‘Koeldrank’ kodewoord vir omkoopgeld in SA

Argieffoto ter illustrasie.

“Koeldrank.”

Die kodewoord wat talle polisiebeamptes in Suid-Afrika gebruik om omkoopgeld van Suid-Afrikaners te eis. Soms hoes Suid-Afrikaners om uit ʼn boete of selfs inhegtenisneming te kom, maar soms moet mense polisiebeamptes ook “betaal” net om hulp te kry.

Die gebruik om iets – soos ʼn koeldrank – by ʼn padblokkade vir ʼn polisiebeampte te gee is nie ongewoon in Suid-Afrika óf op die res van die vasteland nie. En soos baie Suid-Afrikaners maar al te goed weet, is die versoek vir ʼn koeldrank kodetaal vir omkoopgeld.

“Wat gaan ons hieraan doen?” is nog ʼn algemene vraag waarop Suid-Afrikaners eintlik maar reeds die antwoord ken.

’n Opname deur Transparency International in 2019 het bevind dat een uit elke vier Afrikane al ’n polisiebeampte omgekoop het. Byna die helfte van die 47 000 mense wat aan die opname deelgeneem het, het gedink die meeste of alle polisiebeamptes in Afrika is korrup.

Suid-Afrika is geen uitsondering nie.

In ʼn land met een van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld, het die polisie ʼn reputasie as dat hulle net so ondoeltreffend is as wat hulle korrup is.

Transparency International se wêreldwye korrupsiepersepsie-indeks wat verlede jaar gedoen is, het bevind dat Suid-Afrika 72ste is uit die 180 lande op die korrupsie-indeks. Denemarke lê boaan die lys en Somalië laaste.

Opportunisties, gierig

Die vraag ontstaan of polisiebeamptes dalk te min verdien en daarom iets ekstra verwelkom.

Volgens die onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) is dit egter nie die geval nie.

“Dit is bloot opportunistiese neigings van sommige beamptes wat meer geld wil hê,” het ʼn beampte van Opod op voorwaarde van anonimiteit gesê.

Polisiekonstabels het in 2018 tot R213 000 per jaar verdien en adjudant-offisiere het byna twee keer soveel verdien. Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) sê dit is ʼn ordentlike salaris in ʼn land waar meer as een uit elke drie mense werkloos is.

Korrupte beamptes is uitgeslape in hul afpersingspogings – en ryk en arm loop deur.

Die bedrag wat geëis word wissel – afhangend van die betrokke polisiebeampte se gierigheid, sê Lwando, ’n 25-jarige Uber-bestuurder in Johannesburg wat gevra het dat sy volle naam nie gebruik word nie.

“Motoriste is meer geneig om teen die einde van die werksweek vir ʼn ‘koeldrank’ gevra te word,” sê Lwando. “Hulle wil geld hê vir die naweek omdat hulle wil drink.

“Op hul beurt kan motoriste ʼn mate van toegeeflikheid verwag. Selfs wanneer beamptes sien jy bestuur onder die invloed van drank, sal jy veilig wees solank jy vir hulle geld kan aanbied.”

Luidens ’n onlangse verslag het die polisie in die 2021-’22-boekjaar landwyd ongeveer 100 padblokkades per dag opgerig. Dit is sowat 36 000 per jaar.

Terselfdertyd is altesame 160 sake van bedrog en korrupsie waarby polisiebeamptes betrek word, aangemeld.

’n Afrobarometer-meningspeiling in 2021 het bevind dat Suid-Afrikaners nie meer die polisie vertrou nie, met drie uit vier deelnemers wat gesê het hulle het geen vertroue in die polisie nie. Dit is ’n toename van 25% van die vorige peiling wat in 2011 gedoen is.

Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, sê alle bewerings van omkopery waarby polisiebeamptes betrek word, word behoorlik ondersoek.

“Selfs al is daar een of twee vrot appels in ons geledere, is die meerderheid beamptes hardwerkend,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Leon ·

Glad nie ‘n nuwe verskynsel nie!
Ek is al 21 jaar gelede deur ‘n verkeersbeampte naby Grassmere (vêr van ‘n winkel) gemaan vir ‘n koeldrank.

