Konstruksiewerker val drie meter ver

Foto verskaf deur Netcare 911

ʼn Konstruksiewerker is Donderdag dringend na ʼn hospitaal in Gauteng geneem ná hy ongeveer drie meter ver geval het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 12:30 na die toneel by ʼn residensiële kompleks naby Roodeplaatdam, noord van Pretoria, ontbied.

“Volgens berigte het die man sowat drie meter ver geval en kop eerste op die betonvloer te lande gekom. Hy was in ʼn ernstige toestand toe paramedici opgedaag het,” het Herbst verduidelik.

Hy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.