Klopjag voortgesit ná wag se skietdood

Argieffoto ter illustrasie.

Die polisie het Woensdag sy klopjag na die vermeende moordenaars van ʼn veiligheidswag in Parys in die Vrystaat voortgesit nadat al die leidrade ʼn week later opgedroog het.

Die betrokke ondersoekbeamptes is nou desperaat vir enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê die veiligheidswag en twee van sy kollegas was op 30 November by die Parys-hospitaal aan diens toe hy doodgeskiet is.

“Die drie wagte het om 22:00 in verskeie rigtings geloop om die hospitaalterrein te patrolleer vir kabeldiefstal toe twee van die wagte skote gehoor het,” sê sy.

“Die twee wagte het in die rigting van die skote gehardloop en op hul gewonde kollega afgekom.”

Die wag het skietwonde aan sy bors opgedoen en is na die hospitaal geneem. Hy het egter later aan sy beserings beswyk.

Nog niemand is in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

“Ons doen ʼn beroep op enigiemand wat inligting oor die verdagtes het om konst. Jabulani Moqhedlana by 082 466 8094 of 082 554 3041 te kontak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos 100 ·

Hoe kan jy ‘n klopjag voortsit as jy geen leidrade of verdagtes het nie. Dit moet lees ondersoek voortgesit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.