Kaapstad gaan appelleer teen ‘gevaarlike’ hofbevel oor grondbesettings

Honderde mense neem vroeër deel aan ʼn grondbesettingsbetoging in Ou Paarlweg naby Bloekombos in Kraaifontein. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, het die stad se regspan opdrag gegee om te appelleer teen ʼn bevel van die Kaapstadse hooggeregshof wat die stad verbied om sy grond teen besetters te beskerm.

Plato sê die Menseregtekommissie (MRK) en die EFF het die hof spesifiek gevra vir ʼn bevel wat grondeienaars verhoed om hul reg uit te oefen om leë, onbewoonde strukture te verwyder as ʼn manier om hul eiendom teen besetting te beskerm.

Kaapstad het sedert 1 Julie meer as 55 00 onwettige strukture in nagenoeg 30 verskillende gebiede in die metro verwyder en volgens die stad is meer as 100 verskillende voorvalle van grondbesetting aangemeld.

“Die stad se optrede is nodig en belangrik om te verseker die wet word afgedwing en om openbare grond, wat bedoel is vir dienste, behuising, gemeenskapsfasiliteite, skole en vervoerdienste, te beskerm,” het Plato gesê.

“Die stad verwag dat pogings om grond te beset na dié beslissing gaan toeneem.”

Volgens Plato gaan die toestaan van ʼn hofbevel wat die stad verhoed om openbare grond sonder ʼn hofbevel te beskerm veel verder as wat die Grondwet en wetgewing oor die voorkoming van onwettige uitsettings bepaal.

“Dit skep ʼn gevaarlike presedent vir alle grondeienaars. Indien dit onbetwis bly, gaan die bevel dit bykans onmoontlik vir grondeienaars maak om hul eiendom teen onwettige besetting te beskerm en om te verhoed dat mense huise – selfs al is dit onwettig – op ander se eiendom oprig.”

Die stad sê die verreikende gevolge van die “grootskaalse georganiseerde grondbesettings” wat hy die afgelope ruk gesien het, gaan verwoestend wees vir Kaapstad, sy gemeenskappe en inwoners in die algemeen.

Die MRK se hoofaansoek, wat in Oktober aangehoor word, vra die hof spesifiek om te bepaal dat teen-spoliëring onregmatig verklaar word en dat die gemenereg daaroor gewysig word. Die applikante vra ook vir ʼn bevel dat alle bestaande hofbevele wat dit toelaat, geskrap word.

“Die uitwerking hiervan op munisipaliteite landwyd en die land in geheel gaan beduidend wees. Alle metro’s, asook grondeienaars landwyd, gaan geraak word.”

Plato sê die howe gaan oorval word deur aansoeke van grondeienaars wat dringende en onmiddellike uitsluitsel benodig oor of ʼn spesifieke struktuur bewoon is en onderhewig is aan ʼn uitsettingsbevel ingevolge die Wet op Grondbesettings. Hy sê teen die tyd dat die kwessie in die hof aangehoor word, gaan die grond weens onwettige besetting verlore wees. Mense wat nie kan bekostig om die howe te nader nie kan hul grond weens onwettige besettings verloor.

“Indien dit suksesvol is, kan die MRK se hoofaansoek – waarby die EFF aangesluit het – die deur open vir onwettige grondbesettings wat lei tot ʼn gebrek aan wet en orde.

“Openbare grond wat bestem is vir behuising, gesondheidsorg, skole, vervoer en basiese dienste gaan permanent verlore wees weens onwettige grondbesettings met verwoestende gevolge.”

Dit kan selfs beteken dat openbare grond tot so ʼn mate beset word dat dit die staat se behuisingsplanne heeltemal ondermyn omdat daar geen manier gaan wees om enige grond teen besetting te beskerm nie.

Plato sê die stad gaan voort om tussentydse verligting vir wetsgehoorsame burgers te verseker en gaan ook die MRK en EFF se hoofaansoek in die hof teenstaan.

