Klerksdorp-paar wat glo kinders mishandel, weer in hof

Klerksdorp Kindermishandeling

Van die min kos in die yskas. Sommige van die kos het ook reeds gevrot. (Foto: Verskaf)

ʼn Ma (21) en pa (38) van Klerksdorp in Noordwes, wat van kindermishandeling en verkragting beskuldig word, sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.

Die ouerpaar, wat volgens wetgewing nie geïdentifiseer mag word nie, is op 8 Desember in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig oor die haglike omstandighede waarin die kinders aangetref is deur vrywilligers verbonde aan die liefdadigheidsorganisasie Unchain Our Children.

Die kinders – twee sussies, onderskeidelik nege maande en drie jaar oud, en hul tweejarige boetie – is intussen na ʼn plek van veiligheid geneem.

Die huis, in die Dawkinsville-woongebied, was glo vuil en vervalle met min kos vir die drie sibbe. Die kinders was glo onversorg en bedek in hul eie ontlasting. Die gesin se yskas was vol muf en vrot kos.

Klagte word ook ondersoek of die twee sussies moontlik verkrag is, maar dit is in hierdie stadium onbekend of die beweerde verkragting met die ouers se wete sou gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.