Jong pa steeds in koma ná betonblok deur voorruit bars

Die binneruim van die bakkie nadat die betonblok deur die voorruit gebars het.

ʼn Jong pa van Rustenburg word steeds in ʼn kunsmatige koma gehou nadat ʼn boosdoener Vrydag in die vroeë oggendure ʼn betonblok deur sy bakkie se voorruit gegooi en dit sy gesig bykans vergruis het.

JC Roos (26), ʼn werktuigkundige vir Mercedes-Benz, sy vrou, Claudia (26), wat vir ʼn ouditeursfirma werk, en hulle 13 maande oue dogtertjie Alliana was op die N4 van Rustenburg na Claudia se ma in Welkom op pad toe die betonblok omstreeks 03:30 deur hulle bakkie se voorruit gebars het, het Henry Foster, Claudia se broer, gesê.

JC het weens die impak sy bewussyn verloor en hul voertuig het ʼn ent verder, agter ʼn bultjie langs die hoofweg, tot stilstand gekom. Claudia het ʼn paar skraapmerke opgedoen en Alliana was ongedeerd in haar karstoeltjie.

Claudia het onmiddellik vir Henry, wat in Krugersdorp woon, gebel en gesê dat hulle in ʼn ongeluk was. In dié stadium het ʼn man na die voertuig aangestap gekom. Claudia het aanvanklik gedink hy kom die gesin help.

“Hy het ʼn vuurwapen gehad en aan Claudia se venster geklop. Sy het nie oopgemaak nie en hy het omgestap na JC se kant van die voertuig. Die venster daar het uitgeval, die dakliggie het gebrand, die toeter het geskree, dit was chaos,” het Foster gesê.

“Hy het sy kop ingesteek en gevra vir geld. My sussie het gesê hulle het nie geld nie en het gesê hy moet haar foon vat. Sy het gesmeek vir hulle lewens. Sy het gesmeek dat hy hulle net nie moet skiet nie.”

Claudia en JC Roos. (Foto: Facebook)

Die man, met ʼn klapmus en wit handskoene aan, het oor ʼn bewustelose en erg beseerde JC na die foon gekyk en met leë hande weggestap, het Foster gesê.

Foster het intussen ʼn ambulans ontbied en self in sy motor gespring en na die ongelukstoneel gejaag. Hy het aanvanklik die Hartbeespoort-polisie gebel, maar dié het gesê die ongeluk het nie in hulle polisiëringsgebied gebeur nie. Hy het daarna die Brits-polisie probeer bel, maar ook vergeefs – dié nommer was buite werking.

JC het intussen sy bewussyn herwin en probeer praat. Sy ouers het van Rustenburg na die toneel gejaag en kort voor Foster daar aangekom. Die ambulans het intussen ook opgedaag en JC na ʼn hospitaal in Brits geneem waar hy gestabiliseer is. Hy is daarna met ʼn lugambulans na die Milpark-hospitaal in Johannesburg gevlieg.

Sy skedel is gekraak, sy verhemelte het oopgebars en daar is swelling op sy brein. Hy is ook aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel, maar is in ʼn bestendige toestand, het Foster gesê.

Hy het Vrydagmiddag reeds ʼn operasie ondergaan en gaan na verwagting Woensdag nog ʼn operasie ondergaan.

“Ons het net gebede nodig. Die res is uitgesorteer. Dit moes nóóít gebeur het nie, maar ons moet berusting vind. JC lewe en hy kan sy kind sien grootword,” het Foster gesê.

“Ons wil ook hê ander mense moet bewus wees van wat op daardie pad gebeur. Daai ou wat die klip gegooi het, weet nie eens wie in die kar is nie. Hy is opportunis, hy gooi die klip en hoop hy tref iets. Miskien kan ons iemand anders dieselfde trauma spaar.”

Die bakkie waarin die Roos-gesin gery het.

Foster het gesê terwyl hulle nog op die toneel was, het ʼn ander motoris ook ʼn klip in die pad getref en dié persoon moes ook noodgedwonge stilhou weens ʼn pap wiel.

Volgens hom is Claudia diep getraumatiseer deur die gebeure. Sy sal waarskynlik vandeesweek nog traumaberading ontvang om haar te help om die voorval te verwerk.

