Kinders erg beseer toe pa beheer oor kar verloor

Die pa het vermoedelik beheer van die voertuig verloor. (Foto: ALS-paramedici)

Twee kinders is ernstig beseer toe hul pa laat Saterdagaand in Durban beheer oor ʼn luukse sportvoertuig verloor en ʼn winkel langs die pad ingeploeg het.

ALS-paramedici is net ná 23:00 na die toneel in Alicestraat ontbied, waar hulle op ʼn bloedbad afgekom het.

“Dit lyk of die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en by die winkel ingery het. ʼn Jong meisie van omtrent 11 jaar oud is met die trefslag uit die voertuig geslinger en was in ʼn kritieke toestand,” sê ʼn woordvoerder van ALS-paramedici. “Gevorderde lewensondersteunende tegnieke is gebruik om haar te stabiliseer en sy is aan ʼn ventilator gekoppel voordat sy na die hospitaal gehaas is.”

ʼn Negejarige seun is nog in die voertuig gevind. Hy was ook in ʼn kritieke toestand en is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal geneem is. “Die bestuurder, wat ons vermoed die kinders se pa is, het net ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem.”

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ons wil jaag maar ons het geen idee hoe om oordentlik te bestuur nie.

Dries ·

Het dit weer gister (31 Julie) ondervind – Sperstrepe beteken jy kan n ander motor verby gaan. Ek was byna n slagoffeer.

chantelle ·

WAS SELFS GISTER OOK HELDER OORDAG AMPER 2 KEER SLAGOFFERS VAN N ONGELUK WAAR 2 PERSONE OP 2 VERSKEIE PLEKKE STOP STRATE GESKIP HET..

Robert ·

Dit word algemene gedrag. Rooi ligte en stoptekens het geen betekenis vir sommige bestuurders nie!!! Ek dink dit is skrikwekkend!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.