder hoe sou ander lande gedoen het as hulle nooit met hul beste spanne kon speel nie.

hurricanes ondersteuner ·

Gelukkig het die skeidsregters en die tmo nie die skouer loop deur hurricanes se No 16 gesien nie – want n rooikaart sou die bulls baie gehelp het

kolla ·

Genade, wat ‘n patetiese ou spulletjie. Wemel van Bokke en huursoldate wat ten duurste aangekoop word en steeds niks. Swak.

Babertondaisy ·

Pateties is heel laaste ip SA log. Pateties is 24 Jr sonder selfs een beker. Pateties was 40-3 sonder een drie, dis pateties.

kolla ·

Nulle ondersteuners dans van blydskap omdat hulle met “net” sewe punte verloor het. Pateties

Swartwolf ·

En jou span het 40-3 op loftus verloor…..teen die Bulle. 24 Jr bekerloos, unie bankrot, kwota pateet kaptein, afrigter gefire. Skande. Wonder wat die stompies sou gedoen het gister. Dink weer ‘n 40 plus op hul gekry het. Jou suur druiwe wys. Daai goedkoop kraantjie in jou glas proe nou nog slegter.

Kerneels ·

Aha, hy lewe! Bly om te sien jyt van ergste skok herstel, kolla! Maar vervelig sonder jou!

Kerneels ·

Ek neem nou aan jy sal ook nie vir die bokke skree nie, want dit gaan ‘wemel van huursoldate’ en Bulle…. Maak die Bulle almal Bokke! Hehehehhe

Kerneels ·

Swartwolf, jys te hard op die arme man, nou slat hy weer in stilstuipe en koue koors uit!

Swartwolf ·

@kerneels – dis pret al die geskerts. SA rugby is so vrot om te kyk die ondersteuners maak nou hul eie pret! Ek vrees vir die wereld beker dink dit gaan erger wees as die krieket. SA super rugby so swak presteer. Rassie moet 50% kwota’s insluit, en die huidige bok kaptein is geen leier wat kan kompeteer met ander internasionale kapteine soos Alun Wyn Jones of Kieran Read nie.

kolla ·

Gelukkig was ons beste Bokke die afgelope tyd beseer en kon lekker uitrus. Ons gaan vir kaptein fantasties en die ander hardebaarde soos Etsebeth en Du Toit broodnodig hê.

Bul ·

Daai fantastiese kwota kaptein wys darem sleg af teen ander spanne se kapteins. Nie net klein van postuur nie maar ook intellek en leierskap. Dwerg is ‘n reus se mantel. Waar is Pienaar, Smit, Techmann??

kolla ·

Hoop Kaptein Kolisi, Ysterbeth en Du Toit is fiks vir die wereldbeker. Hulle is ons beste Bokke.

Kerneels ·

Hoop ook so. Maar hulle sal moet ‘rise to the occasion’…

Smirre ·

Kolisi maak reg vir Japan – enigste land waar ‘n klub hom iets sal aanbied waar geen europese klub sal nie. Swakste kaptein in bok geskiedenis en een van die swakste flanke. Ysterbeth is reeds gestryk sal weer beseer word in een of ander opwarmingsessie. Du Toit is ‘n goeie speler maar moet so gou as moontlik wegkom uit daai vrot kultuur van stompie rugby anders is sy loopbaan gesink.

Henry ·

Kolisi en Etsebeth is van geen nut vir enige span wat teen Engeland, NZ, Australië, Ierland, Wallis, Argentinië of Skotland moet kompeteer nie.

jAN ·

het die sharks so sleg gedoen dat daar nerens eers van hulle wedstryd melding gemaak word…wonder net wat was uislag….

kolla ·

Stormers 2 – Nulle 1 vanjaar. Stormers klop Asado braaivleis-spannetjie met groot pakslae op Nuweland, nulle verloor tweekeer teen die amateurs. Stormers klop Chiefs en speel gelykop teen Crusaders (beste span in kompetisie, nulle kan geen NZ span klop nie en verloor met rekord 50 punt tellings op hul tuisveld teen Crusaders en Chiefs. Pateties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.