Sy en Alliana woon intussen by die Fosters om naby JC in die hospitaal te wees.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê klagte van poging tot moord en poging tot roof is by die Brits-polisie aanhangig gemaak. Die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Hannetjie ·

Om beskaaf kommentaar te lewer op hierdie daad is net nie moontlik nie.So…ek gaan liewer nie pen wat en eintlik wil se nie.Kom laat ons bid vir hierdie gesin…en vir ons geliefdes en ander op die paaie

Wiki ·

Buite ons jurisdiksie … nommer werk nie …. Dis ‘n skande!
Sterkte vir julle.

Anel ·

Lê ook sommer klagtes teen lede van die Hartebeespoort en Brits SAPD. Pligversuim. Om te sê dis nie jou wyk nie is absolute snert. As jy dan die werk wil doen nie, wat soek julle nog daar?

S de Villiers ·

Ek wil weet of gaan Bakwena wat die tolpaaie beheer iets gaan doen aan die probleem brue van hulle?Hulle kon mos nou al lankal skerms weerskante opgesit het.

Piet parys ·

Sopbeentjie jy moet nie vinger wys nie daars 4 vingerswat terug wys. Ten minste het ek nog nooit vir enige regering gestem nie . Oud kp en nou vryheidsfronter. Maar verder gaan ek my nie op jou opmerkings uitlaat nie want dalk skiet ek myself in die voet.

toy ·

Het die regering oogklappe aan of wat. Die kriminele floreer en onskuldige mense loop deur.

Woedend ·

Toy, kom ek antwoord jou vraag, die regering voel n veer!!!!

Awie Opperman ·

Soveel te meer as sie slagoffer blank en ‘n man is.

Johan ·

Dis onaanvaarbaar!!!Punt.As Ek Moet se hoe Ek Presies voel sal MM nooit my post plaas Nie! Sterke aan JC,jou vrou en Familie.

Agter die skerms ·

Dis net totaal en al siek wat gebeur in ons land. Waar is ‘n mens net “veilig”. Hier gooi ‘n persoon net ‘n betonklip deur ‘n venster vir selfoon en geld, en worry net niks oor mense binne in die kar nie. Net siek. Claudia, ons bid vir JC se herstel. God se hand is oor hom.

Heksie ·

En wat beplan SAPS om hieraan te doen? Wag vir nog mense om hul lewens te verloor, voordat hulle gaan optree, soos hier by Snake road in Benoni?

Hanna Hoekom ·

Hulle sal hoogstens die situasie “monitor”! SAPD is deel van die probleem. Die een stasie was onwillig om te help en die ander stasie se foon was buite werking. Mens moet dalk noem dat n donkergroene deur n blanke aangerand is, dan sal die SAPD vinnig op die toneel wees!

Donald ·

Die Here bewaar die boosdoeners in die eerste 48 uur as dit met my familie gebeur.

Mm ja nee ·

Miskien wreed, maar kom ons bid dat dit begin gebeur… Ons as publiek moet by die pad “eienaars” aanklop en hulle begin aankla, eral as dit n tolpad is

Gert van Wierdapark ·

Booswig se watsenaam. M/Media as jul die berig plaas, skryf asb potensiele moordenaar!!! Hy het dit beplan en voel NIKS vir sy slagoffers. Stem saam dat lood pille onmiddellik aan hom toegedien moet word, sodra gearresteer is!!!

Kobus ·

Stel voor as julle deur die trauma en herstel is, kry een van Rustenburg se goeie regsfirmas en dagvaar Bakwena, hulle is lankal terdee bewus van die probleem maar verroer geen vinger om die padverbruikers te beskerm nie. Enige van die baie ander gevalle waar mense beseer en of dood is kan hul naasbestaandes gerus dieselfde oorweeg. As jul optree sal dit verstommend wees om te sien hoe vinnig hulle dan kan planmaak.
Ons bid saam vir die herstel van JC. Mag die genade van die Allerhoogste jul oorskadu.

PappaEngel ·

Ek het ook laas week langs die N4 gestaan weens ‘n kortsluiting van my motor. AA wou my deurskakel na Brits polisie, sodat hulle sekuriteit-bystand kon doen, maar Brits polisie se telefoon lyne was af.

Johanna Botha ·

So so so moeg vir misdaad in die land ! En die polisie kry netmooi niks reg nie !

Tiaan ·

Tot die dag wat ons eie mense nie ons eie land het nie. Gaan ons nie ‘n beter lewe kan skep nie…..
Dink aan julle!

