Kommer oor ‘dubbele standaarde’ oor haatspraak

(Argieffoto: Pixabay)

Die burgerregtegroep AfriForum sê hy is bekommerd oor die “verergerende dubbele standaarde” wat na sy mening gesien kan word in hofuitsprake, die regering se toepassing van wetgewing en mediaveroordeling.

Die organisasie waarsku ook dat die Wetsontwerp oor die Voorkoming en Bestryding van Haatsmisdade en Haatspraak die moontlikheid skep dat dié beweerde dubbele standaarde met selfs groter vooroordeel en erns toegepas gaan word.

AfriForum het vantevore al ’n skriftelike voorlegging oor die voorgestelde wetsontwerp ingedien en het verlede jaar ook ʼn mondelinge voorlegging daaroor in die parlement gedoen. Tydens hierdie voorleggings het die organisasie sy kommer oor die beoogde wetgewing te kenne gegee.

Mense kan nou weer kommentaar op die voorgestelde wetsontwerp lewer.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê dit blyk dat werklike haatspraak toenemend goedgekeur of selfs aangemoedig word teen groepe soos rasminderhede, Afrikaners of boere, terwyl spraak wat nie volgens grondwetlike standaarde as haatspraak kwalifiseer nie, toenemend as haatspraak behandel word wanneer dit sekere bevoorregte groepe teiken.

“AfriForum is toegewyd aan die beginsel van vryheid van uitdrukking en is ook ten gunste van wetgewing rakende werklike haatspraak in die Suid-Afrikaanse konteks.

“Ons kan egter nie die verdere uitbreiding van haatspraakwetgewing steun binne ’n ontstellende konteks van blatante dubbele standaarde waar simbole wat geen oproep tot geweld bevat nie, tot haatspraak verklaar word, terwyl openlike oproepe tot geweld soos die Kill the Boer-dreunsang verdra en toegelaat word.”

Die organisasie verwys onder meer na John Jeffery, adjunkminister van justisie, se “haatlike en stereotiperende opmerkings oor Afrikaners” vroeër vanjaar. Met sy opmerking dat “wit Afrikaners” meer gereeld haatspraak pleeg, het Jeffery hom die gramskap van talle mense op die hals gehaal. Hy het die opmerking by ʼn vergadering oor die betrokke wetsontwerp gemaak.

Die departement van justisie en korrektiewe dienste het later aangevoer Jeffery se opmerking is “buite konteks” vertolk.

AfriForum sê die feit dat Jeffery die opmerkings gemaak het juis oor ʼn wetsontwerp wat voorgehou word as ʼn manier om groepe teen haatlike uitsprake te beskerm, “is presies waarom AfriForum nie ten gunste daarvan is dat meer mag aan die regering gegee moet word om spraak te polisieer in ooreenstemming met sy duidelike dubbele standaarde nie”.

Luister na ʼn kortlikse opsomming deur Ernst van Zyl:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Althes ·

Ek stem volkome saam met Afriforum. Dubbele standaarde word gehandhaaf sedert demokrasie.

Jacobus ·

Dit is nie net haatspraak nie, die ANC regering is oor die algemeen traag om op te tree as daar enige vorm van misdaad teen die wit minderheids groep was. Dit sluit moord, aanranding, haatspraak en vele ander misdade in. Vat maar die boer van Senekal wat aangekla is vir terrorisme en nog vele klagte en tronkstraf opgele is net omdat hy die boere by n hofsaak toegespreek het. So by so was daar n wit boerseun dood gemartel en die twee beskuldiges stap skotvry uit die hof in Senekal. Niemand het nog daarna geboet vir die jongman se moord nie maar n wit boer word toegesluit!

Rooi rissie ·

Our people kan maar sê net wat hulle wil vir ons en daarmee weg kom maar as ons net iets sê of net skeef aan kyk dan word ons van alles wat onwettig is beskuldig. Dis tyd dat hierdie dubbel standaard in hierdie wettelose land hersien word met ‘n vergrootglas want dis omgekeerde apartheid teen die minderheid volk van hierdie land.

skurweberg ·

Dubbele standaarde? Ons sit saam met individue om tafels wie se waardestelsel hemelsbreed en onversoenbaar van ons sin verskil. Gevestig deur opvoeding en ouers wat rolmodelle en lief vir ons was.

Di ·

Ja nee geen wonder nie want hy is deel van die ANC. Hy moet pasop, hy word ook nog weg gejaag soos Carl Niehaus. Skaam my vir hom

Henk ·

Ons Witmense word geteiken en is nie deel van die Regering nie.

