Klerksdorpman vas wat drank smous

Die polisie het Donderdag op die huis in Meiringspark in Klerksdorp toegeslaan. (Foto: SA Polisie)

Te midde van hernieude oproepe uit die drankbedryf dat die verbod op drankverkope vir tuisgebruik opgeskort moet word, gaan die polisie voort om toe te slaan op diegene wat ten spyte van die verbod steeds drank verkoop.

In een van die jongste voorvalle is ʼn 49-jarige man van Klerksdorp in Noordwes aangekeer nadat die polisie Donderdag op sy huis in Meiringspark toegeslaan het.

Sers. Amogelang Malwetse, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ʼn wenk gekry dat drank in die agterplaas gestoor en daarvandaan verkoop word.

Die polisie het beslag gelê op drank van sowat R125 000. (Foto: SA Polisie)

Die man het glo aanvanklik ontken dat hy enige drank het. Dit is opgespoor nadat die polisie die perseel deursoek het.

“Hy het later erken dat hy dit verkoop,” het Malwetse gesê.

Die man is ʼn boete van R3 000 opgelê vir die oortreding van die Rampbestuurswet, terwyl die polisie ook beslag gelê het op sowat R125 000 se drank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.