Kommer oor veiligheid van SA damme

Die Vaaldam se wal. (Foto: DWS)

Die departement van water en sanitasie se agterstand in die evaluering van verslae wat oor die veiligheid van 474 damme gedoen is, is ʼn bron van groot kommer omdat dit wys dat die departement geen idee het oor die veiligheidstoestande by die damme nie.

Die portefeuljekomitee oor water en sanitasie is uiters besorg oor die klaarblyklike gebrek aan kapasiteit by die departement se damveiligheid- en bestuursafdeling. Dit het boonop ʼn regstreekse uitwerking op die departement se vermoë om wetgewing af te dwing.

Erger nog, dit hou ʼn gevaar in vir gemeenskappe wat stroomaf van damme woon.

Die komitee sê weens die agterstand met die evaluasies, kan die departement geen aanbevelings óf inspeksies doen om voldoening met aanbevelings te monitor nie.

“Die komitee is besorg, want as die departement nie die agterstand kan wegwerk nie, kan hy Suid-Afrikaners ook nie verseker dat die damme in hul omgewing veilig is nie,” sê Robert Mashego, komiteevoorsitter.

Damme in Suid-Afrika word ingevolge die Nasionale Waterwet gereguleer en die departement reguleer die veiligheid van damme wat as dié met ʼn “veiligheidsrisiko” geklassifiseer word. Hierdie damme word gedefinieer as ʼn dam wat meer as 50 000 m³ kan stoor en ʼn minimum vertikale damwalhoogte van vyf meter het.

Daar is tans 5 662 geregistreerde damme met ʼn veiligheidsrisiko en 79% hiervan word deur die landbousektor besit. Die meeste van die damme is in die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Die eienaar van ʼn dam moet minstens elke vyf jaar ʼn damveiligheidsevaluasieverslag indien wat die departement moet oorweeg.

Die departement het onderneem om kapasiteit in sy damveiligheidskantoor te verhoog en die komitee het benadruk dat dit dringend gedoen moet word.

Nog ʼn bron van kommer is dameienaars – in private en staatsbesit – se gebrek aan voldoening aan regulasies wat hul verplig om damveiligheidsevaluasies te doen. Veral munisipaliteite (daar is 350 damme in munisipale besit) voldoen nie hieraan nie.

Die departement van water en sanitasie besit 323 damme en uit die 20 grootste van dié damme, voldoen slegs twee aan die vereistes oor damveiligheidsevaluasies.

Die Jagersfontein-ramp het die veiligheid van damme opnuut in die soeklig geplaas. (Foto: Verskaf)

Die komitee het die behoefte benadruk vir die departement om wetstoepassing af te dwing om voldoening te verseker. Dit sluit in administratiewe, siviele en strafregtelike sake teen oortreders. Die Nasionale Vervolgingsgesag sal ook saam met die departement werk om staatsaanklaers te bemagtig om suksesvolle vervolgings te verseker.

Die departement moet ook dringend ʼn studie doen om te bepaal watter van die 337 mynslikdamme op sy databasis geklassifiseer en geregistreer behoort te word as damme met ʼn veiligheidsrisiko.

“Ons wil verseker die damme is veilig, ongeag aan wie dit behoort, om risikofaktore en lewensverlies te verhoed,” sê Mashego.

Die komitee het ook die ondersoek na die Jagersfontein-ramp verwelkom en ʼn verslag daaroor sal na afhandeling van die ondersoek aan die komitee oorhandig word.

Die departement het ook ʼn projek van stapel gestuur om die groep goedgekeurde kundiges wat ondersoeke na damveiligheid mag doen, te vergroot. Huidige regulasies maak dit moeilik vir ʼn ingenieur om vir die status aansoek te doen. Daar is ook net ses swart kenners en drie vroue wat goedgekeur is om die ondersoeke te doen.

