Kaptein vas wat glo opwekker op staat se rekening volmaak

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

ʼn 48-jarige polisiekaptein van Vryburg word van diefstal aangekla nadat hy glo op die belastingbetaler se rekening brandstof vir sy persoonlike kragopwekker gekoop het.

Kapt. Baile Mokgoro, verbonde aan die Vryburg-polisie, het Donderdag reeds in die landdroshof op die dorp verskyn waar hy op borgtog van R500 vrygelaat is.

Mokgoro is glo vroeër na ʼn vulstasie op die dorp waar hy ʼn staatsvoertuig laat volmaak het.

Hy het 40,14 liter brandstof in die staatsvoertuig ingegooi – teen ʼn bedrag van R926,43 – maar het glo ook brandstof ten bedrae van R577 vir sy eie kragopwekker op die staat se rekening gesit, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes.

“Die algehele bedrag wat die staat betaal het, het R1 503,45 beloop,” sê hy.

Die voorval is by die provinsiale teenkorrupsie-ondersoekeenheid aangemeld en Mokgoro is ná ʼn ondersoek in hegtenis geneem.

Intussen het lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris, die teenkorrupsie-ondersoekers vir hul spoedige optrede en die daaropvolgende inhegtenisneming geloof.

“Daar is nie plek vir oneerlike werkers in die polisiediens nie. Die optrede is só hanteer dat dit ook as waarskuwing vir ander dien dat onbehoorlike gedrag nie geduld sal word nie.”

Mokgoro sal na verwagting in Augustus weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marius ·

Dit is alles goed en wel , maar wat van saps voertuie wat gebruik word om persoonlike aangeleendhede te doen soos trek en mense rond te ry?
Is dit nie ook diefstal nie , vra maar net??

Di ·

Stem- Sien baie weermag bussies wat skool kinders oplaai na skool – Dink seker dis ‘n TAXI

Amelia ·

Uit op borg van r500 is seker n grap ook sekeer nie die eerste keer wat hy dit doen nie

Althes ·

Is hy nou deel van die 11,3 miljoen mense wie werkloos is en wat iewers in die raskwota ingedruk moet word. Hy het ñ werk gehad wat hy opgemors het.

Sarel ·

Semior Offisier wat veronderstel is om voorbeeld te wees en korrupsie/diefstal teen te werk.
Nou hoe verwag mens ‘n Konstabel moet die reguit pad loop..
Daar word ook.nie gemeld of die man tans onder skorsing is nie.
Vakbond is ook stil..

Suzette ·

In hegtenis geneem en op borgtog – so waarnatoe van hier af – gaan hy weer terug werk toe of is hy nou op die kortlys vir die parlement?

SjN ·

En daar gooi hy sy hele loopbaan weg vir 25 liter brandstof, was verseker nie die eerste keer nie.

Casper ·

Ditt moet as waarskuwing vir ander dien..As al die waarskuwings ter harte geneem is deur lede sou daar minder misdaad onder polisielede gewees het,dit het nie afgeneem nie.Marius ja ek sluit by jou aan.Polisievoertuie word gebruik om skoolkinders rond te ry en dit word gebruik om kruideniers te koppel.’nPolisuelid ry 100 km om kruideniers te koop.Jy kan dit maar aanmeld,die antwoord,jy betaal nie vir die brandstof nie.

Petrie ·

Nou wonder ek…die hoeveelste keer waa dit al gewees? Kon verseker nie die eerste oortreding wees nie.
Volgende vraag…wie het hom verkla? Was dit n “eerlike” kollega wat dit gesien het?

Ockert ·

When I read the news and saw his name I was not surprised. Skelm is a skelm is a skelm!

Casper ·

Hoeveel kanne brandstof het hy volgemaak of het hy uit die voertuig uit brandstof getap.Dit is ook nie die eerste keer nie of hoe kaptein.Hoeveel ander is daar wat dit doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.