Juwelierswinkel in gewilde kusdorp beroof

(Foto ter illustrasie: Unsplash)

’n Juwelierswinkel by ’n bekende winkelsentrum in Umhlanga Rocks in KwaZulu-Natal is Woensdag helderoordag beroof.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ’n voorval van sakeroof ondersoek.

“Daar word beweer dat vyf verdagtes die sakeperseel binnegestorm het en met hul vuurwapens gerig, juwele geëis het. Die verdagtes het in hul wegkommotor van die toneel gevlug,” het Netshiunda aan Maroela Media gesê.

Volgens die veiligheidsmaatskappy Marshall Security het sy reaksiebeamptes omstreeks 11:15 inligting van die rooftog ontvang.

Beamptes is kort daarna na die toneel ontbied.

“Ooggetuies het aangedui dat ’n aantal verdagtes wat met hoëkalibervuurwapens gewapen was, die prominente juwelierswinkel binnegestorm het. Ongelukkig het die verdagtes die rooftog suksesvol uitgevoer en met ’n onbekende hoeveelheid waardevolle juwele in ’n onbekende voertuig gevlug,” het Marshall Security op hul webwerf gesê.

“Daar is gelukkig geen beserings aangemeld nie, maar personeellede het aan erge emosionele skok gely. Paramedici van Netcare 911 en beamptes van die Durban-Noord-polisie was ook op die toneel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tanya ·

Dis min wat sulke plekke suksesvol beroof word, sonder dat sekuriteit of polisie opdaag, ek dink daar is dalk meer omtrent die storie, iemand van binne (of sekuriteit of die Juwelierswinkel, wat iets meer weet), indien nie, raak hierdie skelms beslis baie goed in wat hulle doen, want haar fyn beplanning is beslis baie belangrik in die geval veral waar 5 mense betrokke is.

Marcello ·

Dit gebeur gereeld in George se midde-dorp, ‘n bekende juwelierswinkel is al ‘n paar keer beroof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.