Kommer oor geskiedenis as verpligte skoolvak

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum bevraagteken die plan van die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, dat geskiedenis ’n verpligte skoolvak moet word.

“Vir geskiedenis om te inspireer en insig in die komplekse aard van die verlede te skep, is dit nodig dat feite objektief aangebied word,” sê Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum. “Die denkraamwerk van ons voorouers verskil hemelsbreed van dié van mense in die 21ste eeu en as geskiedenis as wetenskap aangebied word, moet daar juis teen enige eensydige interpretasie van gebeure gewaak word.”

Bailey sê geskiedenis kan óf dien om wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe te bevorder, óf die teendeel bereik, naamlik om hulle verder te polariseer en minderhede as sondebokke voor te hou.

“Om by almal in die land waardering te skep vir die bydraes en opoffering van die geslagte wat ons voorafgegaan het, soos die aanhef tot die Grondwet inderdaad noem, kan daar nie ’n beeld van die verlede geskep word waar sommige figure in die openbaar geduld mag word, maar ander net in spesiale ruimtes gesien mag word nie.”

Bailey verwys na die onlangse uitlatings oor die sogenaamde aanstootlikheid van standbeelde wat voor 1994 opgerig is. “Dit illustreer juis die gebrek aan nuansering.”

Sy voer aan dat die regerende party juis dalk geskiedenis as propaganda-instrument wil inspan en feite wil verdraai om by sy ideologiese raamwerk in te pas.

“AfriForum bevorder die gebalanseerde aanbieding van die geskiedenis deur middel van uiteenlopende projekte en stel hom ten doel om die skepping van mites, slagoffers en sondebokke, asook alle ander vergrype met die wyse waarop die verlede vir ideologiese doeleindes weergegee word, bloot te lê en met feite te troef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Roggeveld ·

Geskiedenis kurrikulum moet per volk aangepas en aangebied word, anders sal net die ANC se propaganda in ons kinders se kele afgeforseer word. Elke volk moet insae hê in die geskiedenis wat vir sy kinders aangebied word.

Alexander ·

Ja, dankie Roggeveld, maar dis soos om wors in ‘n hondehok te soek. Dit sal mos nooit kan gebeur in ‘n staatskool nie.

Ek kan 100% verstaan waarom die ANC dit wil doen en ook gaan doen. Hulle bepaal wat die kinders moet leer, want hulle betaal die onderwysers.

Wat ek nie kan verstaan nie is dat ons ons kinders steeds in staatskole sit, omdat die onnies Afrikaans is. Om nog te open met Skriflesing en gebed in die oggende verander nie die leerinhoud nie. Praat net met kinders oor wat hulle leer, maar ook oor wat hulle nie leer op skool nie nie.

Ons gee ons grootste rykdom aan vreemdelinge. Die Afrikaner sal baie dapper en radikaal en nuut moet begin dink oor ons kinders se opvoeding.

Sanet ·

Daar word al reeds “hulle Geskiedenis” in ons kinders se kele afgedruk.”Ons, ja ek en jy is verantwoordelik vir ons kinders en kleinkinders se Geskiedenis Ek as Ouma gebruik elke oomblik met my kleinkinders om hulle van ons geskiedenis voor te lees en bespreek uit die boeke wat ek in bele het vir hulle. Kommunikasie en betroubare inligting is nou ons verantwoordelikheid om te verhoed dat ons kinders se identiteit hulle ontneem word en hulle skuldig moet voel vir hulle verlede.

Susan ·

Die geskiedenis is eensydig en moet ons kinders laat skuldig voel dat hulle wit is.

Misky ·

As alle kante van geskiedenis aangebied is en kinders alle geskiedenis kon leer, dan ja. Maar dis n eensydige beeld van geskiedenis wat nou in hul keelgatte forseer word. Geen kind word rassisties gebore nie, dit word aangeleer en hulle word gebreinspoel om net n sekere sieninge te glo.

Suzette ·

Afriforum – dankie vir wat julle doen! Hier sal hard geveg moet word want die regering wil ‘n eensydige geskiedenis daarstel deurspek met leuens en wil dit dan as die waarheid aan huidige en nuwe geslagte verkoop. Dit kan eenvoudig nie toegelaat word nie.

Androclus ·

Ons kinders moet leer van die ANC wat in 1912 gestig en nou kom leer van wanneer het Zuma president geword en hoe korrupsie gedoen moet word.

