Ier in SA vasgetrek vir dubbele moord

Ruth Lawrence (Foto: Verskaf)

’n Ierse vrou het Woensdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn in verband met ’n dubbele moord in Ierland.

Ruth Lawrence is Dinsdag deur die Valke in Pellisier in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat Interpol ’n lasbrief vir haar inhegtenisneming uitgereik het.

Lawrence word daarvan beskuldig dat sy landuit gevlug het ná die moord op Eoin O’Connor en Anthony Keegan in die noorde van Ierland in 2014, sê kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke.

O’Connor en Keegan is in Mei 2014 dood aangetref op ʼn eiland in die Lough Sheelin-meer in die graafskap Meath. Albei is in April daardie jaar vir die laaste keer gesien. Berigte het destyds daarop gedui dat die mans se verdwyning moontlik verband hou met ʼn groot misdaadbende en die invordering van dwelmskuld.

Lawrence se inhegtenisneming volg nou meer as agt jaar later nadat die Valke ’n week gelede inligting ontvang het oor waar Lawrence haar moontlik bevind.

Eoin O’Connor en Anthony Keegan. (Foto: Twitter)

The Irish Sun berig Lawrence en haar destydse Suid-Afrikaanse kêrel, Neville Peter van der Westhuizen, het in 2014 na Suid-Afrika gekom. Van der Westhuizen word ook verbind met die moord op O’Connor en Keegan. Hy dien egter tans ’n vonnis van 15 jaar uit vir die moord op ’n tiener in Durban.

Dié moord is in 2017 gepleeg.

Die paartjie se paaie het glo dieselfde jaar geskei, aldus The Irish Sun. Lawrence se Suid-Afrikaanse visum het intussen ook glo verval.

Die saak teen Lawrence is vroeër vandag na 12 Oktober uitgestel. Sy bly in aanhouding.

Sy en Van der Westhuizen sal na verwagting uiteindelik aan Ierland uitgelewer word. Van der Westhuizen moet egter twee van derdes van sy huidige tronkstraf in Suid-Afrika uitdien voordat hy in Ierland vir die 2014-moorde verhoor kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hannes ·

As die VALKE ook maar net so PLIGSGETROU was om die rondloper ,siel-lose! misdadigers van en in die ANC en die EFF vast te trek, nê!!.
Dink net” dan sou die Duitse Toeris en talle plaas boere en hulle families ook vandag nog geleef het..
????

ONTPS ·

Maandag in die hof verskyn nadat sy Dinsdag inhegtenis geneem is?

Megan Swart ·

Dagsê ONTPS
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit is veronderstel om Woensdag te wees.
Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan nms Maroela Media

Casper ·

Ja poplap,en nou sit jou turf.gedink jy kan wegkom daarmee as jy S A toe vlug.Gaan maar terug Ierland toe en face the music.

madels ·

Asof ons nie genoeg misdadigers in SA het nie :-(. !!!!!!!!

Niklaas ·

Dis een taamlike aantreklike gedagte , om jare in ‘n SA tronk te spandeer. Geen afskrikmiddel nie , inteendeel , die kos ens is glo heel goed , en die selbewoners het mense regte , onthou. Dis amper woontyd in ‘n hotel. Maar daar in Thailand , Mexico , Brazilië , selfs in noord Afrika state is dit minder aangenaam. Dus is mense nie te gretig om daarin te beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.