Jong ma en kleuter dood aangetref

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Kent Williamson)

’n Jong ma (24) en haar twee jaar oue babadogtertjie is Maandag dood in hul huis in die Siyathemba- informele nedersetting in Balfour, Mpumalanga, aangetref. Die polisie ondersoek nou twee sake van moord.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting ontvang dat ’n moord by dié huis gepleeg is. Met hul aankoms by die toneel het die polisie die vrou bewusteloos op die kombuisvloer aangetref, terwyl die dogtertjie se lewelose liggaam in die slaapkamer gevind is. Sy het ’n besering aan haar nek gehad.

“Albei is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

“Daar word verder beweer dat die vrou se vyf maande oue kind deur sy pa gevat en ongedeerd is. Die polisie versoek enigiemand met inligting om sers. Nhlanhla Tshabalala by 082 635 7143 te bel, of die Stop Misdaad-hulplyn by 08600 10111 te skakel,” het Mohlala in ’n verklaring gesê.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Semakaleng Manamela, het die voorval ten sterkste veroordeel en opnuut verklaar dat die polisie die vlaag misdade teen vroue en kinders sal beveg.

Sy het ook ’n beroep op die ondersoekers in die saak gedoen om die skuldige spoedig in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Perdeby ·

die polisie die vrou bewusteloos op die kombuisvloer aangetref ??? maar sy is op die toneel dood verklaar?

Swerwer ·

Regtig verskriklik. Diè wat die inligting aan die SAP gegee het dat die pa die 5 maande oue baba geneem het, en wie die moord deurgegee het moet mos maar verder die SAP help. Waar was die Pa tydens die moord en waarheen is hy met die baba. Eerste plek om te soek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.