Kirkwood-onrus: Boere én gemeenskap ly onder geweldpleging

Die onluste in die omgewing van Kirkwood (April 2022) (Foto: Verskaf)

Die ironie van die wydverspreide geweldpleging in die landbougemeenskap van Kirkwood in die Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap is dat opstandiges klaarblyklik nie besef hulle vernietig hul eie vermoë om ’n inkomste te verdien nie.

Só sê Piet Mey, provinsiale leier van die VF Plus. “Die VF Plus het dié gemeenskap vandag besoek en is veral getref deur die erge en sinnelose vernietiging en vandalisme.”

Pakhuise vol pas geplukte produkte is in brande vernietig en woonhuise in puin gelê. Vrugte is in boorde gestroop en op die grond gegooi om te vertrap en takke van bome gebreek.

In sommige gevalle is hierdie skade só erg dat dit jare kan neem om weer in volle produksie te kom.

“Geweldplegers besef klaarblyklik nie hulle vernietig die ondernemings waarvan hulle en hul gesinne afhanklik is vir ’n toekomstige inkomste nie. Met die VF Plus se besoek vandag was daar ’n sterk en sigbare polisieteenwoordigheid in die gebied.”

Alhoewel daar gister ’n ooreenkoms met die werkers bereik is, was dit vandag duidelik dat die gemoedere nog hoog loop en die situasie steeds plofbaar is.

Mey sê in gesprekke met lede van die gemeenskap was dit vir die VF Plus duidelik dat baie vredeliewende mense wil terugkeer werk toe en ongelukkig is oor die wyse waarop ’n klein groepie die geweld en emosies bly aanjaag.

“Hulle besef deeglik dat die situasie hul werk en inkomste in die gedrang bring. Die VF Plus sal graag wil sien dat daar, soos met ander opstande van hierdie aard, vasgestel word wie agter die aanhitsing en geweldpleging sit. Hierdie mense misbruik gewone werkers en moet pa staan vir die skade wat reeds miljoene rande beloop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Christine ·

Wat interessant is, is dat die media skaars twee weke gelede berig het hoe wonderlik goed dit gaan met SA se sitrusbedryf, dat ons land een van die wêreld se beste en grootste uitvoerders van sitrus is, en toe gebeur hierdie stakings! Iemand sit beslis daaragter! Skielik het die EU ‘n spul nuwe reëls voor SA se sitrusboere kom neerlê wat geen ander land aan hoef te voldoen nie. Is dit net terloops? Ek glo nie, lyk my die aanval op ons sitrus boere strek veel weier as net plaaslik. Terloops, die aanvalle op ons Kirkwood-boere is nie klein groepies nie, tot groepe van omtrent duisend stakers het toegesak op die plase. Dis hartverskeurend dat sommige boere ALS verloor het waarvoor hulle dekades gewerk en opgebou het.

Johan ·

Daar is nie pille vir onnoselheid nie. As ek boer is srel ek nie een van daai opstokers weer aan nie

Frank John ·

Kyk maar net wie die rebelse partye in die land is en jy sal sien wie die aanhitsers is. Daar is nou maar eenmaal die mense wat nie verder as hul neuse kan dink nie. Hulle soek chaos. Hulle kan nie die son oor ander sien opkom nie en is hulle ook jaloers omdat hulle self nie sukses van hul eie lewens kan maak en nooit sal nie.

Pieter ·

Dink die geweld is beplan en gekoördineer deur die ANC/EFF. Verbasend dat die ANC en SAKP nie hul werkers betaal nie en sulke optrede as in Kirkwood is afwesig by Luthuli huis.

jzjz05 ·

Die waarheid wat ek dink kan ek nie sê nie anders sal ek toegesluit word.

Misky ·

Hulle sal nie ophou voor die hele land in as en puin lê nie. Ek gelees nog ‘n unie, Sanco sit agter die gemors en dryf dit.

Swerwer ·

As mens stupid en onopgevoed is, is dit maar moeilik om as mens te funksioneer

Madz ·

Ja nee wragtig – brand die bus vandag maar staan more by die busstop en wag vir daai einste bus om hom te kom oplaai. NET in Afrika!

Di ·

Hierdie is nie toevallig nie – Daar is ‘n sekere groep of politieke party wat hierdie gedrag aanhits. Soek die boere van die PLASE AF! Ons almal weet wie agter dit sit – hy verkondig dit elke dag openlik in die media

Nie Verbaas ·

En ANC en EFF is seker baie tevrede met verloop van sake. Mens kan nie anders dink as dat regering hulle best probeer om die land te vernietig nie. Absoluut alles is n gemors waaraan ANC en EFF vat.

Swerwer ·

Beslis is die heersende partye in hul skik ” hul maak goeie vordering met die vernietiging van SA”

Retha ·

Adders!! Ek bly liewer verder stil. Dis net hart verskeurend.

Jack ·

Hierdie anargie is die siek breinkind van zuma en sy russiese raadgewers. Al manier om nog relevant te wees is om geweld en korrupsie te pleeg. Sy natal is aangrensend en dit is waar hy as bendeleier sy omdersteuning het. Die regering versuim al 20 jaar om die boef agter tralies te sit en die boodskap is dat hulle weens betrokkenheid by zuma voete sleep en sal tot die dag van sy dood dit doen. Die britte het in 1902 ook in ons land die voorbeeld gestel met hul verbrande aarde beleid en ons terroriste het dit vinnig aangeleer. Hierdie geweld gaan net verder uitkring en slegs die
Anc kan daarvoor blameer word. Sterk polisiemag met geen genade vir geweldenaars is al oplossing. Gaan leer by jul Brics bondgenote hoe met die mense gewerk moet word. Wat is julle werd Anc?

Leana ·

ja nee die mentaliteit is net verstommend en geen denke vooruit nie. as jy iets afbrand gaan dit more net weer daar wees nie. …

Maritza ·

Dit gaan my verstand te bowe, as jy afbrand, dan gaan jy beslis jou werk verloor want dan is daar nie n werksplek nie?

Skuilnaam ·

Die arme ou VF Plus. Besoek ‘n gebied, lewer sinnelose kommentaar in die media, en vertrek dan van daar. Nes ‘n tandlose ou brak wat voor die hekkie staan en blaf. Sooo ‘n patetiese spul narre.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.