Konstabel vermoor glo vriend, verloofde

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SAPD)

ʼn KwaZulu-Natalse polisiekonstabel sal na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklag dat hy ʼn vriend en later sy verloofde doodgeskiet het.

Die konstabel, verbonde aan die Bishopstown-polisiestasie buite Pietermaritzburg, het hom Maandag aan die polisie oorgegee.

Volgens Lizzy Suping, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het die beampte na bewering Vrydag sy vriend doodgeskiet en Sondag sy verloofde. Albei liggame is in bosse by Msinga gevind.

Die konstabel sal na verwagting vandag in die Pomeroy-landdroshof verskyn. Die ondersoek na die voorval duur voort.

Die slagoffers se name is nie bekend gemaak nie. Die motief vir die voorval is ook nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Danie ·

Nou vra ek jou hoe kan die polisiediens ons dien en beskerm?

Yolandie ·

Hartseer dat 2 mense nou dood is. Nog ‘n beampte wat dalk nooit eers ‘n vuurwapen moes hê in sy besit nie. Die polisie sal meer moet doen om sy lede te ondersteun. Daar moes tog mos waarskuwings tekens gewees het van die lid…..gedrag…..etc. Dink hy het die 2 mense seker verdink van ‘n verhouding……as ek moet raai.

marius ·

Was dit met sy diens pistool of ‘n privaat wapen wat in ‘n goedgekeurde kluis geberg is ?

trotsNAMSA ·

Die berig het my weereens hard getref. Waarom nie ieder ons SAPD ondersteun nie ? Hoe weet die publiek / SAPS of enige Polisie Beampte “reg is vir ‘n vuurwapen”. Ons is mense soos die res van SA, waarom dié lid veroordeel ? Hoeveel SA’ners moor nie elke dag nie ? Weet die publiek nognie dat ons elke dag met ander se “probleme” oorval word nie ?
Weet die publiek nie dat ons nie ondersteuning kry van ons werkgewer nie ?
Baie jong en onervare lede is ver van hul families vir morele ondersteuning,
Ons almal het PTSD !! Die lid het sy persoonlike probleme “reggestel” soos wat hy sien die publiek doen en ja, sy dienswapen is beskikbaar. As buitestaanders sien die publiek die Polisie Beampte as ‘n persoon wat “net reg doen en geen probleme het nie.” Net een gebeurtenis dan is dit moord of selfdood.
SAPD het ‘n hoë getal selfdood elke dag.
Ek is vir die afgelope 38 jaar ‘n Polisie Offisier en my Polisie familie ly swaar.
Bid liewer vir ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.