Klopjag by speaker se huis

Nosiviwe Mapisa-Nqakula destyds as minister van verdediging (Maart 2017) Foto: GCIS

Lede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat het Dinsdag ’n klopjag op die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se huis in Johannesburg uitgevoer.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die NVG, het Dinsdagmiddag gesê die klopjag hou verband met ’n “ondersoek” teen die speaker. Mhaga wou egter geen verdere kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.

Verdoemende bewerings van korrupsie is onlangs teen Mapisa-Nqakula geopper.

Die speaker word daarvan beskuldig dat sy gedurende haar tyd as minister van verdediging en militêre veterane R2,3 miljoen se omkoopgeld in die vorm van sogenaamde geskenkpakkies van ’n diensverskaffer van die weermag aanvaar het.

Die bewerings word tans deur die parlement se etiekkomitee ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Manie ·

Daar is min, indien enige kaders wat ‘n skoon oudit sal ontvang. Diegene wat dit wel ontvang, steek dit net beter soos bv rusbanke weg.

tweeling ·

Sy het destyds ‘n COVID reël gebreek en gelieg daaroor, kan haar glad nie vertrou nie, net soos die res van die cANCer kaders.

Olive ·

En dit is nog behalwe die koffie, skryfbehoeftes en toiletpapier wat weggedra word. Kyk maar jy sal hom kry by die kas.

minnie muis ·

het die mense geen selfrespek nie of is hulle morele waardes baie ver onder die wetsgehoorsame burgers

Wondermaarnet ·

Vraatsigtigheid is aan die orde van die dag vir die kaders.

skurweberg ·

As dit waar is, is my beskrywing ‘n daad van barbarisme en gewetenloosheid

Di ·

Weereens ‘n bewys dat die ANC KADERS korrup is van BO tot ONDER! Dis om van naar te word elke keer dat jy moet lees van NOG ‘n korrupte een. Is daar EEN van hulle wat nie korrup is nie?

SjN ·

Die toespraak wat soveel kritiek uitgelok het destyds toe oom PW die stellings oor sekere elemente gemaak het is toe die waarheid.

Papsak ·

Ja kan hulle net nie glo of vertrou nie maar ek stem hier gaan ook niks van kom nie onaantasbaar mos !!!??

skurweberg ·

“Verdoemende bewerings” is nou om iets in watte toe te draai soos sekere sondes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.