Kommer oor erdvarkjag in Vrystaat

Aardvark (Foto: Etienne Oosthuizen)

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein is bekommerd oor die hoë voorkoms van onwettige erdvarkjag in die Vrystaat.

Dít kom nadat die Bloemfontein- en Virginia-DBV Donderdag op ʼn voorval gereageer het waarin ʼn erdvark en ʼn ystervark in die Ventersburg-omgewing gejag is.

Reinet Meyer, hoofinspekteur van die DBV in Bloemfontein, sê twee verdagtes is met die twee karkasse op die N1 betrap.

“Hulle was te voet in die rigting na die Ventersburg-omgewing op pad waarna hulle deur lede van Destea (natuurbewaring) op aanklag van dieremishandeling en die oortreding van onderskeidelik die Vrystaatse natuurbewaringsordonnansie en Nemba-wette in hegtenis geneem is.”

Meyer sê die erdvark is ʼn ikoniese Suid-Afrikaanse dier en is as ʼn bedreigde spesie gelys.

“Ek vind dit uiters kommerwekkend dat hierdie diere voortdurend gejag word. Dit is die derde voorval in een maand.

“Ons as Suid-Afrikaners het ʼn verantwoordelikheid om ons natuurlewe vir toekomstige geslagte te bewaar,” sê Meyer.

Die twee verdagtes sal in aanhouding bly en na verwagting binnekort hul eerste verskyning in die Ventersburg-landdroshof maak.

Die Bloemfontein-DBV het die DBV in Virginia, Destea en die Ventersburg-polisiestasie vir hul onskatbare bydrae tot die suksesvolle inhegtenisnemings van die verdagtes bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

trotsNAMSA ·

Die mensdom wat alles rondom hulle vernietig. As hulle dit kan eet, dan moet die diere deurloop.

Toergids ·

Die SAPD tree gewoonlik op teen grondeienaars wat onwettige jag op hul eiendom probeer stop

koos10 ·

Dan word boere met jagplase deur die regering geteister! Geen boer wat sy sout werd is sal toelaat dat bedreigte spesies op sy plaas wettig gejag word nie. Maar ag shame, die inwettige jagters mag maar.

domheks ·

Hier in ons omgewing loop hulle met 6 – 8 honde in die veld om te jag. Niks bly oor nie. Moet alles doodmaak om te eet.

Eiervrug ·

Alles wat oorgebly het in SA sal op die bedrygde spesie lys eindig. Alles word mos verwoes en vermoor. Geen respek of waarde word hier aan ‘n lewe geheg nie.

Cherokee ·

Eiervrug, wat jy sê van respek, geld ook vir ons taal. Probeer ‘bedreigde’.

Republikein in die Wes Kaap ·

Boland Nooi, destyds was daar min mense en baie diere…

Hendrik ·

Ek het nog net twee erdvarke lewend in die veld in my lewe gesien. Ek kan my nie indink dat iemand hulle wil jag nie. Maar nou ja, nie almal het Westerse denke nie. Ek is seker hierdie diere word aan toordokters vir muti verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.