“Die stad het sterk gestaan teen onwettige besettings oor die afgelope ses weke. Ons gaan nie nou die stad se inwoners versaak nie en ons gaan optree om grondbesettings te voorkom tot die bevel hersien is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Andre ·

Nee wat mense.As enige ou op enige plek kan plak sonder enige vervolging of verwydering gaan julle chaos in die hoogste rat sien.Dit gaan mense van alle rasse na wapens laat gryp en binnekkort gaan die bloed vloei.Kom ons hou duim vas dat logiese denke hier sal seevier en die hof dit ook so sal sien.

Petrus Johannes ·

Ons weet dat die howe net daar is om onwettige dinge te beskerm.Ek het GEEN vertroue in enige hof nie.En nog minder in mrk

Simon ·

Hierdie ding sny baie dieper as wat ons dink. Volgens my is dit ‘n beplande strategiese besluit van die MRK en EFF om die weg te baan na ‘n algehele oorname van die Wes-Kaap om moontlike afstigting in die toekoms te fnuik. Malema is slinks. Hy het meer mag in die vorm van afpersing van korrupte politici en amptenare om sy agendas te verwesentlik. WORD WAKKER EN BEGIN NOU IETS DAADWERKLIK DOEN AS JY VIR JOU GEBOORTLAND OMGEE EN JOU VEL DIE KLEUR VAN HIERDIE AGTERGROND IS!

gatgogga ·

Piet
1. Sluit aan by ‘n organisasie soos bv. Afriforum of Solidariteit, en maak ‘n bydrae. Enige organisasie wat hom beywer vir die sinvolle voortbestaan van jou kinders.
2. Voeg jou stem by jou keuse van organisasie wat hom beywer vir afstigting – dit kos jou niks, maar jou stem kan dalk tel.
3. Deur instrumente soos hierdie gesprekrubriek op Maroela, maak positiewe konstruktiewe opmerkings – dit gee mense moed om nie oor te gee nie.
4. M.a.w., neem deel aan enige aksie sodat ons almal kan leer om saam te werk.
5. Besef dat bid alleen nie meer gaan help nie – dis te maklik.

Frank ·

Gatgogga, ek stem saam met al jou punte maar miskien moet ons JUIS meer bid. Dink ons land is al in so ‘n gat, dat ons juis opgehou bid het vir uitkoms.

Wondermaarnet ·

Ek betaal eiendomsbelasting vir my erf dus sal ek kies wie daar bly en wie nie. Die staat gee my niks en ek betaal my belasting getrou.

Jakes ·

Natuurlik is dit n belaglike hofbevel wat weereens die geloofwaardigheid van ons regstelsel in gedrang bring. Wat verhoed nou die onwettige besetters om die hofgebou en die hof self te beset? Gaan die regter dan nog steeds sy uitspraak handhaaf?

Jaco ·

Geld die verbod teen uitsettings net in DA-beheerde munisipaliteite, of oral?

Persheks Adri ·

Ek is baie jammer, maar hierdie is MY huis nie die bank se huis nie! Glo my jy plak nie hier nie en SAL gesien word as ‘n oortreder op MY eiendom!!!

Oros Soros ·

Die hoogeregshof het die land gefaal met hul uitsprake rakende die geldigheid van die ongrondwetlike regulasies uitevaardig in terme van die Rampbestuurswet. Ek verwag ook nie enige verandering hier nie.

Joggie ·

Baie duidelik dat meeste regters nie reg spreek nie, maar die terroriste se beleid wil afdwing!

AndrewL ·

Ons howe het die vyand van die gemeenskap geword. Howe maak uitsprake wat wette verander ten koste van wetsgehoorsame mense.

Kyk na verskillende situasies; 1. Huurders van eiendom word beskerm terwyl die eienaar benadeel word. As die huurder nie meer kan of wil betaal nie, moet die eienaar vir hom ander verblyf kry en moet duisende spandeer aan regskoste. 2. As ‘n plakker meer as 48 uur op ‘n perseel plak, mag jy hom nie verwyder nie, maar moet jy duisende spandeer aan uitsettingskostes – dit terwyl die plakkery toeneem. 3. Die hof beslis skielik dat dit wettig is om dagga te rook, en dan moet die wette verander. As die regering die wet verander, moet daar konsultasie wees, maar die howe sê en jy moet spring.

