Kyk: Dit wemel van giftige slange by dié huis

“Slangman” Jason Arnold met die swartmamba wat hy onlangs by ’n huis in Durban gevang het. (Foto: Verskaf)

Drie uiters giftige swartmambas het hulle die afgelope maand op die erf van ʼn Durbanse gesin tuisgemaak.

Gelukkig vir dié gesin is hulle nie beseer nie en kon hulle die hulp van “slangman” Jason Arnold inroep. Hy het twee van die drie slange by dié huis in Verulam gevang.

’n Kameraspan het die derde voorval op beeld vasgelê waar Arnold demonstreer hoe hy die reptiel van 2,2 m vang, sonder om die slang – of homself – in die proses te beseer.

Volgens Arnold is daar baie slange in dié omgewing, maar is dit ongewoon om drie slange, veral wat só giftig is, kort na mekaar op dieselfde erf te vind.

“Die paarseisoen is om die draai en dit is waarskynlik dat mannetjieslange agter die reuk van wyfies aan is,” het Arnold gesê.

Al die slange wat deur Arnold gevang word, word na ʼn veilige, natuurlike habitat geneem.

Een van die ander swartmambas wat Jason Arnold onlangs in die Durban-omgewing gevang het. (Foto: Facebook)

“Hoe gevaarliker die slang, hoe meer geïsoleerd sal die omgewing wees waar hy vrygelaat word.”

Arnold sê sou jy deur ’n seilende vriend verras word, is dit belangrik om nié kontak te maak nie.

“Slange pik hoofsaaklik wanneer hulle bedreig voel. Vermy dus enige konfrontasie.

“Dis ook belangrik om jou troeteldiere en kinders so ver as moontlik van die slang af weg te hou. Maak hulle in ʼn ander vertrek toe sodat hulle nie naby die slang kan kom nie.”

Hy sê dat honde veral geneig is om ’n slang aan te val en gevolglik deur die slang gepik word.

“Indien die slang in jou huis is, is dit belangrik om liefs die hulp van kundiges in te roep. Sou jy die slang op jou erf gewaar kan jy hom op ’n veilige afstand dophou totdat hy wegseil.”

 

Catching a Black Mamba in Mount View, Verulam- We are Live with The Snake Man – Jason Arnold, Proudly brought to you by National itc ConsultingCall Jason the Snake Man for All your Reptile Removal Needs on: 082 745 6375Get National ITC Consulting to Help you Settle your Debts & Get the Car, Loan or House of your Dreams: 084 555 0230

Posted by Dala U Crew on Wednesday, April 28, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tiptol ·

Ek is so bly dat hy sê ‘n slang sal net pik as hy bedreig voel. Dit is so met spoeg ook. As hy klaar gespoeg of gepik het het nie meer gif om homself te beskerm nie. Dan is hy weerloos. Mense het die verkeerde indruk van slange.

SomeOne ·

you wish, daardie outjies kan aanhoudend spoeg, kort na mekaar en tot 15 of meer kere

Elmarie ·

Tiptol jy is 100% reg. Elke dier het ‘n plek in die natuur. Roei jy een uit dan verander dit die balans. Ek is baie bang en versigtig vir hulle maar ek sal nie sommer doodmaak/laat doodmaak nie.

Jakes ·

N mens moenie die habitat van n slang bedreig nie maar is n huis of garage ook nie die habitat van n slang nie daarom sal ek enige slang wat my habitat betree summier van die gras af maak. Het al vele van hierdie uiters giftige manne die ewigheid in gestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.