ʼn Vrou is Saterdag dood en 14 mense beseer in twee afsonderlike ongelukke in KwaZulu-Natal.
In die eerste voorval is ‘n vrou in haar dertigs dood toe haar motor naby Umhlali die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens Netcare 911 se woordvoerder, Santi Steinmann, is sy op die toneel dood verklaar.
In die tweede voorval het ‘n taxi in Belvedereweg, Tongaat by ‘n wal afgerol. Die taxi is aan die een kant gedeeltelik oopgeskeur en die meeste passasiers is uit die taxi geslinger.
ʼn Man met noodlottige beserings is naby die taxi gevind terwyl nog ʼn persoon met kritieke beserings met ʼn helikopter na die Albert Luthuli-hospitaal geneem is vir verdere sorg.
Paramedici het nog 13 mense vir verskeie beserings behandel. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.