Volgens die kragvoorsiener is die kans vir beurtkrag Dinsdag egter relatief laag. “Dit is te danke aan die goeie vordering wat oor die naweek gemaak is in die opbou van reserwes om die risiko van beurtkrag te verminder.”
Eskom het egter gesê die risiko van beurtkrag sal later die week toeneem wanneer water- en dieselreserwes afneem. Die weerstoestande wat vir later die week voorspel word sal na verwagting ook die vraag na elektrisiteit laat toeneem en verdere druk op die kragnetwerk plaas.
Eskom het weereens ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik oor die volgende paar maande deur hul geisers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel tydens piektye.
Eskom het Sondag ʼn kragnoodtoestand met sy industriële kliënte verklaar. Daar is ook beurtkrag oor die naweek toegepas.
Eskom blameer julself vir die gemors waarin julle ons land dompel, Erken dat julle te vrotsig is om jul besigheid te bestuur en maak plek vir kundigheid en houop kerm. Julle behoort julle te skaam vir jul onbekwaamheid,