Die polisie in die Wes-Kaap is nog opsoek na die verdagtes wat ’n bejaarde inwoner van Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap vermoor het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 19 Desember 2023
Solidariteit gee spertyd vir Gold One oor werkersveiligheid
Solidariteit voer in die brief aan dit lyk of die maatskappy hom “blind hou” vir die vergrype waaraan die lede van sommige vakbonde hulle skuldig maak. “Dié mislukkings het gelei tot ʼn gyselaarsituasie waar werkers blootgestel is aan misdadigers wat hulle onderwerp het aan marteling, vernedering, skending en diskriminasie.”
Nog geen nuwe nuus oor Gerco van Deventer se aankoms in SA
Daar is nog geen aanduiding van presies wanneer Gerco van Deventer, wat vir langer as ses jaar as gyselaar aangehou is, in Suid-Afrika sal aankom nie.
Skepe na Kaap herlei oor aanvalle in Rooisee
In November het dieselfde terroristegroep van Jemen die Galaxy Leader gekaap en sy 25 bemanningslede as gyselaars geneem. Dié skip en bemanningslede is steeds in Jemen.
Gʼn berusting, geen vrede ná man se ontvoering vyf jaar gelede
Amanda Bothma klou steeds vas aan die greintjie hoop dat haar man, Christo, wat vyf jaar gelede ontvoer en daarna nooit weer gesien is nie, dalk nog leef. “My kop sê hy is dood, maar my hart wil nie ophou glo dat hy lewe nie,” sê sy aan Maroela Media.
Spoggerige tyd verras Tatjana
Suid-Afrika se Olimpiese ster het in Durban haar vinnigste 200 m-borsslagtyd geswem sedert sy die wêreldrekord tydens die Spele in Tokio verbeter het.
Kersfees agter tralies vir Klerksdorp-paar wat glo mishandel
Die hof het hul aansoek geweier weens die ernstige aard van verwaarlosing waarin hul drie kinders aangetref is.
Fynproewers van Pretoria hiér welkom
Plaaslike fynproewers hoef nie ver te reis om internasionale kookkuns deur ʼn bekroonde sjef, wat boonop deur die wêreldbekende Gordon Ramsay opgelei is, te proe nie.
Ekonomie van liefde: Geld, mag in verhoudings
“Benewens ontrouheid, is finansiële probleme en meningsverskille die volgende hoofoorsaak van egskeiding.”
Foto’s: ‘BSV’ se Louis M en sy Annique pasgetroud, ‘dolverlief’
“Sy het ʼn sagte en goeie hart, wat my laat besef het dat ek nie ʼn enkele dag verder sonder haar wil lewe nie.”
Video: ʼn Kuier by Bloubergstrand se Ons Huisie
Beskut teen wind en weer, staan dié gebou in Bloubergstrand, ʼn onmiskenbare deel van die Kaapstadse voorstad se geskiedenis.
‘Vergewe my,’ vra Franse reeksmoordenaar se eks
Monique Olivier, gewese vrou van die berugte Franse reeksmoordenaar, Michel Fourniret, word tans verhoor vir haar aandeel aan drie van die moorde wat haar eksman gepleeg het, waaronder dié van die Britse student Joanna Parrish in 1990.
Maak ruimte in boerderybegroting vir innovering, volhoubaarheid
“Daar is soveel faktore wat boere in ag moet neem en niemand kan ʼn kenner wees op al hierdie gebiede nie. Dit is hoekom dit so belangrik is vir ʼn boer om ʼn span kenners te hê wat hom of haar ondersteun in velde soos gewasbeskerming, kultivarkeuse en produkbemarking.”
Skenk ’n skooltassie, gee ’n toekoms
Die Skooltassie-projek is ’n voorbeeld van hoe ’n klein gebaar ’n groot verskil kan maak in die lewens van kinders wat dit die nodigste het. Deur ’n tassie te skenk, gee jy ’n kind die geleentheid om gelyk weg te spring met die res van sy of haar skoolmaats en ’n beter toekoms te bou.
Opgetooi en toegedraai; is jou geskenkpapier herwinbaar?
Die presente lê dalk reeds uitgepak onder die Kersboom, maar hoe omgewingsvriendelik is die geskenkpapier wat jy gebruik? Kry hier wenke vir ʼn groener Kersfees.
Gr. 7-leerder verkrag, verwurg
Die jong meisie is oor die naweek dood in haar ouerhuis aangetref ná sy glo verkrag en verwurg is.
Spanne maak beursies groot oop vir Starc, Cummins
Pat Cummins en Mitchell Starc het die pryse by die Indiese Premierliga se amptelike spelersveiling die hoogte laat inskiet, terwyl Suid-Afrika se Gerald Coetzee vir net meer as R11 miljoen opgeraap is.
‘Pa Rassie het ophou baklei’; man sterf week ná kopskoot in hoeweaanval
Rassie Smith het die kopskoot aanvanklik oorleef, maar het geweldige beserings opgedoen wat hom waarskynlik met ernstige en permanente skade sou laat.
Klerksdorp-paar wat glo kinders mishandel, weer in hof
ʼn Ma (21) en pa (38) van Klerksdorp in Noordwes, wat van kindermishandeling en verkragting beskuldig word, sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.
Ondergrondse mynbetoging: ‘Stryd tussen vakbonde word oorlog’
Meer as 2 000 werkers beset die platinummyn nou al vir ʼn tweede dag in die jongste voorval waar ontevrede mynwerkers verseg om na die oppervlak te kom.