Kaapse kroeg ontken bewerings van rassisme

Betogers se plakkate voor Hank’s Olde Irish-kroeg in Kaapstad. (Foto: EFF/Twitter)

Die eienaars en personeel van ’n kroeg in Kaapstad het vandeesweek dreigemente van intimidasie, geweld en die beskadiging van eiendom ontvang nadat die kroeg van rassisme beskuldig is.

Die bestuur van Hank’s Olde Irish-kroeg in Breëstraat sê egter dié dreigemente is gegrond op “ongegronde en onbewese derdeparty-inligting en beskuldigings”.

Na bewering is ʼn swart man die afgelope naweek toegang tot Hank’s Olde Irish geweier omdat hy glo nie deur ’n wit persoon vergesel is nie. ’n Uitsmyter het hom glo by die deur meegedeel dat dit die kroeg se “beleid” is.

’n Video waarin ’n vriend van die vermeende slagoffer die eienaar van die kroeg oor dié bewerings konfronteer, het sedertdien op sosiale media die lig gesien. Die wydverspreide video het die EFF – en talle ander groepe – reeds die josie in en verskeie lede van dié party het Dinsdag na die kroeg opgeruk.

Dit het die instelling genoop om sy deure tydelik te sluit. Die eienaars van die kroeg sowel as die vriend van die slagoffer het intussen klagte van aanranding teen mekaar by die polisie aanhanging gemaak. Daar is egter geen aanranding op die video op sosiale media te sien nie.

Daar kan wel in die video gehoor word hoe die vermeende slagoffer se vriend aan die eienaar van die kroeg sê dat hy geen reg het om teen iemand op grond van hul ras te diskrimineer nie. “Dit is ’n misdaad.

“Weet jy waar jy leef? Jy leef in Suid-Afrika waar ons ’n diep en pynlike geskiedenis van hierdie [soort ding het].”

Die eienaar hou in die video vol dat hy nog nooit voorheen só ’n klagte ontvang het nie en vra dan een van sy personeellede om dit te beaam.

“Die eienaars van Hank’s Olde Irish wil dit weereens kategories stel dat ons as die eienaars in ons bedryf van ondernemings in Kaapstad oor die afgelope 30 jaar, sowel as ʼn geregistreerde organisasie sonder winsbejag, nog nooit ons personeel opdrag gegee het om op enige gronde hoegenaamd te diskrimineer nie, hetsy op grond van geslag, seksuele oriëntasie of ras,” lui ’n verklaring van die kroeg wat sedertdien op hul deur en Facebook-blad geplaas is.

“Ons wil ook op rekord plaas dat ons uiters bekommerd is oor die welstand en veiligheid van ons personeel. Ons sal daarom geen verdere kommentaar lewer terwyl ons besig is met die vereiste interne dissiplinêre proses met betrekking tot hierdie ernstige aantygings nie.

“Laat asseblief toe dat die behoorlike prosesse hul verloop neem. Ons is vol vertroue dat die feite ons van hierdie valse, aanstootlike en skadelike bewerings sal kwytskeld,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Harley Davidson ·

Hy moet net by die regte plekke kom dreig dan sien jy hoe vinnig hardloop hulle soos wat die geval in Brackenfell was.

Amanda ·

Ek het jare gelede die fliek Idiocracy gekyk en my genade … op daardie stadium was dit maar n simpel fliek …. nou besef ek dit was n blik in die toekoms in

Casper ·

Hoekom het lede van die eff net een oog wat net sien as blank teen swart diskrimineer of hou hulle maar die ander oog met opset toe om nie te sien hoe swart teen blankes diskrimineer nie.

Jaco ·

Daar bestaan nie iets soos swart diskriminasie teen blankes nie. Die polities korrekte reëls is dat rassisme net ‘n eienskap van blankes is en dat enigiets wat lyk soos rassisme teen blankes eintlik maar net ‘n regverdige terugkry vir apartheid is.
Let wel: dis nie ek wat so sê nie; dis maar net die harde werklikheid van dié simpel anti-wit SA.

Lollapop ·

Ek wonder of hul werk het of sit hul en wag vir iets om oor te betoog

Lodewicus ·

Wonder self wie het dit vir hulle geskryf, want ek sien geen spelfoute nie.

skurweberg ·

Ek het groot simpatie met ouens met besighede. As jy in SA . nie meer weet wie vriend of vyand is nie skep dit onoplosbare probleme, behalwe as jy jou laat lei deur wetenskaplike statistiese inligting wat moord, bedrog , diefstal ens. aanbetref. Geen buitestaander of klient kan jou voorskyf oor hoe jy jou besigheid moet beskerm nie.

Kobus ·

As dit in Pofadder sou wees kon mens dit nog glo maar Kaapstad? Kom nou. Vreemd dat niemand kla oor sekere organisasies soos die prokureursorde wat blankes uitsluit, so ook die besigheidsforum ens. Dit is maar aanvaarbaar

Niklaas ·

Dis opwindend vir verveelde moeilikheid makers om valshede te skep en sien wat gebeur. Dit gebeur baie . Ons kan maar net wag vir die volgende van hierdie klas voorvalle.

Nettie ·

Ek het die video gesien. Die persoon het net beskuldigings geslinger, sonder bewyse, en elke keer as die eienaar/bestuurder wou praat hom stilgemaak en gesê hy sal sê wanneer hy mag praat. Na 2 minute het hy, maar die video afgesny toe die eienaar of bestuurder wou praat. Dit kom dus half “gestage” voor.

Wildemien ·

Selective video’ing. Maar net nog een van SA se vele siektes.

Catantho ·

Die Logan-man is ongelukkig op die randjie van histerie in al die videos – so ongelukkig gee hy nooit die eienaar kans om sy saak te stel nie. Baie eensydige beeldmateriaal.

Terselftertyd, as die ondersoeke ens uiteindelik afgehandel is, en die eienaar het wel sulke maatreels in plek, verdien hy al die kritiek.

Schalk ·

Stem saam. Logan wou dalk net homself gewild maak om saam EFF op koerante te pryk.

Old no7 ·

En die pers en joernaliste het weer ń ou eff rassistiese storie om na te jaag….

Oosie ·

Daai mense vlug van hul eie kuier plekke omdat hul hul lewens vrees, nou aan die ander hand hoop eff kom tot my redding, as ek by tavern instap in die middel van die township.. gaan ek uitgejaag of vermoor word..

Pietertjie ·

Dis ál wat nodig is om die boendoe-lont aan te steek: ‘n onbewese (vals) BEWERING; ‘n vinger-wys.

Wildemien ·

Die EFF is soos stout kinders. Hulle optrede word alleenlik deur emosie gedryf; daar is selde enige feite.

Gert ·

O genade. Nou het die ANC se attack squad OBA Julius en kie, al weer n’ kans gekry vir media bloodstelling.

Antie Sarie ·

Waarom kry ek die gevoel hierdie is beplan en staged?

Retha ·

Man hou op om julle oral te wil inwurm-gaan na jou eie kroeg toe!!! Sien julle ons dit doen??? Sien julle ons julle beroof en doodmaak?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.