Drie dae na ʼn verwoestende brand in die omgewing van die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad uitgebreek het, is dit grootliks in bedwang gebring.
Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstad-brandweerdiens, sê die meeste brandbestrydingspogings is nou in die omgewing van Deer Park en die Disapark-torings in Vredehoek.
Talle mense in dié omgewing moes hul huise verlaat.
“Reddingspanne het onophoudelik gewerk en die wind het aansienlik bedaar, wat hulle minstens ʼn blaaskans gegee het,” sê Carelse.
Nuwe spanne en tydelike brandbestryders sal om 09:00 by spesifieke brandpunte ontplooi word.
Smoke and smog on #TableMountain and in the #CapeTown city bowl this morning.
The wind has markedly calmed down and this should be a big help in the dowsing of the last of the #CapeTownFires. pic.twitter.com/UlHCyaOWsM
— Weather Master #sangomasezulu (@JoelGuy_) April 20, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
so hartseer so mooi land alles is aan die brand van mooie Kaapstad tot n polisie njala Ai