Kleuter verdrink byna in openbare swembad

Argieffoto: Unsplash

’n Kleuter (3) is Maandag na ’n hospitaal geneem nadat sy byna in ’n openbare swembad aan die KwaZulu-Natalse Suidkus verdrink het.

Die dogtertjie het met haar gesig na onder in die swembad gedryf voordat lewensredders haar te hulp gesnel en uit die water getrek het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is net ná 17:00 na die Port Shepstone- openbare swembad ontbied.

Die kind het met paramedici se aankoms self asemgehaal, nadat lewensredders mond-tot-mond-asemhaling toegepas het. “Die kind het aanvanklik nie ’n polsslag gehad toe lewensredders haar uit die swembad gehaal het nie.”

Paramedici het die kleuter met hul aankoms behandel voordat sy na ’n hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Herman ·

Waar is die ouers. Dis nie die lewensredders se werk om hulle op te pas nie.

Retha ·

By sekere vakansie plek het die ouer van kind wat amper verdrink het gesê, dit is haar drink en gesels met ander mense se tyd nou, die sekuriteitswagte moet haar kind op pas want dit is mos waarvoor hul daar is

Gerhard ·

Ek sien heeltemal veel ouers wat net hul kinders aan hul eie genade oorlaat. Gereeld as ek en my vrou by n plek is en met ons kinders op bv die klimraam speel dan erf ons nog n kind of twee. Ouers sit lekker rustig op selfone en speel en neem nou seker maar net aan dat iemand anders sal kyk. Het al direk vir ouers begin se ek is nie hul kinderoppaser nie. (ek praat hier van kinders onder 4 jaar)

By swembaddens moet jy nog meer bedag wees. Jammer dat dit moes gebeur het.

Moedeloos ·

Ek stem saam. 3 jaar is bitter klein om op jou eie rond te dwaal veral naby water. Die probleem is dat ouers gewoonlik ouer boeties of sussies vra om na klein boet of sus te kyk. Dis nie n kind se verantwoordelikheid nie. Hulle besef nog nie gevare in die lewe nie. Jy as ma of pa moet jou eie kind op pas.

popsa ·

Dit gebeur oor en oor en oor.
Pappas, Mammas, oppassers, dit moenie gebeur nie. Dit mág nie gebeur nié.
Maak daardie besluit!
Of wanneer wil ons leer?
My man was fanaties oor veiligheid toe ons kinders klein was, veral naby ‘n swembad. Vandag is ek innig dankbaar daaroor.
Dis soos ‘n rakkie eiers. Jy weet, ek weet, almal weet: die eiers moenie val nie. En daarom sórg jy dat dit nié val nié. Klaar. Hoeveel te meer as ons na ‘n pragtige, kosbare jong kinderlewetjie verwys? Onthou, kindertjies hou van water…wees dus te alle tye waaksaam.
Ja, hierdie is harde woorde, maar as ons luister, kan hierdie streng woorde in die toekoms dalk vir heelwat mense groot, groot pyn en spyt spaar.
Net een maal het ek by ‘n mammatjie gesit wie se kosbare kindjie kort gelede verdrink het.
Dit was genoeg.
Luister maar vir Ouma.
Sy praat met groot omgee.

Nico ·

Dit is hoe dit deesdae gaan kinders en babas word aan hulle self oorgelaat, dit is hoe die ouers vandag is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.