Daar is nog ander voorbeelde ook

Piet ·

En Malema lag van oor tot oor. Hoe meer chaos hoe harder lag hy.

annie ·

Enigeen wat nog droom oor ‘n lappie vir terugkerende ossewaens moet gerus Google Earth gebruik en die 35++=plakkerkampe besigtig wat oraloor die Kaapse valleie pryk want dalk net kry julle die kans om daai provinsie te bestuur wanneer die regering se beursie leeg is.

Hoekom ·

So as die gebou nie leeg staan nie en daar bly iemand in die gebou, dan mag ons dit skraap en verwyder. Fair enough…

Frank ·

Hoe kan ‘n regter in die hooggergshof ooit so ‘n besluit neem? Dis mos malligheid!! Hoe kom daardie regter in daardie posisie? ‘n Blinde kan insien dat dit tot anargie sal lei.

Martie Smartie ·

Kaapse Hooggeregshof is bekend vir swak uitsprake. Niks nuuts nie

Carina ·

cANCer bring mense by die hordes in die Weskaap in en verskaf gratis plate en hout om hulle hokke op te slaan net waar hulle plek kry. Ry maar langs die Strandfontein pad tussen Somerset en Vishoek. Die hoeveelheid hokke wat oor die laaste paar maande bygekom het is skrikwekkend. Dis nou een groot plaat hokke tussen Somerset, die see en die N2. Miljuise van hulle. Om nie te praat van Houtbaai en om Stellenbosch nie.
Hulle wil seker maak die DA verloor die Weskaap. Dis wat hulle wil hê. Dan het ons ‘n kanker wat nooit uitgeroei sal word nie. Ek sê breek af, brand af, enigiets, moet dit net nie toelaat nie!!!

Miskruier ·

Binnekort is daar soos in Limpopo dorpe nie meer genoeg elektrisiteit, water en die struktuur kan nie die exstra riool verwerk nie.

Mariana ·

EFF is ook altyd betrokke by onwettighede en hulle is beslis opstokers.

Andre ·

Ek sé weer; ons praat en praat en vertel mekaar daagliks van die ontwetlike optredes sonder dat enige noemenswaardige vordering gemaak word. Dit is hoogs waarskynlik dat die tipe optredes meer gewaagd en gevaarliker gaan raak ( dink skielik aan kantoorruimtes wat nou leeg gaan staan…..)
Ons sal nou so gou moontlik rondom ‘n leier wat kan onderhandel skaar en die regering en die wéreld oortuig dat selfbeskikking die enigste oplossing is om hierdie voortdurende konflik situasie te ontlont anders gaan ons bietjie vir bietjie ons ondergang sien

Nozi ·

Ai, ek wens die eff kan net so … poef …. in di lug verdwyn. Hul beteken niks vir ons land nie, breek, brand en moor net orals waar hul kom, maar as daar ‘n eier gele word is hul eerste daar.

saggiespraat ·

Kom ons almal gaan bly in die bos en bou die grootste mure om ons, plant alles wat geeet kan
word en hoenders en skape en leef net dag vir dag.

christo ·

Daar is ‘n slang in die gras. Die meeste grondbesettings of pogings tot grondbesetting vind skielik in Kaapstad Metro of in die Wes-Kaap plaas. Dáár moet in gedagte gehou word dat dit volgende jaar munisipale verkiesings is. Hierdie grondbesettings lyk asof dit georkestreer deur ‘n sekere iemand wat graag wil hê die DA moet nie meer Stad Kaapstad bestuur nie, want dis ‘n doring in die vlees vir sekere partye. Die vraag wat gevra moet word is wáár die groot menigte vandaan gekom het wat tydens grendeltydperk die uittog Oos-Kaap toe aangepak het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.