Kind verdrink in openbare swembad

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

ʼn 12-jarige seun het Maandagmiddag in ʼn openbare swembad in Durban in KwaZulu-Natal verdrink.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 13:10 na die toneel in Sydenham ontbied waar die seun bewusteloos in die swembad aangetref is.

Volgens Herbst het lewensredders die kind uit die water gebring waarna hulle noodhulp op hom toegepas het. Die kind het in dié stadium nie asemgehaal nie.

Paramedici het by die lewensredders oorgeneem. Die kind se toestand het egter ten spyte van paramedici se pogings verswak en hy is op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede rondom die voorval is onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.