Jong man sterf in motorfietsongeluk

Die motorfiets se wrak. Foto: Verskaf

Die motorfiets se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Man  in sy in sy twintigs  is dood nadat sy motorfiets Woensdagmiddag teen ʼn motor in Durban gebots het.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het die botsing omstreeks 12:30 by die kruising van Peter Mokaba Ridgeweg en Seaforthrylaan in Berea gebeur.

“Dit is nog nie duidelik hoe die botsing plaasgevind het nie. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel,” het Jamieson gesê.

Die motorfietsryer was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy is toe dood verklaar. Die bestuurder van die motor het geringe beserings opgedoen. Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.