Kaapse teater een van wêreld se bestes

Die Labia-teater. (Foto: Facebook/The Labia Theatre)

Time Out-tydskrif het die Labia-teater in Tuine, Kaapstad, as een van die top-50 mooiste teaters ter wêreld aangewys.

Die Labia-teater is in die 14de plek op die lys, wat teaters soos die Curzon Bloomsbury in Londen, Brittanje (47ste plek), die Golden Age Cinema and Bar in Sydney, Australië (39ste plek), die L’Odyssée in Strasbourg, Duitsland (29ste plek), die Stella Cinema in Dublin, Ierland (16de plek), en die Cinema Dei Piccoli in Rome, Italië (sesde plek), insluit.

Volgens Time Out is die top-drie-teaters ter wêreld die Pathé Tuschinski in Amsterdam, Nederland (eerste plek), die Le Grand Rex in Parys, Frankryk (tweede plek), en die Village East Cinema in New York, Amerika (derde plek).

Die Labia-teater is een van Suid-Afrika se oudste alternatiewe teaters. Bekendes soos John Cleese, Werner Herzog, Matt Damon en Salma Hayek het al by die Labia-teater ʼn draai gemaak.

Volgens die teater se webwerf is dit in Mei 1949 geopen deur prinses Labia as ʼn teater vir regstreekse uitvoerings. Die afgelope vier dekades word die teater as ʼn fliekteater vir alternatiewe rolprente aangewend.

Die teater kon danksy openbare skenkings en die Digital Gold Fund oorskakel na digitale projeksie en spog met uitstekende klank- en beeldgehalte terwyl hy sy unieke sjarme behou.

Kyk hier na die volledige lys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hildegard ·

My allergunsteling plek om te ontsnap van die rot-resies!

Misky ·

Ai MM, julle weet ook net hoe om ons nuuskierig te maak….. Pleks julle plaas so bietjie meer fotos laat ons kan sien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.