Piet parys ·

Hy , hulle is nie n mens like spesie nie .Dis daai spesie wat nie reg op bestaan het nie en moet van die aarde af gevee word en nou is hulle kaders in beheer van die land .

Gemaskerde Sopbeen ·

Wie het hulle in beheer gesit, Piet Parys en Keelvol? Wat het jy gedoen om dit te stop? Wat doen jy nou om dit reg te stel? Jip….jy hoef nie te antwoord nie, tik maar nog ‘n bietjie op jou sleutelbord…

Drikus ·

Ons bid vir volledige herstel vd jongman. Word daardie pad dan nie gepatrolleer nie?

Cherokee ·

Patrollering sal nie klipgooiers van die brûe af hou nie. Skerms sal werk.

PJ ·

Weg is die dae waar jy in die nag kon gery het op vakansie as jy klein kindertjies gehad het het hulle rustig geslaap en as die ogies oop gaan is ons by die see met groot opgewondenheid nou kan jy dit nie waag agv van al die ” checks en balances” nie tragies

Harry ·

Voorwerp deus die venster, baksteen op die pad, of diesel op die draai van ‘n nat pad – hierdie tipe aanvalle was nie die eerste nie en sal ook nie die laaste wees nie, maar sal waarskynlik toeneem soos wat geld en voedsel al hoe skaarser raak.
Enigste tydelike maatreёl is om uiters versigtig te wees – veral snags en wanneer jou motor die enigste voertuig op die pad is. Verwag die ergste, ry stadiger en ry skuis na die ander kant van die pad terwyl jy onder ‘n brug deur ry. Dis nie altyd moontlik om in ‘n konvooi van ten minste twee voertuie te ry nie of om bedags te ry nie, maar dan moet mens ten minste gewapen en super paraat wees.

WESKUS NOOI ·

Ai dis onnodig, en dan kom vra die blikskottel nog geld ook???

Bid jou dit aan!!! Die vermetelheid. Pleks hy die nooddienste probeer bel!!!

Ek vertrou JC herstel gou, Net dankbaar hy leef, maar dit aanslag op ons blankes, word net al hoe feller!

Ons sal moet bid voor ons soggens uitgaan vir beskerming en bid saans en ons Heer dankie sê dat ons nog lewe!

Sterkte aan sy familie, julle moet hom nou hierdeur help, asook sy vrou en dogtertjie.

Bid hom spoedige beterskap toe!

HAB ·

Maroela Media.,

Is julle bewus van die die probleem met die app as mens deur die comments scroll.

Beide my en my vrou se fone doen dieselfde. Dis al baie lank ‘n probleem en maak dit moeilik om die comments behoorlik almal te lees.

Ek hoor graag van julle.

Dankie.

HAB

tamboti ·

Die dag sal kom dat die rotse en blokke die “bloulig brigade” gaan teiken – mark my words!

Priscilla ·

Polisie beweer dis nie in hulle gebied nie, noem dan net die “k” woord wat die klip gegooi het en hulle is binne minute daar om jou te arresteer!!

Petrus Heigers ·

Dis wat ek van cele kan se – hy ontwapen die wetsgehoorsame publiek sodat hierdie tipe drek dit makliker kan gebruik.

Hertzog ·

Dis altyd ‘n skok om te hoor dat so iets gebeur met iemand wat jy ken.

Celia Tjaden ·

Dis n skok al is dit nie iemand wat jy ken nie, dis steeds ons eie mense.

Dankie Maroela vir berigte- dis wat werklik aangaan waaroor julle berig. Dankie. Ons bid vir elkeen en wil vra, hoe gaan dit met die jong pappa en ook die jong pa wat kritiek was na n aanval in n luukse oord se chalet waarin sy swanger vroutjie gesterf het aan meswonde? (Hul was oppad na n troue)Ons bid vir hulle- ma hoor nooitweer van hulle na die eerste berigte nie. Baie dankie-al is dit hoe vreeslik is dit beter om te weet as om nie te weet nie sodat ons vir mekaar kan bid.

Anti Crime ·

Mooi woord : boosdoeners. Gemors sal jou doodmaak vir niks. en dan is hulle boosdoeners. Moenie meer in die donker ry as jy nie hoef nie, die boosdoeners soek geld en jou selfoon! En hulle sal moor om dit te kry.

