Malema het vlugtig in die hof verskyn en daar is bevestig sy verhoor sal van 4 tot 6 Julie plaasvind.
ʼn Dagvaarding is in Oktober by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, aan Malema beteken. Hy is versoek om in die hof te verskyn op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging van EFF-ondersteuners om grond te beset.
Malema word aangekla vir sy beweerde verontagsaming van die Wet op Oproerige Byeenkomste. Die aanklagte hou verband met twee voorvalle van die onwettige besetting van grond.
Die eerste voorval was in Junie verlede jaar, naby Madadeni in Newcastle, waar Malema glo EFF-lede “aangehits, beveel of gekry het” om onwettig grond te beset. Die ander voorval was in Desember 2014, naby Mangaung in Bloemfontein.
Malema het tydens ʼn vorige hofverskyning aangedui hy gaan ʼn hooggeregshofaansoek indien om die Wet op Oproerige Byeenkomste ongrondwetlik te laat verklaar. Volgens Malema is dit ʼn apartheidswet.
Malema het in Januarie sy ondersteuners aangemoedig om op 6 April (voorheen Van Riebeeckdag) onbesette grond landwyd te beset. “Op 6 April sal alle takke van die EFF aan die grondbesettingstryd deelneem. Hierdie aksie onderstreep die dringende behoefte in die land om die grondkwessie op te los deur grondonteiening sonder vergoeding vir gelyke herverdeling,” het Malema gesê.
Die sakeregtewaghond AfriSake het egter teruggekap en ʼn harde en duidelike boodskap aan Malema gerig: “Tree buite die wet op en julle sal deur die harde kant van die gereg verwyder word,” het Stefan Pieterse, AfriSake se woordvoerder, gesê.
Hy het gesê AfriSake sal die hooggeregshof op 7 Maart vanjaar nader om ʼn interdik te kry om Malema te verbied om sy ondersteuners en EFF-lede aan te moedig om eiendom te beset.
Die VF Plus het ook ʼn waarskuwing aan Malema gerig en gesê hy speel met vuur. “Suid-Afrika is ʼn grondwetlike demokrasie waar private grondbesit beskerm word en enige ontneming of onteiening daarvan sal moet plaasvind binne die wetlike raamwerk wat daarvoor gestel is. Indien daar met geweld opgetree gaan word om grond te beset, moet die EFF en sy ondersteuners daarvan kennis neem dat grondeienaars ook geweld sal gebruik om hul eiendom te beskerm,” het Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.
Dit is tyd dat hy in die bek geruk word. Verwaande vent.
Baie plase word deur skuld bedryf. Die bank is die eienaar totdat die skuld afgelos word. Wanneer sal hy dit tog besef? Sy eie skuld dat hy sy plaas verloor het deur belastingontduiking. Nou wil hy mense opsweep sodat hul alles mahala wil he.
Wish maar die man lyk of hy ook op die ‘Bantin’g diet is…
Hy word versoek om in die hof te verskyn. Hy word dus gevra om in die hof te verskyn.
Ek en jy sal gebied word (sonder keuse) om in die hof te verskyn.
So waar! Die vent raak nou n Meneer
Ek kan net ni verstaan hoe word sy sake altyd so uitgestel ni. Dagvaar al Oktober uitgereik en vehoor kom eers july voor. Hoe dan so!!! Is dit vi tyd in sy guns of wat?
Wanneer gaan jy wakker skrik julius? Bekeer:-)
Ten minste het hy respek vir die hof met sy voorkoms in teenstelling met die parlementsopening.
Kan die man nie vir n slag skuldig bevind word en tronk straf kry nie. Hoe moeilik kan dit wees?
Word meer beskerm as renosters
Hy verkondig maar net SAKP, ANC, DA se doelwitte!
Hoop hulle vind die onselfsugtige geraamte skuldig, dink genoeg is nou genoeg boetie
wat gaan julle nou doen ?zuma gaan grond wat sonder vergoeding en dit gaan goedgekeur word in die parlament wat nou maroela ,gaan julle die brief plaas of ook afskiet
Dis duidelik dat die ANC gatvol is vir Malema, want hulle laat toe dat hierdie sake voort gaan. Een van die dae sit hy in n ander parlement met n oranje oorpak aan.
Word groot seuntjie!!!!