Willem ·

Nee hul is nie korrup of soek koeldrank nie! Hulle gebruik die staats voertuie as taxis teen ń beloning natuurlik. Ek gesien hoe een dorp se voertuig mense in ń ander dorp aflaai

Nettie ·

As jy skuldig was, dan is dit omkoopgeld.
Ongelukkig dreig hulle jou soms met konsekwensies, selfs wanneer jy ONskuldig is aan dit waarvan hulle jou beskuldig. Dit is dan nie meer omkoopgeld nie, maar afpersing!

Johann ·

Dis nou dieselfde land wat RamaNocio dink die wêreld in hulle honderde duisende wil kom as toeriste? Ja shure.

Kobus ·

Ek moet hierdie deel. Ek was eenmaal op die N1 Noord deur ‘n dame van die gereg afgetrek. Baie prfessioneel gewees. Die wetboek met my oortreding gewys asook die boete. Ek het uit onkunde ‘n geleende voertuig betuur waarvoor ek nie oor die nodige rybewys beskik het nie. Sy het my situasie opgesom en gesien dat ek ‘n eerlike fout begaan het. My vermaan om seker te maak. Nadat sy en ‘n kollega beraadslaag het, het hulle my laat gaan. Ek het toe vir hulle ‘n bedrag gegee om koeldrank te koop en die gesprek met my selfoon opgeneem waar die woorde duidelik was dat dit nie omkoopgeld is nie. Maklikste is om binne die wet te bly

Daleen ·

Dis die norm – nie die uitsondering – om omkoopgeld te soek. Korrup tot in hulle murg. Aan Oos Rand moet die omkoopgeld ge e-wallet word.

Robert ·

Toe een my onlangs naby Kroonvaal vra vor koeldrank… gee ek hom ‘n 500ml ice tea… die uitdrukking op sy gesig was priceless.

BOKKIEBEK ·

Dit maak my booooos!!! Vandag laat hy ‘n dronk persoon gaan, en hy ry my of jou kind dood??? My skoonsus se susterskind is op 9 jarige ouderdom deur ‘n dronk ou op die sypadjie doodgery!!! Daar is GEEEEN verskoning nie, as jy ‘n bribe gee, is jy SKULDIG!!

Impact ·

Ek gee nie om wat die omstandighede was nie, van my sal hulle geen koeldrank kry nie. Skryf daardie kaartjie en kry klaar.

melaney ·

Ek en my gesin was ook net buite Randfontein afgetrek. Ons het maklik 15 minute in ons motor bly sit totdat die ‘beampte’ besef ons gaan geen koeldrank oorhandig nie. Hy het ons laat gaan. Net toe ons wegtrek, het ek hom erken en op sy naam genoem. Dalk ken jy hom ook.

Antonk ·

Nee.Dan het hulle nog nie ʼn behoorlike ondersoek in suid afrika gedoen nie.Dit is onmootlik dat suid afrika 72 op die lys kan wees.Ek dink dit moet aan die 1 tot 5 wees.

Jessey ·

Wel, wel, ek is so min as ‘n week gelede terug afgetrek, midde loadshedding nogal met 7 “wetstoepassers” in ‘n Quantum. Probleem is dat jy omring is deur intimerende “wetstoepassers” Wat my summier beveel het om uit die voertuig te klim, te blaas in ‘n ding wat nie reg hanteer was nie, en geweier om my die lesing te wys. So in die donker van die nag, omring deur sewe intimiderende “wetstoepassers”, besluit ek toe maar om baie nederig om verskoning te vra dat ek 7 ure vantevore ‘n glas wyn gehad het, maar wil steeds die lesing sien (geen manier dat ek bo die wettige limiete kon wees nie). Hiermee saam het die “leier” my toe laat gaan en vir die res verduidelik dat ek mooi om verskoning gevra het. Steeds moeilik om te glo dat ek moes om verskoning vra al het ek niks verkeerd gedoen nie. Gelukkig is als op Video opgeneem. Maar nou ja, ek weier ook om omkoopgeld te betaal aan iemand wat veronderstel is om sy werk met trots te doen, maar omkoopgeld verwag.

Delia ·

As jy omkoopgeld al betaal het vir n oortreding wat jy begaan het is jy self net so skuldig oor al die korrupsie en kan jy geen vinger wys

Herman L ·

Daar is eerlike beamptes wat hulle bes doen om die publiek te dien, maar hulle word gewantrou want hulle dra dieselfde uniforms as die korruptes. Dit is jammer, maar onvermydelik want die meeste word as korrup, onbekwaam en onwillig ervaar. Wie moet ons bedank? Die kabinet, want dit is waar alles begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.