Kokerboom ·

Die uitdaging is ‘n “gebalanseerde” voorstelling soos genoem. Ek twyfel of die wil en vermoeë bestaan by huidige heersers

Persheks Adri ·

Ek het ‘n probleem met die vak. Hulle leer die kinders van sangomas en allerhande snert! Vir wat moet my kind dit leer? Dis teen my geloof klaar

Francois Le Cochon ·

Geskiedenis gaan oor gebeure wat opgeteken was. Ons kinders gaan heel moontlik leer van dinge wat nooit opgeteken was nie, maar slegs uitgedink is om die ANC se agenda te bevorder

koos10 ·

Wat gaan geskiedenis my kind as vak help? Sy wil ‘n misdaad ondersoeker word. Miskien misdaad geskiedenis?
Daar word reeds LOR as verplig aangebied, wat nie in my tyd daar was nie, en ‘n lekker gereedskap stuk is om dinge in die kele van kinders af te druk.
Plaas konsentreer die ministers op hulle werk en om die land te red, maar nee alles moet mos verander as dit van hierdie kommunis afhang.

Heinrich ·

Ek sou beslis dink dat die ‘Tainted Heroes’ dokumentêr op YouTube verpligte studiemateriaal moet wees!

Arrogante Rot ·

Noem dit ten minste net wat dit is – indoktrinasie klasse.

Yolandie ·

Arrogante Rot in Amerika verwys hulle na die “indoktrinasie” as Criticle Race Theory….met ander woorde hulle leer enige wit mense om sleg te voel oor die kleur van hulle vel en hulle “white privlige”.

Sarel ·

Druk hy nou weer sy neus in waar dit nie hoort nie.
Hulle soort geskiedenis is in elk geval snert.
Dit blaas Rassehaat aan

Cornelius ·

Dit was in 2000 deur die ANC gekanselleer as n hoofvak in die skool leerplan. Dit was bedoel om van die Apartheids ERA geskiedenisse ontslae te raak. Nou na 20 jaar word dit teruggebring as hoofvak, en die vraag is hoekom?

Keelvol ·

Die vraag is net, wie se Geskiedenis word herken en word in kinders se kele afgeforseer?

Herman ·

Om dit as vak verpligtend te maak stem ek ook nie saam nie. Maar in elk geval, van wanneer sal die “geskiedenis” se era begin. Seker na 1994 en nie van Napolion of een van daardie eras nie.

Yolandie ·

Die geskiedenis van ‘n land is juis daar dat daar geleer kan word uit suksesse en dinge wat nie gewerk en verander moet word. Die geskiedenis voor 1994 bestaan glo glad nie ‘n die kurrikulum nie, maar hulle is gou om die geskiedenis vd verlede as verskoning te gebruik vir hulle eie tekortkomings. En niemand beweeg vorentoe as die verlede altyd as ‘n wapen gebruik word teen die minderhede in die land nie.

Ronel ·

Dit maak dit kinders se keuse vakke soveel minder. Hulle het alreeds daai belaglike LO wat hulle MOET vat, as hulle nou nog geskiedenis ook daar gaan indruk, dan maak dit die opsies van keuse vakke minder.

Derek ·

Die ANC wil hul weergawe van leuens verkondig. Hul obsessie met standbeelde maak geensins sin nie. Indien hul daarna streef moet hulle ook die res doen en dit is om God se gebooie te gehoorsaam. Dit doen hulle nie!

Bumble ·

Hierdie Moet met alle mag gestop word. By die Bloedrivier monument is reeds ‘n reuse alternatiewe monument opgerig waar swart kinders met leuens geprogrammeer word.

Hulle word byvoorbeeld geleer dat daar derduisende boere was en dat honderde van hulle gesneuwel het.

Hierdie is die gewone gruwel van kommunisme. Dit is een van die standaard stappe wat kommunisme volg om volke uit te wis – vernietig hulle taal, kultuur en uiteindelik hulle geskiedenis en vervang dit met proganda uit die hel.

christo ·

Daar word reeds in die laerskool geskiedenis en lewensoriëntering aangebied wat gereeld die witmense as kriminele uitbeeld. Eensydige geskiedenis is ‘n klomp snert.

David ·

In die matriek eksamen van gister is vir kinders vertel van die “nederlaag” van doe SAW by Cuito Cuanavale soos ou Ronnie Kasrils se leuens vertel het. So wil julle daai bees ekskresie verplig deel maak van ons kinders se indoktrinasie.
Liewer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.