Jong man sterf ná aanranding by kroeg

Wayne van Zyl (Foto: Family Protection Association SA, Facebook)

ʼn 23-jarige man is Sondag dood nadat hy by ʼn kroeg in Klerksdorp, Noordwes, na bewering aangerand is.

Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het daar glo ʼn argument in die vroeë oggendure buite die kroeg plaasgevind wat tot Wayne van Zyl se dood gelei het.

“Van Zyl is na bewering aangerand en is op die toneel dood verklaar.”

Botma kon nie verdere inligting oor die voorval verskaf nie omdat die ondersoekbeampte eers Maandag getuieverklarings gaan neem en die dossier dan gaan saamstel. ʼn Lykskouing sal na verwagting Dinsdag plaasvind.

“Al wat ons in hierdie stadium kan bevestig, is dat ʼn saak van moord ondersoek word.”

Volgens Botma is die verdagte, wat bekend is aan die polisie, nog nie in hegtenis geneem nie. “Die polisie is in verbinding met die verdagte se prokureur.”

Die eienaar van die kroeg het Maroela Media na die provinsiale polisie verwys vir kommentaar en gesê sy wil die familie se privaatheid respekteer.

ʼn Betroubare bron het op voorwaarde van anonimiteit gesê die dorp is geruk deur Van Zyl se moord. Foto’s en video’s van die persoon wat moontlik met Van Zyl se dood verbind word, word wyd op sosiale media versprei.

Van Zyl het in 2018 aan Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp matrikuleer. Die skool het op Facebook sy medelye teenoor Van Zyl se familie en vriendin, Shanice van Loggerenberg, betuig.

Van Zyl en Van Loggerenberg is sedert Februarie 2019 in ʼn verhouding.

Medelye vir Van Zyl het op sosiale media ingestroom.

“My hart bloei vandag, ons gaan jou so baie mis my kind,” het Van Zyl se pa, Cor, geskryf.

“Rus saggies Wayne van Zyl. Jy sal gemis word. Jy sal altyd geliefd wees en nooit vergeet [word] nie. Engele skryf mense se geboortedatum in die boek van die lewe neer, maar toe hulle jou sien het hulle die boek toegemaak en gesê jy was té pragtig vir die aarde vir té lank,” skryf Lizandre Botha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

JohanR ·

Hoeveel jong mans is al deur die jare buite kroee doodgeslaan? Alkohol en testorone saaam is nie ‘n goeie ding nie. Hoekom hoor jy nooit van ‘n vrou wat ‘n ander vrou buite ‘n kroeg doodgeslaan het?

Hennie Biebouw ·

Ek het geen idee hoeveel jong mans is al deur die jare buite kroeë doodgeslaan is nie. Ek het ook géén idee hoeveel vrouens al deur ‘n ander vrou buite ‘n kroeg doodgeslaan is nie. Ek is egter seker dat sou die jy die antal mans en vrouens wat buite kroeë doodgeslaan word, uitdruk as ‘n persentasie van die totale getal mans en vrouens wat daagliks kroeë besoek, sou jy waarskynlik tot die redelike gevolgtrekking kom dat hierdie storie ‘n absolute uitsondering op die reël is…..

Harley Davidson ·

En dan was die aanvallers huidige benaadeeldes wat ‘n skande.

Antie Sarie ·

Baie hartseer. Maar as wetgewing wat in plek is, toegepas word, sal sulke gevalle nie voorkom nie. Alle drink by openbare plekke moet streng beheer word.

VaalDonkie ·

Afrikaners sal na ‘n verskoning soek om aan mekaar te slaan. Dis hoe ons is. Die ou het dit seker in sy kop gehad dat Wayne hom skeef aangekyk het. Hulle besluit mos vroeg wie hulle wil boks later die aand wanneer die brannewyn loop.

Antie Sarie ·

Selfs al was hy skeef aangekyk, regverdig dit nie die geweld nie. Maar dalk sal hy die geselskap in die selle geniet. En die aandag kry waarna hy so smag.

SwartBees ·

Dis ongelukkig hoe dit is, ouens word aan gerand vir die geringste (simpel) rede.

Vonkprop ·

Hierdie kuierplekke is net boos. Kroeë het nog nooit ‘n goeie naam gehad nie en as jy soontoe gaan, kan jy maar seker wees moeilikheid wag om die draai.

Danie ·

Ek kan net aflei dat die gruweldaad deur een van van ons eie gepleeg is.Ek wil net vir jou se jy is die laagste gemors wat hierdie jong seun se lewe gevat het en ek hoop die gereg sal jou ten swaarste straf.Ek verwys na n onlangse soortgelyke geval ook die verval van die mensdom.

Henk ·

In baie plattelandse dorpe is daar ‘n kultuur van bakleiery. Die “wenners” word opgehemel en dit dra by tot nog meer bakleiery. Daar is nie uitlaatkleppe vir die jong mans nie, en hulle sit heeldag gefrustreer by die huis want daar is nie werk nie. Ek hoop hierdie jong moordenaar kry sy verdiende loon en dat dit ‘n afskrikmiddel sal wees vir die ander.

VaalDonkie ·

Ek het vriende gehad wat uit letterlik elke kuierplek in Welkom verbied was oor hulle bakleigatte was. Van die golfklub, 147, en Sportsmans tot by Dagbreek Hotel en alles tussenin. Hulle het toe begin om vrydae Johannesburg toe te jaag om daar te gaan moeilikheid maak. Met ander woorde hulle het 250km ver gery agter ‘n fight aan en dan Sondagmiddag met die terugkomslag kom spog oor hoe bang die Johannesburgers vir hulle was. Gelukkig was ek te jonk om saam te gaan. My lewe is vol oomblikke van “gelukkig was ek te ___” en daarom lewe ek nog en is min of meer ordentlik.

