Konstabel verkrag glo vrou in aanhoudingsel

ʼn Polisiekonstabel sal na verwagting Maandag in die Clanwilliam-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn nadat hy glo ʼn vrou in aanhouding verkrag het.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het die konstabel van die Citrusdal-polisiestasie in hegtenis geneem nadat die klag oor die beweerde verkragting ontvang is.

Die klaagster is glo omstreeks 02:45 Vrydag op aanklag van aanranding in hegtenis geneem.

“Die polisiekonstabel het na bewering na die aanhoudingsel gegaan en die klaagster verkrag,” het Phaladi Shuping, Opod-woordvoerder, gesê.

“Sy het die beweerde voorval later die oggend by ʼn ander polisiebeampte aangemeld toe dié met dagskof begin werk het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

En dan is dit die mense wat moet wet en orde handtaaf. Kriminele is aan die bewind. Net daar vir die salaris.

Blikkies ·

Afskuwelik. Het die SAPS nie nou al genoeg negatiewe publisiteit oor wandade teen hulle nie. Dit raak net erger by die dag. Hulle is tereg ‘n bende by hulle self, en oorsaak van hulle eie verval. Van die hoogte Senior lede regdeur tot die laagste range. Jammer vir die opregte manne en vroue wat hulle beste doen.

Casper ·

Geslagsgebaseerde misdaad.Prisoniere is veronderstel om veilig te wees agter tralies maar nou word diegene wat hulle moet veilig hou verkragters,sies man.

Pieter ·

ek se, laat al die polisie lede heraansoek doen vir hulle werk, en doen n deeglikke kriminele ondersoek op elke een van hulle voor hulle weer aangestel word. deesdae lyk dit vir my of daar meer kriminele in die polisie is as in die publiek

Danie ·

Dit bly maar n probleem indien lede alleen vroulike gearresteerdes besoek.Daar is reels en regulasies en natuurlik common sense wat sekere mense nie het nie.

JohanR ·

Wat ‘n ANC land! Hoekom mag.moet ‘n manlike polisieman met vroue gevanggenis doenig wees? Dit moet ‘n reel word dat net ‘n vroulike polisie vrou men vroue in gevangenis werk. Jy word arresteer, word in ‘n tronk sel gesit en kom verkrag ‘n polisieman jou. Kan net die kop skud!

Karoo ·

Vrouens is BAIE meer as wat disrespekvole Mans eenvoudig net van hulle”neem”. Mag daar geregtigheid vir haar geskied en vir alles vrouens, jonk en oud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.