In die parlement: Vrae aan die president en MRK onder kruisverhoor

Die gebou van die Nasionale Vergadering op die perseel van die parlement in Kaapstad. Foto: www.parliament.gov.za

’n Woeste week lê voor vir LP’s wat van die lente-reses terugkeer, met lede van die Nasionale Raad van Provinsies wat mondelinge vrae aan pres. Cyril Ramaphosa sal stel.

Ramaphosa sal na verwagting erg moet bontstaan om vrae oor geldelike bydraes tot sy CR17-veldtog om tot leier van die ANC verkies te word, te verduidelik. Hy moet ook vrae beantwoord oor die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se omstrede ondersoekeenheid, die sogenaamde rogue unit.

Benewens die vrae aan die president is parlementêre portefeuljekomitees tans volstoom aan die werk om hul oorsigrol te vervul deur bestek op te neem van hoe staatsdepartemente en hul verwante entiteite tot dusver vanjaar hul begrotings bestee het. Daar vind vandag 25 van dié oorsigvergaderings plaas.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal voor die portefeuljekomitee oor binnelandse sake verskyn omdat die drie grootste opposisiepartye (DA, EFF en IVP) bitterlik ontevrede is met hoe vanjaar se algemene verkiesing gereël is. Verwag dat vonke gaan spat. Verskillende waterrade van oor die land sal ook verskyn voor die portefeuljekomitee oor water en sanitasie om hul wanfunksionering te probeer verduidelik.

Die Menseregtekommissie, wat tans onder skoot is oor hul hantering van klagtes teen die Springbokslot Eben Etzebeth, sal onder kruisverhoor geneem word in die portefeuljekomitee oor justisie, terwyl die staande komitee oor sekerheid en justisie weer sal besin oor die wetsontwerp op tradisionele howe, wat na bewering steeds teen vroue diskrimineer.

Woensdag is daar 26 oorsigkomiteevergaderings waarvan sewe spesifiek die oog vang. Die omstrede Ingonyama-trust, wat Zoeloe-stamgrond bestuur, moet verantwoording doen voor die portefeuljekomitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling .

Suid-Afrika se grootste ekonomiese kopseer, Eskom, sal by die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) besoek aflê, terwyl die polisie-komitee vrae sal stel aan die afdeling misdaadintelligensie.

PetroSA verskyn Woensdag voor die portefeuljekomitee oor energie en die munisipale afbakeningsraad verantwoord hulself voor die komitee oor plaaslike regering en tradisionele sake.

Provinsiale gesondheidsdepartemente moet hulself verduidelik aan die portefeuljekomitee oor gesondheid. Die warmste bespreking kan egter in die portefeuljekomitee oor finansies voorkom, wanneer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Woensdag voor hulle verskyn.

Benewens Donderdag se vrae aan die president is daar ook nege komitees wat sit. Die vergadering waarin onderwysowerhede aan die portefeuljekomitee oor basiese onderwys moet toon of hulle gereed is vir die matriekeksamen, sal waarskynlik die meeste belangstelling wek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KrokodilBotha ·

Het met my eie oe gesien waar die MRK die skurke gaan help na daar uitlanders se winkels gebrand is. Ja, die MRK het misdadigers gaan help vir bail, maar die slagoffers het nie getel nie. MRK het rond gery met n Porsche Cayenne.

Genieve ·

Klagtes oor Eben maar niks oor vir Maleme en BFL nie skaam julle.

Alida ·

Roer hulle DA en VF+ trots op julle. Vra die regte vrae ASB.

Ryan ·

Aag asseblief.. CR bontstaan? Hy ontduik altyd als met mooipraatjies en beloftes..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.