Koronavirus: Alle tussenverkiesings onbepaald uitgestel

(Argieffoto: Brendan Magaar/ANA)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het alle munisipale tussenverkiesings onbepaald uitgestel weens die nuwe koronavirus (Covid-19).

Die rede is die samedromming van mense by stempunte en die gevare wat byvoorbeeld die hantering van identiteitsdokumente en stembriewe veroorsaak.

Dit sluit tien tussenverkiesings in wat Woensdag (18 Maart) sou plaasvind. Daardie tussenverkiesings is in die volgende wyke:

* Emfuleni wyk 16 (Rust-Ter-Vaal en Arconpark in Vereeniging)
* Johannesburg wyk 68 (Riverlea en Pennyville)
* Johannesburg wyk 120 (Lenasia-Suid)
* Johannesburg wyk 130 (Naledi in Soweto)
* Emalahleni wyk 18 (Reynorif en Spring Valley in Emalahleni/Witbank)
* Bosbokrand wyk 31 (Thulamahashe-Sentraal)
* Polokwane wyk 14 (Luthulipark in Seshego)
* Khai-Ma wyk 4 (Pofadder en Aggeneys)
* Msunduzi wyk 25 (Athlone, Montrose en Town Hill in Pietermaritzburg) en
* Mtubatuba wyk 10 die Mfekaye landelike gebied langs die N2 naby Mtubatuba).

Nog sestien tussenverkiesings wat tot 13 Mei sou plaasvind, is ook onbepaald uitgestel. Die tussenverkiesings sal eers plaasvind nadat die korona-uitbreking onder beheer en die verbod op byeenkomste van meer as honderd mense opgehef is.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.