Kaapse Vlakte brand oor afsonderingsregulasies

‘n Vragmotor wat met klippe bestook is.

Die polisie het Steve Tshwete-weg in Khayelitsha Donderdagaand gesluit nadat betogers, wat oënskynlik ontevrede is met die voortgesette afsonderingstydperk, die strate ingevaar en dit met brandende rommel versper het.

Die polisie het ook die pad tussen Govan Mbeki- en Walter Sisulu-rylaan gesluit.

Naby die Samora Machel- informele nedersetting is voertuie met klippe bestook, het Wayne Dyason, woordvoerder van die wetstoepassingsdienste in Kaapstad, gesê. Motoriste is gemaan om ander roetes na Mitchells Plain te gebruik.

Betogings teen die Covid-19-afsonderingsregulasies en onderbrekings in dienslewering op die Kaapse Vlakte duur nou al weke lank. Woensdag het betogers motorbande in die Ramaphosa- informele nedersetting in Gugulethu aan die brand gesteek.

Inwoners eis dat die afsonderingsregulasies verslap word. (Foto: Brenda Magaar/ANA)

Gugulethu en Philippi is deel van die Klipfontein-distrik wat teen Donderdag 1 379 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus gehad het. Khayelitsha het 1 591 bevestigde Covid-19-gevalle. Verreweg die meeste van die land se bevestigde Covid-19-gevalle is in die Wes-Kaap, waar die algehele provinsiale getal op 12 153 staan. Tot dusver het 235 mense in die provinsie weens die virus gesterf.

Daar is toenemende kommer oor die stygende koers van Covid-19-oordrag in die provinsie. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het gesê die streek nader nou die kruin van infeksies – ʼn paar weke voor die res van die land.

Die toename in gevalle kom ook te midde van toenemende druk op pres. Cyril Ramaphosa, ook deur die provinsiale regering, om die afsonderingsregulasies te verslap en die ekonomie oop te stel.

Ramaphosa het voorgestel dat streke met hoë Covid-19-getalle op vlak 4 van die afsonderingsregulasies gehou word, terwyl die res van die land na verwagting teen die einde van die maand na vlak 3 afgewentel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Tino ·

Natuurlik is dit, DA provinsie word deur die ooskaap ingevoerde anc ondersteuners afgebreek want die ANC probeer die DA aan die pen ry hier

Erica ·

Wens ek was daar. Ek is nou moeg vir hulle zol rol en knor knor op tv. Hulle rol seker eers hulle bene en vra hul voorvaders wat om te doen.

capie ·

Dit is onmoontlik om in ‘n area wat so dig bevolk is te keer dat die virus versprei. Ongelukkig is die geografie van Kaapstad nie van so ‘n aard dat jy die ruimtes reg om jou het , soos in die binneland, om met meer ruimte (minder dig) uit te brei.

Janine ·

Ruimtes in GP? JY is vrek snaaks. Een van die kleinste provinsies, met die meeste mense!

Fedup ·

That protesters will be responsible for cleaning when the tantrum is over.

Jaco ·

swart mense betoog teen afsondering. UITEINDELIK. Ek hoop Cyril luister darem na die gekla van sy eie mense, sy “our people”

Jan ·

Van die afsondering begin het . Het suid africa miljoene verloor. Die wat die meeste verloor het in die mense wat vir die anc gestem het. Als wat hulle beplan en uit vowr is om hulle eie nasie te straf. Nou in die tyd van nood kom al die anc se sondes uit. Hulle kan nie lewer wat hulle beloof nie . So hoop die mens stem reg in die toekoms

Willem ·

Ja nee hier kom groot moeilikheid nou lees ek op news 24 ndz wil die rook en drank eers laat los kom op vlak 1. Sy ken nie die vlakte se mense nie

Jacobus ·

Hoe flipen naief kan die space cadets tog nie raak nie. Hoe meer jy toets hoemeer positiewes. Gauteng se reagense vir toetse het opgeraak – nou daal hulle gevalle – jipee. Bevrees stupidity vier hooggety. En weer ly die armstes en hongerstes – maak seker nie saak nie solank “ons” net ‘die permitte kan reguleer.

Aai ·

Hoekom kry ek die gevoel die staat gebruik die pandemie om mense op te sweep en teen mekaar te laat draai?

Raadslid ·

Hoe het dit gebeur dat strate in Wes-kaap ANC name gekry het?

Stefan ·

Dis niks nuut nie, die kaapse vlaktes brand altyd, net soos die treine.

Pieter J ·

Raadslid die strate in Kaapstad het ANC name gekry omdat die DA ook maar ń spul liberaliste is.

Chrisp ·

Steve Tshwete-weg, Govan Mbeki, Walter Sisulu-rylaan , Samora Machel, Ramaphosa- informele nedersetting,.

Met sulke name maak alles sin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.