Erica Roos ·

Ek is die ma van JC en ek wens ek kon vir Harry en Megan hospitaal toe vat sodat hulle kan sien hoe gebreek le my kind daar want dis net in hierdie land wat sulke dinge gebeur en dit moet na buite toe gaan en almal in die res van die wereld moet sien hoe word mense deur hulle eie mense behandel maak nie saak wat is jou velkleur, kriminele regeer die land en nie President Ramaphosa, my vraag is ja hy kry die beste behandeling maar gaan hy geestelik weer dieselfde jongman wees wat ek geleer het om nie te haat nie en almal met die nodige respek te hanteer

Mads ·

En so is mens al te bang om op die paaie te ry.
Ons bly in PRetoria en al ons familie in PE, wil graag Desember gaan kuier maar ek het hierdie ewige vrees vir die paaie.

Gerda ·

Mense, julle weet mos julle kan nie so in aande op ons paaie meer ry en veilig voel en wees nie. Mens kan nie meer so iets doen in ons land vandag nie. Baie sterkte vir julle. Hoop op gou beterskap.

Zelly ·

Selfs in die dag…is ons paaie gevaarlik. Ons bid vir die familie. Mag God jul seen

Zelly ·

Mag God die jonge pappa spaar!! Ons bid vir julle. Ons kan in Die kamstige nuwe SA slegs op God en nie meer op SAP staat maak.

Ag tog ·

Ek wonder hoekom ons dinge moet aanspreek waarvan ons geen kennis dra nie. Weet ons wat die omstandighede was wat gelei het dat hul hulself op die pad vind daardie tyd van die oggend? Partykeer moet mens doen wat jy moet doen. Wens eerder net sterkte toe, om aangespreek te word oor wat hul “verkeerd” gedoen het is werklik nie hulpvaardig nie. Baie sterkte aan die Roos gesin, jul is in ons gebede.

Anni ·

Dalk ‘n simple vraag… Kan ons nie begin eise instel teen Bakwena nie? Of selfs die ANC? Hulle het totaal beheer verloor, sekerlik mag families eise instel in gevalle soos die? As a prokureur dalk kan antwoord? Iewers moet iemand begin verantwoordelikheid aanvaar?

Spiekeries ·

Bedags die taxi-missiele en kapers en snags die sg. boosdoeners.? Nou wanneer moet jy dan ry? Nee wat, SA is in sy blikkies in!

Kortpad ·

Dit gebeur gereeld. Daar gaan niks van kom nie. Dis maklik om te se dis gevaarlik om in die aand of vroee oggend ure te ry en hulle behoort van beter te geweet het. Ons atlete wat van Rustenburg af Pretoria toe ry 3uur in die oggend het geen Ander keuse nie, die race begin 6:30. Die N4 is glad nie veilig nie. Jy moet dink vir die ander verkeer en nou nog vir jou lewe vrees as jy onderdeur n brug ry. Die land is in oorlog. Almal gaan mekaar uitmoor. Hier gaan niks oorbly nie. Die wereld is mal.

Koos de Meyer. ·

Dit bewys maar net weer hoe siek het die samelewing geword. Hy sal nie die nood dienste bel nie want hy het met opset dit gedoen. Poging tot moord.

Willemien du Plessis ·

Baie sterkte aan JC en sy gesin; ons bid vir spoedige en volkome herstel.

PJC ·

Al wat ń mens moet doen om die polisie v8nnig op die toneel te kry as jy hulle bel is om te sê dat jy self die oortreder gsal moet skiet as hulle nie dadelik kom nie dan is hulle binne minute op die toneel. Miskien het dit iets te doen met die kleur van die oortreders maar nogtans werk dit elke keer.

Willemien du Plessis ·

Maroela Media

“… het ‘n ander motoris ook ‘n klip in die pad getref…” werk nie so lekker nie…

Tinus ·

Maak net asb n klag van moord oop !! Sterkte vir julle ! Ons dra julle op in ons gebede ????????

Keelvol ·

Miskien moet ons gewone padgebruikers die hele land se hoofpaaie op n dag toeblok en die hele ekonomie skud-
Die regering moet besef hul het n verpligting om paaie veilig te hou –
Die weermag wat sit en niksdoen behoort paaie te patroleer- veral die N2 Somerset Wes.

Attie. ·

In watse land woon ons? Die volgende is dat ons liewers nie na sononder moet ry nie. Misdaad, Eskom, NGV en alle wette wat teen ‘n minderheidsgroep ingestel word gaan maak die minderheidsgroep nog minder gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.