Daar is tans 93 aktiewe goedgekeurde kenners en 62% van hulle is reeds ouer as 60. Volgens die departement was transformasie in die staatsektor tot dusver baie stadig en in die private sektor is geen transformasie teenwoordig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kokerboom ·

Damveiligheid is ondergeskik aan transformasie! Dis ‘n euwel! Die rassistiese Staat skuil permanent hieragter. Alles moet geforseer word tot nadeel van andere! Solidariteit werk hul gal asb!

Pietertjie ·

Ekself het ‘n klompie jare gelede gaan kyk hoe die Vaaldam oorloop. Ek loop moeilik en het met my privaat motor tot teenaan die sluise se afvoer-kanaal gery. Die geplaveide pad is groot genoeg om swaar vragmotors te akkomodeer. Geen sekuriteit vir daai nasionale sleutelpunt nie.

Nie Verbaas ·

Is dit n gebrek aan intellektuele kapasiteit of n tekort aan mannekrag of dalk tekort aan kapasiteit om werk tussen al die niks doen in te werk? Die intelligente ANC sit met te veel werkers waar dit nie nodig is nie en met te min waar dit nodig is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Meeste van die planne het na 1994 verdwyn.

Leon ·

Kundigheid lankal die land verlaat. Sal laaste een wat loop asb die ligte afsit

Suzette ·

LOS die transformasie twak en kry mense wat BEVOEG IS!!! Hoe moeilik is dit???????

Delia ·

Ons wag tot die damwal bars. Dan weet ons daar is n probleem

Johan ·

Is dit nie maar hoe hul kultuur werk nie, ry hom tot hy breek…ons sal dit NOOIT uit hul kultuur kry nie, nooit nie. Enigiemand wat anders dink is bitterlik naïef, soos n engelsman van natuur naïef is.

Anel ·

Hulke getranformeerde kundiges met 30% slaagsyfer!!! Die damwalle sal gebars get, die mense verdrink en dan wonder hulle hoe kon so ‘n ramp nou gebeur het??? Hoeveel damme is die afgelope 28 jaar gebou, of herstel of in stand gehou? Net soos die kragstasies wat nie klaar gebou word nie en intussen, agv swak bouwerk, uit mekaar val. DANKIE ANC!!!

domheks ·

Die departement sit net stoele warm – het nie kennis van ou damme nie. Aukkk? hoe sal ek noe weet..

Elma ·

Die mense dink mos alles wat pre 1994 gebou is moet vir ewig bly staan. Dan is hulle baie verbaas wanneer dit breek.

marius ·

Kom kyk wat se gemors is met Tzaneen dam aangevang , en daar word niks gedoen nie . Die biljoene is weg en die wal is opgefoeter . Patetiese onbevoegde spul huigelaars .

Mrs H ·

30 jaar is verby waar swart mense amper alles verniet in onderrig kry. Hoekom is daar n te kort aan swart gekwalifiseerde mense?! Te kort aan ambusie? Te lui om te leer? Makkikker om bakhamd te sit en vat waar jy kan? Die wereld skuld swartmense na 30 jaar wat?!

Andre ·

En getransformeerd spoel ons met die vloed af en verdrink ons. Met ons transformasie kaarte omhoog roep ons om hulp.

Hendrik ·

Daar is kommer oor baie dinge..Krag, water, riool, veiligheid, damme, vragmotors, misdaad, onderwys, gesondheid, ekonomie, infrastruktuur ens. Die basis tot ekonomiese groei is kragvoorsiening en natuurlik goeie regering.

Marelize ·

Ja instandhouding was nog nooit hoog aan die lys van dinge om te doen vir ons regering nie. Hulle glo nie aan voorberyding nie en nasorg suig ook aan die agter speen.

goodCOP ·

Kyk onderhoud en instandhouding is net eenvoudig nie deel van cANCer se woordeskat nie en na 26jaar is die wiele besig om baie vinnig af te kom en hulle het nie ʼn idee wat om te doen nie

Nico ·

Die mense het geen kennis van dam bou nie dit is hoekom alles tot niet gaan, hulle wag tot op die laaste wanneer dit te laat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.