Madz ·

Hierdie tipe “dubbele standaarde” is oral in SA: Of dit nou “Haatspraak” of “Vryheid van spraak” of “Regstellende Aksie” of “Previously disadvantage” of “Equity” of WAT OOK AL is…. daar sal altyd ‘n rede geVIND word om die minderheids-groepie met meerderheid-grysstof aan die pen te laat ry….

George ·

Ek verstaan nie wat is die Afrikaner se obsessie met daai ou vlag nie, dit bevat die unionjack, wat engelse insluit, wat verantwoordelik is vir wat iets soos 30 000 kinders en vrouens se dood? Maar julle swaai hom rond. Daai vlag sal vir mense van my kleur altyd sleg wees, maak nie saak hoe goed julle dit gehad het nie.

Harley Davidson ·

Niks met die vlag te doen nie dit is die vryheid om te kies wat jy wil doen en wie en wat vir jou belangrik is sonder om voorgesê te word deur ‘n regime wat geen standaarde en norme het nie.

Amelia ·

Ja engelse was seker verantwoordlik vir 30 000 kinders en vrouens se dood ma het jy al gedink
hoeveel is al hier vermoor vermink verkrag en dit is nie eers n oorlog nie In sa word meer mense vermoor per dag as wat in oorlog gedood word DIT IS N SKANDE

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat noem jy die konsentrasiekampe? Vir my was dit oorlogmisdade. Dit wat nou gebeur is gewoon kriminele dade.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaners was dekades terug al ongelukkig oor die UJ, maar het daarmee vrede gemaak terwille van intergrasie met Engelse. Met die republiek wording in 1961 moes ‘n totaal nuwe vlag eintlik ontwerp word.

houopkruip ·

Mense wat “daai” vlag (SA se vorige vlag) afkeur het duidelik nie ‘n benul van ons land se geskiedenis of wat ‘n vlag simboliseer nie.
Afriforum, ons ondersteun julle – julle weet wat julle doen.

Herman L ·

Afriforum verdien alle steun moontlik om die geveg voort te sit. Miljoene Suid-Afrikaners van alle rasse werk elke dag in vrede saam om hierdie land ‘n beter plek te maak, maar politici doen alles wat hulle kan om rassespanning aan te vuur.

TruthDealer ·

Dis vreeslik hartseer, eintlik. Dinge kon so anders gewees het as die ANC regering regtig versoening en harmonie tussen alle landsburgers wou hê. Maar ons weet hoekom hulle liewer haat en blaam teen ons bly aanblaas. Want dis al wat hulle het. Enige regtige verenigde land met burgers wat goed oor die weg kom met mekaar, sal oplet wanneer hul regering duidelik die vyand is, en nie mekaar nie.

annie ·

Hierdie aksies sal erg toeneem namate die verkiesing naderkom. Cyril gaan ook soos Zuma radikale beloftes maak om sy bas te red en die ANC te bevoordeel. Wat het die ANC in elke geval om te wys want die verval-tolbos rol al vinniger na onder en vat alles saam in sy pad? Al wat vir die opposisie oorbly is kla en hofsake of boedel oorgee.

Martie ·

“Haatspraak” hang net af van wie dit sê ja.
Persoon A kan iets aan persoon B sê wat indirek verklaar word as haatspraak en die bom bars.
Persoon B kan iets aan persoon A sê wat direkte haatspraak is, maar daar word anderkant toe gekyk.

Mens hoef nie ver te soek om dit te sien nie – kyk maar na die makkers met gekleurde pette.

Christo ·

Dubbele standaarde beslis.
Baie interesant dat iemand wat die wet en orde afdwing, as rassisties bestempel word, maar n "maak die wittes dood" word gesien as netn grappie. Baie vinnig om daai kaart te speel omdat daar geen verantwoordelikheid vir sekere optredes geneem wil word nie.

Papsak ·

Ja ons mag nie skeef kyk na our people nie ons mag nie n skewe woord van hulle se nie dan is die herrie los maar hulle mag ons aan gluur en huit hulle pad stamp en vir ons se wat hulle wil dan is dit niks nie ons moet net stil bly en aanvaar ek dit dit moet vinnig reg kom my se sal ek se klaar

jmboonzaaier ·

Ek het nie geweet standbeelde en vlae kan praat/spraak nie! Enige vlag of standbeeld behoort dan verbied te word aangesien sekere minderhede of individue “haat” daarin sien.

jmboonzaaier ·

Ons voorvaders, homo naleldi, drawing in hulle grafte om, die wat nog daar is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.