Rocco ·

Jou kommentaar slaan die spyker op sy kop. Daar is manne wat uitgaan om moeilikheid te soek – om hul krag ten toon te stel. Ek is op ‘n geleentheid by ‘n aksie krieket kuier, deur ‘n ander man genader – Hy vra my “Hoekom ‘check’ jy my uit?”
Ek antwoord – “Ek het jou nie raakgesien nie, waar sit jy?”
Hy antwoord – ” ‘Ignore’ jy my dan?” Gelukkig was ek tussen van my medespelers, wat hom, vriendelik aangesê het, om te verdwyn.

Christine ·

Sjoe, ek wou nou net vir jou sê jy nodig nuwe vriende! Welgedaan dat jy die onderskeid kon tref!

Lillian ·

Wanneer gaan ons kinders leer om weg te bly uit dié tipe hole?

VaalDonkie ·

Ek wil nie lelik wees nie maar dis juis “ons kinders” wat die plekke in ‘n “hool” omskep.

Antie Sarie ·

Dit maak nie saak wie se kinders. Dit is hool nog voor eerste kient inloop. Drank in openbare plekke behoort verbied te word. Hulle wil vinnig dit met rook doen. Maar niemand is nog ooit dood van “rookverwante geweld” nie.

Koos 100 ·

Vaaldonkie, jy is so reg. Plaas jou opvoeding by die huis is reg, dan sal jou kinders weet hoe om hulself te gedra en moeilikheid vermy. Ek het baie gejol en was nooit ooit in ‘n “fight” betrokke nie, moontlik dat ek redelik groot gebou is, maar hoofsaaklik dat ek groot gemaak is om alle mense te respekteer.

Koen ·

Spyker op die kop, VaalDonkie. Almal dink mos dis “hulle” wat die probleem is.

Harley Davidson ·

Bly weg van kroeë, drink by die huis van die mense vandag is ongenaakbaar en vrees geen wet nie eers die 10 gebooie of die woord van God word geëer en gerespekteer nie.

VaalDonkie ·

Ek stem. In my dae het jy darem ophou slaan as die ou deurmekaar was. Maar deesdae spring hulle sommer op jou kop (soos met ‘n vriend van my gebeur het) of wag jou in en slaan jou met pikstele (ook iets wat met ‘n kennis van my gebeur het).

Antie Sarie ·

En in my dae was daar nie so iets nie. Dit was die uitsondering. Want dronk op straat was strafbaar met n naweek in die tronk. En die wet was streng toegepas. Hang seker af. Sunnyside was op n tyd n ordentlike plek.

VaalDonkie ·

Ja seker. Maar ek dink nie Welkom was ooit ordentlik nie.

Daleen ·

Gaan die nog ‘n Daniel Botha geval word waar na 4 jaar is die beskuldigdes nog steeds op vrye voet. Geen geregtigheid in ons land nie.

Oros Soros ·

Daar is nie ‘n verbod op Sondae of openbare vakansiedae nie. In die meeste provinsies is drankwinkels ook oop op ‘n Sondag of openbare vakansiedag.

piet ·

Ongelukkig is dit so dat daar ongewenste gemors ook baie sulke plekke uithang en juis met die doel om moeilikheid te soek en te baklei. Rubbish. Probeer maar ook om nooit alleen na sulke plekke te gaan nie, vat tjommies saam.

Hennie ·

Behalwe daar in die Noord Wes, daar is alkohol nie bekikbaar op sondae nie.

VaalDonkie ·

Antie Sarie, ek was een van daai ouens. Die aand voor en aangeneem en voorgestel is in die NG kerk, het ek so baie gesuip dat ek met dieselfde hemp in daai kerk gaan staan het waarop ek die vorige aand opgegooi het. Nee, ek is GLAD NIE trots daarop nie. Ek het later daardie dag so skaam begin kry en dis waar my lewe begin verander het.

Ek ken die mentaliteit want ek WAS die mentaliteit.

Corne ·

Ek weet nie of ek verkeerd is maar baie mense kan nie hulle drank hanteer nie en sommiges weet nie waaneer om die lyn te trek nie. Jy kry die wat kort van draad is en dan weer die een wat liefdevol is. maar die onskuldiges ly altyd daaronder. Hy wou seker net ‘n rustige aand gehad en lekker kuier heel onskulding . Pubs is in my oe net nog ‘n euwel plek. Net my opinie Baie hartseer. Sterkte aan familie en vriende.

Plaaskind ·

Dis baie hartseer. Jongmense moet leer om meer verantwoordelik op te tree, sondag oggendure is dit beter om by jou huis te wees. Nie in kuierplekke rond hang nie. dis maar net my mening.

VaalDonkie ·

Dis ons kinders se eie skuld. Ek het min simpatie met afrikaner kinders as ek hoor hoe praat hulle en sien hoe suip hulle in die parkies (hier so van 14 jarige ouderdom af). En as een eers ‘n Golfie gekry het, dan is dit tyd vir moeilikheid soek by Stones of Cubana of Klipwerf en dan vat hulle daardie selfde vuil bekke van hulle soontoe en vryf die ander mense verkeerd op.

piet ·

Het hulle al begin urineer op die kroegtoonbank, dis mos die nuwe gier?

Karina ·

Die verdagte is bekend aan die polisie maar nog nie in hegtenis geneem nie? Nee wat, onbevoeg is hul meester brein.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.