Die polisie in eMalahleni (Witbank), Mpumalanga, het ʼn 36-jarige maatskaplike werker in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.
Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die beweerde ongerymdhede het aan die lig gekom toe die plaaslike landdroshof opdrag gegee het dat ʼn verdagte wat vroeër in hegtenis geneem is vir winkeldiefstal, ʼn afwentelingsprogram moet voltooi.
“Die maatskaplike werker was veronderstel om die man by te staan met die program en haar dienste gratis aan te bied. Sy het hom egter glo afgepers om vir haar R1 500 te betaal,” het Hlathi gesê.
Sy sal na verwagting Donderdag in die Witbank-landdroshof verskyn.
Hlathi het gesê hierdie is die tweede saak in Mpumalanga waarin maatskaplike werkers by sulke “korrupsie en skandelike praktyke” betrokke is. Volgens hom was daar verlede jaar ook ʼn geval waarin ʼn maatskaplike werker in Middelburg vasgetrek is met dieselfde modus operandi.
Dié verhoor sal op 1 September begin.
Die polisie het lede van die gemeenskap wat in hegtenis geneem is en opdrag gegee is om afwentelingsprogramme te voltooi gewaarsku om nie afgepers te word nie. “Hierdie dienste is gratis en word deur die regering betaal,” het hy gesê.
ek weet in graskop loop daar hier vroue saam. hulle word glo deur die staat betaal om ou mense te gaan help met dinge wat hulle nie self kan doen nie. hulle sit nie hulle hands in water nie en kom in geen wit bejaarde se huise nie. hulle word betaal om van huis tot huis te kuier. waar anders gebeur dit?